Episodes
Wednesday Feb 04, 2026
Wednesday Feb 04, 2026
John Steenhuisen nie meer beskikbaar vir ’n derde termyn as DA-leier nie
SAUK Nuus video berig DA-leier John Steenhuisen het aangekondig dat hy nie vir 'n derde termyn herkiesbaar sal wees by die party se komende federale kongres nie. Steenhuisen sê hy het sy missie in die party volbring en sal nou fokus op sy rol as minister van landbou.
Fokus op BKS-krisis
Steenhuisen gaan ‘hart en siel stort’ in BKS-stryd
In sy toespraak het Steenhuisen gesê hy streef onder meer massa-inentings na om te verseker dat dié huidige krisis die laaste massa-uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) is wat ooit weer in Suid-Afrika voorkom.
“Nadat ek die DA in die regering van nasionale eenheid (NVG) gelei het, moet my volgende hoofstuk wees om hierdie verwoestende siekte vir eens en altyd op ons oewers uit te wis.
Maroela Media berig: Steenhuisen nie weer verkiesbaar as DA-leier John Steenhuisen sê hy wil al sy fokus op bek-en-klouseer-uitbreking rig “want dit is wat die boere verdien”.
AfriForum reaksie
SAUK berig: AfriForum beskuldig Steenhuisen daarvan dat hy met die ANC skakel
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), John Steenhuisen, sterk gekritiseer en hom daarvan beskuldig dat hy met die African National Congress (ANC) skakel en teen die belange van die Afrikaanssprekende gemeenskap optree.
Die kritiek kom terwyl Steenhuisen, wat ook Minister van Landbou in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) is, na verwagting Woensdag die media in Durban sal toespreek.
Hy sal na verwagting aankondig dat hy nie herkiesbaar sal wees by die DA se federale kongres in April nie. Kriel sê daar is 'n behoefte aan verandering.
Hy sê: “Hopelik sal daar 'n skuif wees om nie teen die belange van die DA se kern kiesafdeling op te tree nie, maar onthou natuurlik, selfs al tree Minister Steenhuisen as leier af, sal hy steeds die Minister van Landbou wees, so wat ons ook nodig het, is dat die Minister sy posisie heroorweeg met betrekking tot BELA (die Wysigingswet op Basiese Onderwys), met betrekking tot hoe om die bek-en-klouseer te hanteer en met betrekking tot baie ander kwessies waar ons glo hy nie by die DA se beleid hou nie.”
PODSEND Onderhoud met Kriel op SAFM se First Take-program
Departemente werk saam om bek-en-klouseer tot ramp te verklaar, sê Steenhuisen
News 24 berig: Die Departement van Landbou werk nou saam met die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake om die bek-en-klouseer-uitbraak tot ramp te verklaar, het die Minister van Landbou, John Steenhuisen, Dinsdag aan die portefeuljekomitee gesê.
Tuesday Feb 03, 2026
Tuesday Feb 03, 2026
John Steenhuisen nie meer beskikbaar vir ’n tweede termyn as DA-leier nie
Netwerk 24 berig: John Steenhuisen tree uit die wedloop om as DA-leier herkies te word.
Twee bronne het op voorwaarde van anonimiteit aan Netwerk24 bevestig dat Steenhuisen hom nie meer beskikbaar gaan stel om vir ’n tweede termyn as DA-leier te dien nie. Die party hou in April sy kieskonferensie.
Steenhuisen nie goed vir Afrikaners nie
Kallie Kriel skryf: AfriForum staan buite partypolitiek. Ons lede stem vir verskillende partye, en ons het goeie samewerking met beide DA- en VF+-raadslede, asook ander leiers van hierdie partye.
AfriForum moet hom egter uitspreek wanneer leiers van enige party direk teen die belange van ons lede begin optree. John Steenhuisen het hom ongelukkig ná die verkiesing toenemend by die ANC geskaar oor die BELA-wet en rassetransformasie. Hy het ook lustig meegedoen aan die ANC se propagandaveldtog dat die VSA se ongelukkigheid die gevolg was van “misinformasie” deur AfriForum. Sy optrede om, in ANC-styl, die stryd teen bek- en klouseer te sentraliseer na ’n mislukkende staat, was die laaste strooi.
Mag wie ook al die leierskap by John oorneem, nie weer direk teen die belange van die Afrikaanse deel van hulle kiesersbasis optree nie. AfriForum se lede dink vir hulleself, en geen party kan hul steun as ’n gegewe te aanvaar nie. Ons lede se stemme moet verdien word.
Steenhuisen mislei boere oor litigasie dreigement
Nuuspod Willie Spies video: Ek moes vanoggend my sosiale media uitlatings oor die Minister van Landbou se bek-en-klou-kaskenades verdedig. Laat weet maar of jy saamstem en of ek dalk te hard op Steenhuisen was.
Video met 265 000 kyke van bokskryt toneel
Trots Afrikaans video 🥊 WILLIE SPIES IN DIE BOKSKRYT OOR BEK-EN-KLOUSEER!
John Steenhuisen verstaan duidelik nie hoe litigasie werk nie
Willie Spies skryf: John Steenhuisen verstaan duidelik nie hoe litigasie werk nie. 'n Hangende hofaansoek keer hom nie om voort te gaan met die werk wat hy doen en moet doen om entstowwe beskikbaar te stel nie. Dis nie dat die hele staatsmasjinerie tot stilstand kom elke keer as daar 'n hofaansoek teen hulle uitgereik word nie.
Vervreemding van die Afrikaner
Ernst van Zyl skryf: Daar is vele ysterwette van die geskiedenis: Moenie Rusland in die winter binneval nie. Moet nooit 'n landoorlog in Asië begin nie. Moenie die Afrikaners vervreem as jy die leier van die DA is nie.
Monday Feb 02, 2026
Monday Feb 02, 2026
Hof toe
Prokureurs kry opdrag: Begin met regstappe oor bek-en-klou
Eerder as om saam te werk in die belang van duidelikheid en sekerheid vir die bedryf, het John Steenhuisen, die minister van landbou, vertragings en komplikasies veroorsaak in wat ʼn eenvoudige regsproses kon wees. Ongelukkig, en duur soos dit is, is dit ʼn gereelde verskynsel onder staatsamptenare om uitgerekte hofsake eerder as ʼn vinnige oplossing te kies.
Sakeliga en Saai: ‘Nou gaan ons hof toe oor bek-en-klou’
Sakeliga en die landbou-organisasies Saai en Vrystaat Landbou (VL) sê hulle het geen ander keuse nie as om John Steenhuisen, minister van landbou, voor die hof te daag.
Dit kom nadat Steenhuisen versuim het om sy regsgronde bekend te maak vir die verbod op die private verkryging en toediening van entstowwe teen bek-en-klouseer.
Nee vir entstof
Dís hoekom hy nie ja kan sê vir boere wat entstof wil invoer, sê Steenhuisen
John Steenhuisen, minister van landbou, sê hy kan nie goedkeuring verleen aan boere om entstowwe teen bek-en-klouseer in te voer nie, aangesien dié entstowwe wêreldwyd wetlik beheerde medisyne is.
“Aangesien dit vir bioterrorisme en op verskeie ander misdadige maniere gebruik kan word, moet dit deur lande beheer word,” sê hy.
Privaat veeartse kan ent
BKS: Só vorder proses om private sektor toe te laat om te help inent
Die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1984) maak voorsiening daarvoor dat ’n aansoek ingedien kan word om onder meer toe te laat dat private veeartse entstof vir staatsbeheerde siektes, soos bek-en-klouseer (BKS), mag hanteer.
Só sê Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die rooivleisbedryfsliggaam RMIS en voorsitter van die bedryfskoördineringsraad. John Steenhuisen het dié raad aangestel om te help om Suid-Afrika se BKS-strategie toe te pas.
Skade en omvang
BKS: Suiwelbedryf verloor reeds R1 mjd. en vleisbedryf dalk selfs méér
Aanvanklike berekeninge wat BFAP in Junie 2025 gepubliseer het oor die moontlike skade wat BKS die beesbedryf kan aanrig, dui op ’n moontlike verlies van R25,6 miljard oor 10 jaar indien nie daadwerklik ingegryp word nie.
Altesaam 24 406 BKS-gevalle is verlede jaar in Suid-Afrika aangeteken. Dit is aansienlik hoër as die vorige rekord van sowat 7 770 gevalle wat in die 2022-uitbrekings aangeteken is.
Friday Jan 30, 2026
Friday Jan 30, 2026
ANC betoog teen Trump-administrasie oor ‘aanval op soewereiniteit’
Times Live berig: Die ANC sal betoog teen wat dit 'n “aanval op Suid-Afrika se soewereiniteit” deur die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie noem.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Donderdag gesê die optog sal die land se demokrasie verdedig en 'n boodskap stuur teen buitelandse inmenging in Suid-Afrika se sake.
“Ons marsjeer ter verdediging van ons soewereiniteit, wat onder aanval is. Ons marsjeer teen imperialistiese aggressie wat wil dikteer wat in ander lande gebeur,” het Mbalula aan joernaliste by die party se hoofkwartier, Luthuli-huis, in Johannesburg gesê.
Nie slim plan waarskuwing
Maroela Media berig Ekonomiese selfdood? ANC beplan teen-Amerikaanse optog
Die Solidariteit Beweging meen die ANC doen duidelik sy bes om betrekkinge met die VSA verder te versuur.
ANC kan SA-deelname aan Agoa finaal ruïneer – Solidariteit Beweging
Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, het vandag se aankondiging deur die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, dat ’n “massa-optog teen die VSA” vir 21 Maart beplan word, skerp veroordeel.
Hierdie aankondiging, tesame met oordrewe uitsprake deur Mbalula dat die VSA Suid-Afrika aanval en isoleer, word deur die Beweging verwerp. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, kom Mbalula se aankondiging op ’n kritieke tyd, met die Amerikaanse Senaat wat binnekort oor finale goedkeuring van die verlenging van Agoa moet stem en die Withuis wat dan moet bepaal watter lande in Afrika suid van die Sahara daarvoor kwalifiseer.
“Suid-Afrika het reeds verlede jaar honderde duisende werksverliese gely omdat Agoa nie verleng is nie, asook weens Amerikaanse tariewe. Mbalula en die ANC se uitsprake en optrede is ekonomiese selfmoord in ’n tyd waarin ons land elke moontlike uitvoermark nodig het.”
Volgens Buys probeer Solidariteit en AfriForum op grondvlak om werkers se werk te beskerm en gemeenskappe met ekonomiese inisiatiewe te bemagtig, terwyl die ANC duidelik sy bes doen om die verhouding met die VSA verder te versuur. In sektore soos motorvervaardiging, tekstielvervaardiging, die chemiese bedryf en die landboubedryf sal ’n finale uitsluiting van Suid-Afrika uit Agoa tot nóg werksverliese lei. Mbalula se aankondiging van ’n anti-Amerikaanse optog kom op ’n tyd waar onderhandelinge tussen die twee lande se regerings ’n kritieke punt bereik het.
“Volksmoord” lastersaak
Maroela Media berig: Solidariteit gaan voort met lastersaak teen minister
Die organisasie sê hy neem ook kennis van die jongste uitsprake wat minister Khumbudzo Ntshavheni opnuut teen Solidariteit gemik het.
Thursday Jan 29, 2026
Thursday Jan 29, 2026
Steenhuisen reaksie op brief
Maroela Media berig ‘Kortsigtig, roekeloos’: Regstappe oor bek-en-klou kan inentings pootjie – Steenhuisen
“Sodra die onmiddellike krisis verby is, kan organisasies hulself met allerhande litigasie besig hou, maar op die oomblik moet ons eensgesind, met spoed en vasberade optree om die huidige uitbreking te beperk.”
Minister se reaksie op eisbrief onvoldoende
Maroela Media berig Minister se reaksie op eisbrief onvoldoende Steenhuisen het Vrydag tot sluitingstyd om hierop te reageer.
Sperdatum aan minister is Vrydag
Maroela Media berig Bek-en-klouseer | Formele aanmaning, sperdatum aan minister
In die brief aan John Steenhuisen, minister van landbou, eis die organisasies gesamentlik dat daar teen 20 Januarie skriftelik bevestig word dat veeboere privaat entstowwe mag verkry en toedien, in samewerking met staat- en private veeartse.
Steenhuisen moet vrae direk antwoord – Sakeliga
Dié drie organisasies beskou nie Steenhuisen se verklaring as ’n gepaste reaksie nie en dit word as “vaag en vol gebreke” beskryf. Volgens Sakeliga het die minister tot Vrydag 30 Januarie om aan hul vereistes te voldoen.
“In Sakeliga, Saai en VL se aanvanklike aanmaning verduidelik ons prokureurs dat ons geen statutêre belemmering kon vind wat boere en ander belanghebbendes verhoed om die entstowwe teen bek-en-klouseer (BKS) privaat aan te koop vir hul vee en toe te dien nie. Die minister word tot die einde van die week gegun om skriftelik te verklaar of hy met ons saamstem of nie – in welke geval hy sy standpunt volledig moet toelig met verwysing na die regsdokumente waarop hy staatmaak.”
Sou die drie organisasies tot die gevolgtrekking kom dat Steenhuisen of sy kollegas die private sektor se entstofverkryging en -toediening onregmatig of onbehoorlik belemmer, sal oorweeg word om dit dringend deur litigasie reg te stel. Die organisasies verwelkom dit dat Steenhuisen in sy verklaring die begeerte uitspreek om litigasie te vermy. Volgens Sakeliga se verklaring sou moontlike litigasie nie enige wettige optrede deur Steenhuisen of sy kollegas opskort nie.
Stand van sake
GROOTplaas video Bennie van Zyl van TLU oor die huidige Bek-en-klouseeruitbreking | 29 Jan 2026
Die Minister van Landbou het 'n Koördineringsraad vir die Bek-en-Klouseer Nywerheid aangestel, en ons gesels met Bennie van Zyl van TLU SA, oor die jongste rakende die huidige Bek-en-klouseeruitbreking.
Tuesday Jan 27, 2026
Tuesday Jan 27, 2026
Omvang van krisis
Wanneer ’n boer huil … Kenners meen dit is die ergste uitdaging wat die veebedryf tref sedert die runderpes-pandemie van 1896 toe nagenoeg 2,5 miljoen vrektes aangeteken is. Dit word beskryf nie as ’n “siektegebeurtenis” nie, maar ’n “meerjarige finansiële en genetiese ramp”. Boere bestempel dit as ’n krisis waarin hulle aan hul eie lot oorgelaat is, terwyl die regering se flou en stadige reaksie op dié volskaalse ramp hopeloos onvoldoende blyk te wees. Volgens Wilna Theron, senior traumaberader by die AfriForum-traumaeenheid, plaas die bek-en-klouseer-pandemie geaffekteerde boere in ’n onnatuurlike en langdurige stressituasie, maar daar is hoop te midde van dié trauma.
Finansiële impak
Landboucom berig: Landbou met rug teen muur oor afgestelde veilings
Boere steier reeds maande lank onder die finansiële houe wat op hulle neerreën weens die ergste veesiekte wat Suid-Afrika in meer as ’n eeu getref het – en daar is geen vangnet wat hulle red nie.
Formele aanmaningsbrief aan die Minister van Landbou
Sakeliga, SAAI, en Vrystaat Landbou het 'n formele aanmaningsbrief aan die Minister van Landbou, John Steenhuisen, gestuur rakende die bek-en-klouseer (BKS)-uitbraak.
Regsaksie deur rolspelers
Maroela Media berig: Sakeliga wil staat se greep op bek-en-klouseer-maatreëls breek
As deel van sy strategie help Sakeliga boere om hulle wetlik voor te berei vir moontlike eise teen die staat. Die organisasie verskaf regsinligting en ʼn pro forma-brief wat boere kan gebruik.
Saai skryf Die tyd vir praat en werkswinkels is nou verby. Ons kan nie wag vir ’n 10-jaar plan terwyl boere se lewensbestaan vernietig word nie.
Privaat toediening van entstof is die antwoord. Die Departement wil gesentraliseerde beheer hê, terwyl die prioriteit die kortste ketting vanaf die invoerder tot by die plaas moet wees.
Saai, Vrystaat Landbou en Sakeliga se prokureurs het dringende korrespondensie aan die Departement van Landbou gerig. Ons aanmaning vereis dat die Minister en die Departement skriftelike bevestiging gee dat vee-eienaars en die private sektor in die algemeen bek-en-klouseer-entstowwe kan bekom en toedien.
Sterk optrede nodig
Landboucom berig: Só moet staat ‘oorlog’ verklaar teen BKS, sê wildkenner
Dr. Kobus du Toit sê volgens beskikbare data is daar tussen 2020 en 2024 reeds 191 uitbrekings aangeteken, met nog 342 gevalle wat in 2025 gevolg het. “Dit staan in skrille kontras met vorige dekades toe uitbrekings sporadies en beperk was,” sê hy en waarsku dat enting op sy eie nie die siekte onder beheer bring indien besmette diere steeds onwettig verskuif word nie
Monday Jan 26, 2026
Monday Jan 26, 2026
Julius Malema het in die openbaar vrees uitgespreek oor armoede oor tronkstraf te midde van vonnisopleggingsprosedures in die Oos-Londense landdroshof.
Malema het gewaarsku dat wanneer sy party aan bewind kom, alle lede van AfriForum in hegtenis geneem sal word, wat dui op politieke spanning.
Die Nasionale Vervolgingsgesag is besig om 'n tronkstraf vir Malema te eis, wat ooreenstem met sy hoëprofiel-hofverskynings.
Strafversagting
Malema-vuurwapensaak | Maatskaplike werker getuig ter strafversagting
ʼn Verhoog is buite die hof opgerig waar EFF-leier Julius Malema na verwagting Vrydag, ná die hofverrigtinge, mense gaan toespreek.
AfriForum sê Malema moet begin voorberei vir ‘lang’ tronkstraf in vuurwapensaak
News 24 berig: AfriForum sê EFF-leier Julius Malema, wat Vrydag aan partyondersteuners in Oos-Londen gesê het dat hy nie bang is vir tronkstraf nie, moet homself voorberei vir 'n lang tronkstraf.
Malema het in die Oos-Londense streekhof verskyn vir voorvonnisverrigtinge vir 'n vuurwapen-afvuursaak.
Dit is nadat landdros Twanet Olivier hom in Oktober verlede jaar skuldig bevind het aan vyf aanklagte: onwettige besit van 'n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie, afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude gebied, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om persoon of eiendom te beskerm, en roekelose bedreiging van persoon of eiendom.
Moles op vlug na Oos-Londen
Netwerk 24 berig: EFF neem vlug van FlySafair op horings
EFF-lede wat tydens ’n FlySafair-vlug na Oos-Londen al singende in die vliegtuig rondgedans het, het regulasies van die Burgerlugvaartowerheid oortree.
’n Video van die voorval, waarin ander, ongemaklike passasiers gesien kan word, wys hoe die EFF-ondersteuners tydens die vlug optree.
Honderde EFF-lede het Vrydag opgeruk na die hof in Oos-Londen, waar die partyleier, Julius Malema, verskyn het.
Volgens lugvaartkenners is dit die verantwoordelikheid van die lugdiens om te sorg dat omstandighede aan boord ter wille van lugvaartveiligheid én die gerief van alle betalende passasiers ordelik geskied.
Friday Jan 23, 2026
Friday Jan 23, 2026
Aanloop tot vonnis
Julius Malema is betrokke by 'n langdurige vuurwapensaak wat dateer uit 'n voorval in 2018 wat geweervuur tydens 'n saamtrek behels. oudtshoorncourant.com, georgeherald.com
Die saak het beduidende politieke ondertone, met EFF-amptenare wat die aanklagte as polities gemotiveerd en versterkende partysteun beskryf.
Voorvonnisoplegging en hofverskynings met betrekking tot Malema se vuurwapenaanklagte het aansienlike openbare en media-aandag getrek, insluitend EFF-ondersteunerswaakse.
Verdediging
SABC News@SABCNews WATCH Die verdediging beweer dat 'n streng vonnis die welstand van EFF-leier Julius Malema se kinders ernstig sal beïnvloed en sy vermoë om sy politieke verantwoordelikhede uit te voer, sal belemmer.
Groter hof nodig
SABC News @SABCNews Die voorvonnisopleggingsverrigtinge vir EFF-leier Julius Malema is na 'n groter hofsaal verskuif weens kapasiteitsprobleme by die Oos-Londense streekhof.
Aard van vonnis
Nuuspod video Julius Malema gaan nie 'n ligte vonnis kry nie sê advokaat.
Maroela Media berig: Strafsaak: Malema se toekoms en dié van EFF in weegskaal
’n Politieke ontleder waarsku dat Julius Malema moontlik dieselfde roete as oudpres. Jacob Zuma – die pad van openbare ontwrigting – sal volg indien dit beteken dat hy uit die tronk bly.
Pretoria FM berig So kan Malema gevonnis word
Die vonnisverrigtinge van die EFF-leier, Julius Malema, skop vandag in die streekhof in Oos-Londen af. Malema is op 1 Oktober 2025 deur die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan verskeie vuurwapenverwante klagtes, wat insluit die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied en die roekelose ingevaarstel van persone en eiendom, tesame met die versuim om redelike voorsiening te maak met die afvuur van ’n vuurwapen.
Llewelyn Curlewis, ’n regskenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, sê die klagtes is elkeen op sy eie reeds baie ernstig en Malema kan swaar strawwe in die gesig staar. Dit kan gevangeskap vir ’n tydperk van nie langer as 15 jaar, ’n boete van tot R300 000 of beide insluit vir elk van die klagtes waarop hy skuldig bevind is.
Curlewis sê hy vermoed dat die hof al die klagtes sal oorweeg en dan een vonnis gesamentlik sal oplê. En alhoewel daar ’n moontlikheid van ’n opgeskorte vonnis bestaan aangesien dit die hof se diskresie is, moet die erns van die misdade in berekening gebring word. Curlewis meen dat direkte tronkstraf gepas sou wees.
Thursday Jan 22, 2026
Thursday Jan 22, 2026
Sentralisering deel van die probleem
AfriForum eis samewerking met privaatsektor namate bek-en-klouseer handuit ruk weens sentralisering
As ’n burgerregteorganisasie doen AfriForum ’n beroep op die regering om dringend met die privaatsektor saam te werk om die skade te beperk wat die voortgesette verspreiding van bek-en-klouseer aan boere, voerkrale, veilings, slagpale, werksgeleenthede en voedselsekerheid berokken. Dit is nie meer ’n beperkte landbouprobleem nie, maar ’n ekonomiese bedreiging van nasionale belang. Tog bly die regering se reaksie stadig, gesentraliseerd en onvoldoende om tred te hou met die tempo waarteen die siekte versprei.
“Bek-en-klouseer versprei vinnig deur diere se bewegings en kontak tussen kuddes. In ’n nasionale uitbreking soos hierdie is spoed en dekkingsvermoë alles. Die ongemaklike waarheid is egter dat Suid-Afrika se huidige reaksiemodel rondom staatsbeheer gebou is. Daar daardie model is tans besig om te faal. Wanneer die uitrol van inentings vertraag word, vermeerder uitbrekings; waar afdwinging swak is, word beperkings op beweging betekenisloos; en waar die reaksie beperk is tot een sentrale kanaal, word die stelsel ’n bottelnek eerder as ’n oplossing,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum.
Staatsmonopolie vererger die krisis
Maroela Media berig Bek-en-klouseer | ‘Breek staatsmonopolie of breek vleisbedryf’ – VL
“Ons – dit wil sê al die veeboere van die land – kan nie vir ʼn 10-jaar-plan wag nie. Dit is nou oorlog teen die virus, en ons kan nie alleen van die staat afhanklik wees nie.”
Netwerk 24 berig Bek-en-klouseer: ‘Staat se monopolie moet stop’
Die staatsmonopolie rakende die bek-en-klouseer-krisis moet gebreek word sodat entstof onmiddellik in boere se hande geplaas kan word.
Boere soek oplossings
Maroela Media berig Bek-en-klouseer buite beheer; boere soek nou oplossings
Terwyl bek-en-klouseer buite beheer is en miljoene dosisse entstof op pad is na Suid-Afrika, is daar steeds geen finale, goedgekeurde staatsplan oor hoe die entstof versprei en toegedien gaan word nie.
Bedryfskoördineringsraad deur die minister van landbou ingestel
Maroela Media berig: TLU SA verwelkom Bennie van Zyl se aanstelling op BKS-raad
Volgens die organisasie, is Van Zyl se aanstelling ʼn duidelike erkenning van die rol wat georganiseerde landbou speel.
Wednesday Jan 21, 2026
Wednesday Jan 21, 2026
Trump 'n moeilike ontvangs in Davos in die gesig
Reuters berig: Die Amerikaanse president Donald Trump besoek Woensdag Davos, Switserland, en hy sal waarskynlik die Wêreld Ekonomiese Forum gebruik om sy druk vir die verkryging van Groenland te eskaleer ten spyte van Europese protes in die grootste verswakking van transatlantiese bande in dekades.
Trump, wat Dinsdag die einde van sy onstuimige eerste jaar in die amp gevier het, sal na verwagting die jaarlikse byeenkoms wat wêreldelites gebruik om ekonomiese tendense in die sneeubedekte Alpynse oord Davos te bespreek, oorskadu.
Trump twyfel of Groenland-dreigemente Europa se handelsooreenkoms sal sink
President Donald Trump het vertroue uitgespreek dat die Europese Unie sal voortgaan om in die VSA te belê, selfs al stel hy nuwe tariewe in verband met sy strewe om beheer oor Groenland te neem.
President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het gesê dat Trump se dreigemente 'n "fout" is wat die ooreenkoms wat hy verlede jaar met die blok gesmee het, sou skend, en amptenare in Europa het begin met die opstel van planne om te vergeld.
Trump het 'n tarief op goedere van agt Europese lande aangekondig wat vanaf 1 Februarie tot 25% in Junie styg, tensy hy 'n ooreenkoms vir die "aankoop van Groenland" het, en het die kanse dat Europa met vergelding sou voortgaan, afgeskaal.
President Donald Trump het vertroue uitgespreek dat die Europese Unie sal voortgaan om in die VSA te belê, selfs al stel hy nuwe tariewe in verband met sy strewe om beheer oor Groenland te neem, 'n voorstel wat leiers op die vasteland kwaad gemaak het.
Vroeër Dinsdag het president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, gesê dat Trump se dreigemente 'n "fout" is wat die ooreenkoms wat hy verlede jaar met die blok gesmee het, sou skend. Amptenare in Europa het begin met die opstel van planne om te vergeld, wat 'n oorwinning kan ontketen wat die ooreenkoms kan dwarsboom. Maar die Amerikaanse president het die kanse dat hulle dit sou deurvoer, afgespeel berig Bloomberg
Netwerk 24 berig: Trump oor Groenland: ‘Daar is geen terugkeer, ons sál ooreenkoms sluit’
Pres. Donald Trump van Amerika het dit op ’n nuuskonferensie by die Withuis duidelik gemaak dat sy land hul visier op die eilandnasie Groenland het en dat hulle ’n ooreenkoms sal sluit met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo).
Trump het geskerts hy stem nie saam met alles wat Navo al gedoen het nie, maar het dit “soveel beter en sterker” gemaak.









