Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Monday May 20, 2024

Netwerk 24 berig: PAS BEKEND | Konstitusionele hof beslis Zuma mag nie lid van parlement word Die konstitusionele hof het Maandagoggend uitspraak gelewer in die Verkiesingskommissie se appèlaansoek om te keer dat oudpres. Jacob Zuma se naam terug op die MK-party se kandidatelys verskyn.
Die OVK het vroeër bevind art. 47(1)(e) diskwalifiseer Zuma. Dit bepaal dat enigiemand wat skuldig bevind is aan ’n oortreding in die voorafgaande vyf jaar en tot langer as 12 maande tronkstraf gevonnis is, sonder die opsie van ’n boete, nie as LP mag dien nie.
Daarna het die kieshof bevind die vonnis van 15 maande tronkstraf sonder die keuse van ’n boete wat Zuma in 2021 opgelê is weens minagting van die konstitusionele hof, was nie ’n “vonnis” nie omdat hy nie die reg op appèl gehad het nie.
Die OVK het daarna die konstitusionele hof genader om uitsluitsel te gee oor die interpretasie van art. 47(1)(e) en die gevolge daarvan aangaande Zuma se skuldigbevinding en vonnis.
Newzroom Afrika berig: Die MK Party se Sihle Ngubane sê hulle is teleurgesteld oor die ConCourt-beslissing dat oudpresident Jacob Zuma nie as 'n MK Party-LP mag terugkeer nie. Hy sê dit sal egter niks verander nie aangesien oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal wees en hy bly die leier van die party.
The Sowetan berig: MK Party vra vir kalmte ná hofuitspraak aangesien Zuma 'steeds in beheer is': MK Party sekretaris-generaal, Sihle Ngubane, het partylede gevra om te "ontspan" omdat Jacob Zuma steeds in beheer was ondanks die konstitusionele hof wat hom gediskwalifiseer het om te staan ...
Dawie Scholtz advies vir kiesers: Terloops, as jy sterk voel oor jou politieke keuse (en jy wil jou party help), is die volgende paar dae die tyd om dit hardop te verklaar. Navorsing toon eksterne sosiale validering is uiters kragtig op hierdie oomblik in die veldtog.
Maroela Media berig: Met watter party se beleid stem jy saam?  Om kiesers te help besluit agter watter naam om volgende week hul kruisie te trek, het Solidariteit ʼn stembepaler opgestel.
Kallie Kriel @kalliekriel video: Wat is die inhoud van die anti-Afrikaanse BELA-onderwyswet en hoe raak dit Afrikaanse skole en ons kinders?Dié video gee ’n kort uiteensetting van die artikels van die wet wat ’n direkte bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaanse skole inhou.
Petisie aan president: Moenie Afrikaanse skole tot vyand verklaar nie Drie organisasies het vandag hulle gesamentlike druk op die regering oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) verskerp met ʼn petisie aan pres. Cyril Ramaphosa.
Met hierdie petisie eis Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) dat pres. Ramaphosa nie die wetsontwerp goedkeur nie en dit vir heroorweging na die Nasionale Vergadering (NV) terugstuur.
Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit, sê die wysigings om hoofde van die onderwysdepartement en ander regeringsamptenare die finale sê oor skole se taal- en toelatingsbeleid te gee, kan ernstige gevolge inhou.
Maroela Media berig: Slagorde opgestel vir NGV-regstryd “Dit is ʼn plunderpot waar plunderaars gaan smul aan belastingbetalers se geld terwyl mense siek in rye gaan sit, wagtend vir ʼn verwysing. Dis ʼn siek stelsel wat gestop moet word.”
Gewelddadigheid van plaasaanvalle is steeds hoog, luidens AfriForum-verslag Die boodskap by vandag se AfriForum-konferensie waar dié burgerregteorganisasie se jaarlikse plaasaanval en -moordverslag bekendgestel is, is dat die gewelddadigheid van plaasaanvalle steeds hoog is en dus met dieselfde erns as ander prioriteitsmisdade hanteer moet word.

Friday May 17, 2024

Kallie Kriel @kalliekriel video @afriforum @solidariteit en @SOS_Skole  het 'n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy versoek word om nie die anti-Afrikaanse Bela-onderwyswet te onderteken nie. Sou hy dit teken, verklaar hy en die ANC Afrikaanssprekendes amptelik tot vyand. Ons regspan staan gereed om Bela in die hof, internasionaal en op elke moontlike ander wyse te beveg.  Gee asseblief aan AfriForum jou mandaat om namens jou teen die Bela-wet te veg by http://stopbela.co.za. Deel asseblief dié boodskap.
Netwerk 24 berig: Solidariteit slyp byle vir Bela-geveg Die geveg teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) “begin nou eers”.
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dít Donderdag duidelik gemaak kort nadat 223 LP’s van die ANC, EFF, IVP, NFP en PAC in die Nasionale Vergadering (NV) die gewysigde wetsontwerp aanvaar het.
Die DA, die Wes-Kaapse regering, Solidariteit en AfriForum beplan om afsonderlike petisies aan Ramaphosa te rig om die wetsontwerp terug te verwys na die parlement vir heroorweging weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan.
Solidariteit en AfriForum is ook besig met regsprosesse teen die wetsontwerp, wat hulle as ’n berekende aanslag op veral Afrikaanse skole beskou. Verskeie ander burgerlike en politieke organisasies dreig ook met hofsake daarteen as dit wet sou word.
Solidariteit wil ook “die groter Afrikaanse gemeenskap” uit protes teen die wetsontwerp mobiliseer.
Maroela Media berig: Bela-wet is ‘skoolkaping; bewys van ANC se paniek’ – kritici Kritici is dit eens dat die ANC nou na elke moontlike strooihalm gryp om steun vir die verkiesing te werf – selfs al is dit ten koste van die land se onderwysstelsel.
Politieke partye sowel as burgerlike organisasies oor die hele Suid-Afrika heen is, soos Kaapse Forum, verenig in hul heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) wat gister deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n duidelike aanval op grondwetlike regte en demokratiese vryhede van elke Suid-Afrikaner. ’n Groeiende sentiment vir groter outonomie in die Kaap is besig om pos te vat en die regering se planne vir die implementering van hierdie wetsontwerp vuur net hierdie sentiment aan.
Maroela Media berig: ‘Uiteenlopende gemeenskappe’ verenig teen Bela “Ondanks ons verskil in agtergrond, kultuur of oortuigings, kom mense van verskillende groepe bymekaar omdat Bela gesien word as ’n stryd wat gemeenskaplik gepak moet word.”
Netwerk 24 berig: NGV is roekeloos; belastingbetaler gaan boet Die bekragting van die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is vandeesweek uit alle oorde gekritiseer en talle organisasies, politieke partye en mediese liggame is sterk gekant teen dié wet. AfriForum en Solidariteit is van die organisasies wat gister aangekondig het dat hulle met regstappe gaan begin om NGV te beveg.
Maroela Media berig: Wysiging van NGV-wet nie so maklik (as wat Majodina dink) Hoewel die regering volhou dat die NGV-wetsontwerp gewysig kan word soos nodig, is die werklikheid veel meer kompleks. Die wetgewende en regsproses betrokke by die wysiging van die wet is tydrowend en prosedureel streng.
Lien se bulletin video: #NHI is nié gratis nie. Dis jý wat gaan hoes daarvoor! Luister na wat MEDICI en REGSGELEERDES sê. Dit is NIE gratis mediese sorg nie
Netwerk 24 berig: Flip Buys: ‘Nie Marx of Lenin sou NGV-wet steun nie’ ’n Volhoubare welsynstelsel is afhanklik van ’n dinamiese ekonomie en ’n doeltreffende staat – voorvereistes wat nie in Suid-Afrika bestaan nie, skryf Flip Buys.
Cyril Ramaphosa se haastige ondertekening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) so kort voor die verkiesing is nog ’n desperate stap van die ANC om aan mag te probeer vasklou. Hierdie paniekerige stap gaan nie die toets van die tyd deurstaan nie omdat hy goed weet dat die wet in sy huidige vorm nie uitvoerbaar is nie en ná die verkiesing in die howe gestop gaan word.

Thursday May 16, 2024

Kallie Kriel skryf: Die Nasionale Vergadering het die anti-Afrikaanse Bela-wet, wat Afrikaanse skole en kinders teiken, vanoggend aanvaar. Gedurende dieselfde tyd het @afriforum, @solidariteit en die @SOS_Skole met ons regspan vergader om gereed te wees om Bela in die hof te beveg, sou die president dit teken. Dié foto is vanoggend tydens ons regskonsultasie geneem.Gee asb. aan AfriForum jou mandaat om namens jou teen die Bela-wet te veg by http://stopbela.co.za. Deel asb en stuur vir al jou vriende en familie aan.
Nuusagenda video: #Bela wetgewing aanvaar deur die parlement. AfriForum verskerp regstryd en openbare druk.
Netwerk 24 berig: PAS BEKEND | Bela deur NV goedgekeur, kort net Cyril se handtekening
Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) is op pad na pres. Cyril Ramaphosa se lessenaar om as wet bekragtig te word.
Dit kom nadat 'n oorweldigende meerderheid van LP’s Donderdag in 'n volle sitting van die Nasionale Vergadering (NV) ten gunste van die weergawe van die wetsontwerp wat die Nasionale Raad van Provinsies vroeër gewysig het, gestem het.
Die gewysigde weergawe gee onder meer aan die staat se onderwyshoofde, in plaas van skoolbeheerliggame, die finale sê oor die sowat 23 000 openbare skole in die land se taal- en toelatingsbeleid.
AfriForum gereed om president te petisioneer ná Nasionale Vergadering BELA aanvaar
Die Nasionale Vergadering (NV) se aanvaarding van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) vandag, was slegs ’n volgende stap in die ANC se meedoënlose stoomrollerproses om die wetsontwerp voor die verkiesing deur te voer. AfriForum en verskeie ander instellings het hierdie verloop van sake voorsien. Die volgende stap is dat die wetsontwerp aan die president vir ondertekening voorgelê sal word. AfriForum se regspan is gereed om die president te versoek om dit ingevolge bepalings van die Grondwet nie te onderteken nie, maar dit weer na die NV terug te verwys.
Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beklemtoon dat AfriForum hou by die voorneme om die BELA-wetsontwerp nasionaal en, indien nodig, ook internasionaal met regsaksie teen te staan solank dit ’n bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaanse skole en gehalte-onderrig inhou.
“AfriForum beskou die wetsontwerp as ’n berekende aanslag op veral enkelmedium- Afrikaanse skole en daarom as ’n poging om kulturele etniese suiwering te pleeg. Die Afrikaanse gemeenskap se kulturele identiteit word bedreig deur hulle taal stelselmatig uit openbare skole te sluit, soos wat reeds met openbare universiteite gebeur het,” sê sy.
Charné Mostert video: @AfriForum gereed om president te petisioneer ná Nasionale Vergadering BELA aanvaar.
Dirk Hermann @SolidariDirk video: Ons kinders se toekoms is te belangrik om afhanklik te wees van 'n amptenaar, en daarom dien ons dié petisie (Bela-wetsontwerp) in.
Netwerk 24berig: Bela-wetsontwerp, NGV: ANC is desperaat, sê Solidariteit
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) en ander omstrede wetsvoorstelle én populistiese uitsprake deur die ANC is alles deel van ’n “desperate” poging om ná die komende algemene verkiesing aan bewind te bly, meen Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Hy het Woensdag so gesê toe hy saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum, tydens ’n aanlyn nuuskonferensie aangekondig het dat hul organisasies slaggereed staan om saam ’n “reuse-regstryd” teen die Bela-wetsontwerp te begin sodra dit deur pres. Cyril Ramaphosa as wet bekragtig word.

Wednesday May 15, 2024

Kyk Video: Solidariteit Beweging mediakonferensie oor die Bela wetgewing
Die gesamentlike stryd om Afrikaanse skole onder beleg van die regering te beskerm, is op die punt om in alle erns te begin.
Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het vandag by ʼn gesamentlike mediakonferensie hul voorneme bekendgemaak om hande te vat in ʼn reuse-regstryd teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela), indien dit soos verwag word deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die Bela-wysigingswetsontwerp beskryf as ʼn aggressiewe daad en 'n aanval op Afrikaanse skole en kinders waarmee die regering beheer oor die skole wil kry.
“Die Bela-wysigingswetsontwerp is ʼn verbreking van die 1994-skikking en die aanvaarding daarvan sal ʼn vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap veroorsaak.
“Die Bela-wysigingswetsontwerp is die ernstigste bedreiging wat Afrikaans en Afrikaanse skole nóg in die gesig gestaar het en daarom sal AfriForum alle moontlike nasionale en internasionale regstappe neem om dit teen te staan,” sê Kriel
Maroela Media berig: Bela bedreig taal, maar ook kinders se toekoms Hofstukke is reeds opgestel om op die regering te beteken, sou omstrede wysigings aan die Skolewet deurgevoer word.
Dirk Hermann video: Ons kinders se toekoms is te belangrik om afhanklik te wees van 'n amptenaar, en daarom dien ons dié petisie (Bela-wetsontwerp) in.
Netwerk 24 berig: Bela-wetsontwerp Donderdag vir finale aanvaarding in NV oorweeg
Die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela) sal Donderdag deur ’n volle sitting van die Nasionale Vergadering (NV) vir finale aanvaarding oorweeg word.
ANC-LP’s het Woensdag hul meerderheid in die NV se portefeuljekomitees oor basiese onderwys gebruik om die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se wysigings aan die wetsontwerp te aanvaar.
Besware van LP’s, van veral die DA en die ACDP dat die wysigings weens “massiewe prosedurele gebreke” verwerp moet word, het Woensdag op dowe ore geval.
Burgerlike samelewingsorganisasies oor Suid-Afrika heen is – soos Kaapse Forum – verenig in heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet), wat onlangs deur die regerende party voorgestel en Dinsdag deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n opvallende aanval op grondwetlike regte en demokratiese vryhede van elke Suid-Afrikaner. Die direkte effek is die groeiende sentiment vir groter outonomie vir die Kaap.
Maroela Media berig: Reuseregstryd kom oor NGV  “NGV benodig ’n honderd maal soveel geld om te funksioneer as wat in die begroting daaraan toegewys is en tog het Ramaphosa besluit om dit twee weke voor die verkiesing haastig te bekragtig. Dit is tog duidelik net die volgende stap van die ANC se verkiesingsveldtog.”

Tuesday May 14, 2024

In die lig van toenemende druk van binne die ANC, sal president Cyril Ramaphosa Woensdag die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onderteken, wat die weg oopmaak vir 'n uitgerekte regstryd stryd met sakelui, gesondheidswerkers en opposisiepartye.
Litigasie teen die NVG deur AfriForum, Solidariteit, DA, medici en moontlik Business Unity SA.
Business Unity SA (BUSA) het bevestig dat hy regstappe sal oorweeg nadat president Cyril Ramaphosa die omstrede wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering vandeesweek onderteken het.
DA-leier John Steenhuisen sê sy party sal onmiddellik 'n hofaksie loods "al die pad na die konstitusionele hof" indien kort  president Cyril Ramaphosa die NGV-wetsontwerp onderteken het.
Dirk Hermann skryf Die President het sy pen gekry en gaan die NGV-wet teken. Ons het ons pen gereed vir hofstukke. Hierdie gaan Solidariteit se grootste geveg nog wees. Ons doen ‘n oproep op mediese praktisyns om ons op groot skaal te steun. Dis ‘n saak om lewe en dood. SA staan saam!
Solidariteit het op die vooraand van president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die vernietigende Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidversekering (NGV) aan hom geskryf dat hy binne ʼn uur nadat die NGV-wet onderteken is met ʼn regsproses teen dié wetsontwerp sal begin.
’n Groep groep van nege mediese en verwante gesondheidsorgpraktisynsverenigings wat meer as 25 000 toegewyde private en openbare-sektor gesondheidsorgwerkers verteenwoordig maak beswaar teen die ondertekening van die NGV-wetsontwerp.
Maroela Media berig Deurvoer van NGV het medici, politici én sakelui bekommerd
“Die regering wil nou kom en iets wat deur die private sektor opgebou is oorvat omdat hulle daarin misluk het om dit self te doen.”
Charné Mostert video: Die Nasionale Gesondheidversekering word môre wet. Hoewel dit as wet bekragtig gaan word, is dit in praktiese en finansiële terme nog ver van implementering af.
Die IRR wys uit: SA het gesien wat gebeur wanneer die ANC kritieke instellings beheer. Gesondheidsorg sal in duie stort, net soos wat gebeur het met die verskaffing van water en elektrisiteit, onderwys, wetstoepassing en dienste.
Netwerk 24 berig: 8 provinsies ondersteun gewysigde Bela-wetsontwerp
Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) wat onderwyshoofde, in plaas van skoolbeheerliggame, die finale sê gaan gee oor alle openbare skole se toelatings- en taalbeleid, is ’n stap nader daaraan om wet te word.
Agt uit die nege provinsiale wetgewers het Dinsdagoggend die aanvaarding van die gewysigde weergawe tydens ’n volle sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ondersteun.
AfriForum sê NRP-steun vir BELA-wetsontwerp bewys skoolgemeenskappe moet self kan besluit
AfriForum meen die steun van agt uit die nege provinsiale wetgewers vir die omstrede Wysigingswetsontwerp Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) in vanoggend se volle sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), bewys dat politici enigiets – insluitend gehalte onderwys en ons kinders se toekoms – op die altaar sal plaas vir hul eie ideologiese doelstellings en korttermyn verkiesingsukses. Volgens AfriForum bewys dit waarom finale besluite oor sleutelkwessies soos skole se taal- en toelatingsbeleid nie in polities-gedienstige amptenare en politieke aanstellings se hande mag berus nie, maar by gemeenskappe self.
Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beskou dit as ontnugterend om te sien hoe politici die wetsontwerp ten alle koste en met groot spoed probeer afhandel voor die verkiesing, ten spyte van groeiende publieke teenstand daarteen.

Monday May 13, 2024

Forum Nuus berig: SEB verryk elite en bereik nie sy doel, meen kenners Die boodskap by AfriForum se konferensie waar die regering se verskeie rassebeleide bespreek is, was duidelik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) móét beëindig word. Die vernietigende gevolge van SEB en ander rassebeleide wat die ANC-regering oor die jare ingestel het, kan duidelik gesien word in die agteruitgang van dienslewering, die skrikwekkende hoë misdaadsyfer, die groei van die werkloosheidsyfer en verarming van die kwesbaarste mense in die gemeenskap.
Die Suid-Afrikaanse regering se rasgebaseerde beleide, soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), is niks meer as ’n rookskerm vir klein elite-bemagtiging en kaderontplooiing nie. Dit is tyd om hierdie diskriminerende beleidsroete te beëindig. Dít het die kern gevorm van die argumente wat vandag op die burgerregteorganisasie AfriForum se konferensie gemaak is waar sprekers in-diepte aanbiedings gelewer het wat gefokus het op die skade wat die regering se rasgebaseerde beleid, soos SEB, aangerig het en steeds doen. Die sprekers het AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, Ernst van Zyl, die Vryemarkstigting se beleidshoof, Martin van Staden, en politieke ontleder en skrywer, Phumlani M. Majozi, ingesluit.
Werner Human skryf: Vanoggend hou AfriForum ‘n konferensie oor die string rassewetgewing wat die land en al sy mense nogsteeds in ‘n wurggreep hou.
Martin van Staden, beleidshoof van die Free Market Foundation, en Phumlani Majozi, ‘n outeur en kommentator, deel hulle navorsing en menings oor hierdie belangrike tema.
Daar is vandag meer rasgebaseerde wetgewing as in die verlede, en ook, dit baat slegs ‘n klein swart elite wat bande met die ANC het.
Solidariteit: skryf Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) en die Nasionale Vergadering (NV) gaan hierdie week inderhaas die Bela-wysigingswetsontwerp probeer deurdruk en daarom versoek Solidariteit, danksy nuwe parlementêre reëls oor petisies uit die openbaar, dat die Bela-kwessie eers van die agenda geskrap word.
Netwerk 24 berig: Regering se plan met krag werk ooglopend, sê Ramaphosa
Talle mense beweer steeds dat die huidige verminderde beurtkrag wat Suid-Afrika ervaar, ’n politieke slenter voor die algemene verkiesing is. Dít ten spyte van al die beskikbare bewyse, sê pres. Cyril Ramaphosa.
“Sommige mense bespiegel selfs dat daar minder beurtkrag is omdat Eskom die dieselaangedrewe noodkragstasies gebruik om ‘die ligte aan te hou’ in aanloop tot die verkiesing. Dít word nie deur feite gestaaf nie,” skryf hy Maandag in sy weeklikse nuusbrief.
Landboucom berig: Nadat die energiebeskikbaarheidsfaktor van Eskom die naweek die 70%-kerf oorgesteek het en Suid-Afrika op 47 dae sonder beurtkrag kan terugkyk, het die minister van elektrisiteit homself Maandagoggend vir ’n wyle aan politieke grootpratery oorgegee.
 

Friday May 10, 2024

Gaan die volgende scenario uitspeel: Besig om te laai..... 'n Lang, koue en donker winter. (Natuurlik na die verkiesing)
Mail & Guardian berig op sy voorblad: Eskom is burning the budget: The power utility keeps the lights on by consuming vast quantities of diesel...and the energy regulator is not happy.
Mteto Nyati, voorsitter van Eskom, het bespiegelings dat die beurtkrag uitstel 'n verkiesingsfoefie deur die regering is, van die hand gewys. Suid-Afrika het 45 aaneenlopende dae van geen beurtkrag beleef – 'n anomalie in vergelyking met die afgelope negentien maande.
Die nasionale energiereguleerder Nersa hou Eskom se dieselverbruik fyn dop
Nersa noem dat Eskom meer as die helfte van sy kwartaallikse begroting vir diesel vir die eerste kwartaal van die 2024-’25-boekjaar binne net een maand gebruik het.
Eskom het beurtkrag van einde Maart tot op hede afgeweer – 44 reguit dae van aaneenlopende krag wat die minister van elektrisiteit  Kgosientsho Ramokgopa deels toegeskryf het aan verlede jaar se versnelde instandhouding van kragstasies.
Maar Nersa sê dit is grootliks omdat die kragvoorsiener meer diesel verbrand het - wat slegs veronderstel is om as 'n noodgeval gebruik te word weens die duur daarvan - as gewoonlik.
Nersa reguleer Eskom se dieseltoewysing vir oopsiklus-gasturbines (OKWB), en bestuur pryse, verspreiding en gebruik. Dit stel ook pryse vas en reik lisensies aan verskaffers uit.
Om die ligte aan te hou, het Eskom reeds 168,5 gigawatt-ure (GWH) van die 316,5 Gwh elektrisiteit wat hy toegelaat word om met diesel te produseer, vir die eerste kwartaal van April tot Junie gebruik het Nersa se hoof van kommunikasie, Charles Hlebela, aan die Mail & Guardian gesê.
Business Tech berig: Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Andre de Ruyter, sê die blaaskans van beurtkrag is te wyte aan Eskom wat diesel “teen ’n tempo van knope” verbrand en voeg by dat die private sektor grootliks elektrisiteitsopwekking in die land sal oorneem. De Ruyter was die hoofspreker by die PSG Finansiële Dienste Jaarkonferensie, wat op 8 Mei 2024 begin het.
Hy het genoem dat hy en voormalige bedryfshoof Jan Oberholzer gedurende sy ampstermyn by Eskom slegs 'n begroting van ongeveer R6 miljard per jaar gehad het om aan diesel te bestee om die nutsmaatskappy se oopsiklus-gasturbines te brandstof om elektrisiteit op te wek. Hy het verduidelik dat vorige bestuur baie versigtig en ekonomies moes wees met die gebruik van diesel, met kennis van hul beperkte hulpbronne. Die huidige begroting vir diesel vanjaar onder nuwe bestuur is egter R24 miljard, wat vier keer meer is as wat hulle in sy tyd tot hul beskikking gehad het.
Chris Yelland wys uit: (grafika op skakel) Iets taamlik dramaties het plaasgevind in die jongste Week 18, 2024, waar die vlak van Eskom week-tot-week onbeplande ineenstortings (UCLF) met 5 persentasiepunte gedaal het van 30,56% tot 25,56%, nadat dit rondom 30% vir die eerste 17 weke van 2024, wat veroorsaak het dat die week-tot-week energiebeskikbaarheidsfaktor (EAF) skerp styg van 58.60% tot 62.08%, ondanks 'n effense toename in beplande onderhoudsonderbrekings (PCLF) van 10.47% tot 12.01%.

Thursday May 09, 2024

AfriForum Jeug-protes maak boodskap duidelik: BELA ís boos AfriForum Jeug het vandag opnuut kapsie gemaak teen die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA). Dié jeugorganisasie het plakkate met slagspreuke soos “Afrikaanse skole is ons reg” en “BELA is boos” teen die heining van die Departement van Basiese Onderwys se kantore in Pretoria opgesit waar dit duidelik gesien kon word.
Monique Taute video: Bela is boos! @AfriForum Jeug was vandag by die Departement van Basiese Onderwys om te sê #StopBela
Nuusagenda video: #Bela is boos protes.
Forum Nuus video: Stop Bela sê AfriForum Jeug. Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
Netwerk 24 berig: Sitting vir Bela uitgestel omdat regte prosedures nie gevolg is nie Die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela) kon weens prosedurele redes nie sy laaste hekkie in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) oorsteek nie.
LP’s was Donderdag veronderstel om die gewysigde wetsontwerp en die komiteeverslag daaroor tydens 'n volle NRP-sitting vir aanvaarding te oorweeg.
Die verrigtinge daaroor is egter uitgestel nadat Cathy Labuschagne, DA-leier in die NRP, dit onder die raad se aandag gebring het dat die regte prosedures nie met die komiteeverslag oor die wetsontwerp gevolg is nie. “Julle weet almal dat die prosedures wat nie gevolg is nie 'n baie goeie rede sal wees vir enigiemand wat hierdie wetsontwerp verder wil neem of in 'n hof wil beveg,” het Labuschagne bygevoeg.
President Cyril Ramaphosa het sy goedkeuring gegee aan die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak, wat haatmisdade en haatspraak kriminaliseer. Die wet beskryf ook die vervolgingsproses vir individue wat hierdie misdrywe pleeg.
Maroela Media berig: Dodetal nou op agt ná gebou ineenstort Nadat veiligheidsrekords van die perseel nagegaan is, is daar nou bevestig daar was 81 mense op die perseel ten tyde van die voorval. Daar word dus steeds na 44 mense gesoek.
Netwerk 24 berig: Oorlog dreig teen ‘spikers’ in Pretoria-omgewing Dit stuur af op ’n volskaalse oorlog teen aanvallers in die groter Pretoria-omgewing wat met klippe of skerpgemaakte penne lokvalle vir motoriste op paaie stel, waarsku veiligheidsmaatskappye en die owerhede.
Sedert die naweek was daar weer verskeie voorvalle, maar die slagoffers het weggekom of hulp het betyds opgedaag.
Dit blyk egter dat die rowers hul modus operandi effens wysig en nou fokus op afritte op die voorstoep van woonbuurte, waar motoriste hul waaksaamheid verslap.
Danksy bewusmakingspogings, die optrede van verskeie veiligheidsgroepe en motoriste wat eerder aanhou ry, al is hul motors beskadig, het die “sukses” van die aanvalle afgeneem.

Wednesday May 08, 2024

Die DA advertensie waar landsvlag “gebrand” word sorg vir debat. Die Renaldo Gouws video verduidelik waaroor gaan die advertensie en wat is die rasionaal.
In reaksie op kwessie stel The Kiffness @TheKiffness video: Midnight Oil - Beds Are Burning  (The Kiffness "Flag Is Burning" Parody) bekend wat in 20 ure reeds 350 K kyke kry.
Die DA advertensie wat op 5 Mei geloods is het om 13H00 op 8 Mei reeds 2,9M kyke gekry op X. Dieselfde advertensie het op You Tube 236K kyke gekry. Op Tik Tok het dit 5988 kyke gekry en is waarskynlik “ge shadow ban” op die platform.
Maroela Media berig: Ramaphosa sê brand van vlag in advertensie ‘verraad’ Volgens John Steenhuisen, DA-leier, verdraai Ramaphosa die ooglopende betekenis van die advertensie deur te beweer dit is die DA wat “Suid-Afrika wil vernietig”.
Handelsmerkreputasiebestuurstrateeg, Solly Moeng, sê hy sien niks verkeerd met die verkiesingsadvertensie van die Demokratiese Alliansie wat beelde wys van die land se vlag wat brand nie berig die SABC
Moeng sê daar is niks fout met wat die DA sê nie. “Die land is in beroering, die land brand. Die DA beeld die land uit, die simbool van die land, wat in pyn, onstuimigheid en brand is. Daar is niks fout daarmee nie. Ek het al gesien hoe mense die apartheid teruggooi in die DA, dis 'n wit ding. Dis nonsens. Ek sou dieselfde ding gedoen het. Die land is in die moeilikheid. Ek dink dit is goed om te preek die land is in die moeilikheid soos die DA gedoen het,” voeg Moeng by.
Daar is baie dinge wat verkeerd is met die DA se verkiesingsadvertensie, en dit sluit nie die feit in dat dit lyk asof dit deur 'n klomp hoërskoolleerders vir 'n groepprojek gekonseptualiseer en geredigeer is nie, skryf Qaanitah Hunter op News 24. John Steenhuisen, DA-leier, glimlag. Sy party se verkiesingsadvertensie wat Sondagaand bekendgestel is, is 'n sukses. Dit het gedoen wat advertensies bedoel is om te doen - mense aan die praat! Die 33-sekonde video was daarop gemik om die boodskap oor te dra dat die komende algemene verkiesing oor die voortbestaan van Suid-Afrika gaan.

Tuesday May 07, 2024

Netwerk 24 berig: Tweespalt in MK: Zuma ontvang kennisgewing van sy skorsing Volgens ’n brief wat deur Jabulani Khumalo, uitgeskopte stigterslid van die uMkhonto weSiswe (MK)-party onderteken is, is oudpres. Jacob Zuma voorlopig uit dié party geskors.
In die brief, gedateer 5 Mei en wat Netwerk24 onder oë gehad het, stel Khumalo dit aan Zuma dat hy voorlopig uit die party geskors is hangende ’n dissiplinêre verhoor.
Khumalo en vier ander MK-lede is einde April uit die party geskop waarna die party in ’n verklaring by monde van sy woordvoerder Nhlamulo Ndhlela gesê het die geskorste lede is ‘rogue elemente’.
Die OVK het ook gereageer oor die stryd tussen Jabulani Khumalo en oudpresident Jacob Zuma. Dit sê hoewel dit nie by interne partysake betrokke raak nie, is die geregistreerde leier van die MK Party Zuma en dit is sedert 10 April 2024 die geval.
Op sy beurt beweer Jabulani Khumalo sy handtekening is vervals op die 10 April dokumentasie.
News 24 berig: Die Verkiesingskommissie van SA (OVK) sê daar is "'n aansienlike risiko van 'n betwiste verkiesingsuitslag" in die komende verkiesing as Jacob Zuma toegelaat word om te staan – en het die Konstitusionele Hof versoek om dringend uitspraak te doen oor sy verkiesbaarheid.
"Die beslissing van hierdie hof word dringend vereis in die belang van geregtigheid. 'n Verkiesing is op die punt om plaas te vind," het die OVK gesê in betooghoofde wat Maandag by die konstitusionele hof ingedien is.
Maroela Media berig: Brandende landsvlag in DA-advertensie veroordeel “Die Suid-Afrikaanse vlag simboliseer eenheid in ons diversiteit en die hoop en strewe van ons land. As bewaarder van alle nasionale simbole, insluitend ons landsvlag, veroordeel ek die DA se advertensie ten sterkste.”
Netwerk 24 berig: Angie-hulle uit die veld geslaan oor AfriForum, Solidariteit se nuwe skole-dispuut Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en haar departement is glo onkant betrap deur AfriForum en Solidariteit se nuwe dispuut met die regering oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Dit het Sondag aan die lig gekom dat AfriForum en Solidariteit adj.pres. Paul Mashatile in ’n brief ingelig het van hul onttrekking aan gesprekke met die regering oor die verbetering van dienslewering totdat dié dispuut opgelos is.
George-gebou ineenstort: Dodetal styg tot 6 terwyl redders voortgaan om deur puin te soek
Maroela Media berig: George-tragedie: Kontak met 11 vasgekeerdes Een van die vasgekeerdes het ’n werkende selfoon by hom en kon sy vrou deur die loop van die aand bel.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125