Nuusagenda
Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.
Episodes
Oct 5, 2023
Oct 5, 2023
8 min
Tye is moeilik vir verbruikers en dit gaan nog erger word. Ekonoom Azar Jammine voorspel die regering kan gedwing word om BTW te verhoog.
Dirk Hermann@SolidariDirk Belastingbetalers is oorstrek. Enige verhoging in die belastingkoers sal nie tot hoër belastinginkomste lei nie. Dis ‘n gek plan.
Ekonoom Dawie Roodt het gewaarsku dat die rand so hoog as R30 teenoor die Amerikaanse dollar kan raak as die private sektor ooit besluit om op te hou om die regering te finansier – 'n scenario wat hy glo binne die volgende paar jaar moontlik kan wees.
Beide sakeondernemings en georganiseerde arbeid het gevra dat die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) onder administrasie geplaas word en sy beleggings onafhanklik ondersoek word namate die fonds dieper in wanfunksionering wegsink, en die vermoede van korrupsie groei.
Reuters berig Sibanye Stillwater, SA se grootste mynbousektor-werkgewer, kan gedwing word om sommige verliesmakende skagte te sluit.
Maatskappybelasting in Suid-Afrika gaan grootliks afwaarts skuif, volgens Stats SA, nadat die plaaslike mynbedryf sy bydraes in die tweede kwartaal van 2023 meer as gehalveer het.
Rand Water hou vol dat waterverskuiwing bloot 'n instrument is om watervlakke te bestuur en nie daartoe sal lei dat gemeenskappe van toevoer afgesny word nie.
Maroela Media berig: SA mag gou dalk nie meer vlag swaai by groot sportbyeenkomste Sou die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport teen die betrokke datum nie aan die gewysigde Wada-wetgewing voldoen nie, sal die land nie meer sy vlag by vlagskip-sportbyeenkomste kan wapper óf die volkslied daar sing nie.
Solidariteit gaan Ramaphosa, tesourie persoonlik aanspreeklik hou vir NGV Solidariteit gaan sy stryd teen die beplande Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) verskerp deur ook individue, waaronder die president en die ministers van finansies en gesondheid, persoonlik aanspreeklik te hou vir die gevolge, sou dit geïmplementeer word.
Hittegolf gaan SA’ners laat sweet berig Maroela Media. Op sommige plekke in die binneland gaan die kwik op 36 °C draai voor temperature oor ʼn paar dae daarna weer sal normaliseer.
Gesprek oor politieke leierskap buite partypolitiek (potgooi) by Aardklop Nasionale Kunstefees. Tema: "Suid-Afrikaners is keelvol vir politici en kyk elders vir leierskap. Is dit volhoubaar of selfs regverdig om van ons nie-politieke figure te verwag om ons te kom red?"Paneel: Alida Kok, Theo Venter en Flip Buys. Gesprek leier Lourensa Eckard.
Taalgemeenskappe is moeg vir taalgimnastiek soos dié van Nzimande, sê AfriForum In reaksie op die jongste polemiek oor Afrikaans se status as inheemse taal en posisie in die taalbeleidsraamwerk vir hoër onderwysinstellings, beklemtoon AfriForum dat dit duidelik is dat taalgemeenskappe self verantwoordelikheid vir hulle tale se beskerming, groei en voortbestaan moet neem.
Oct 5, 2023
Oct 5, 2023
49 min
Gesprek oor politieke leierskap buite partypolitiek by Aardklop Nasionale Kunstefees
Tema: "Suid-Afrikaners is keelvol vir politici en kyk elders vir leierskap. Is dit volhoubaar of selfs regverdig om van ons nie-politieke figure te verwag om ons te kom red?"
Paneel: Alida Kok, Theo Venter en Flip Buys. Gespreksleier Lourensa Eckard.
Oct 3, 2023
Oct 3, 2023
9 min
Te midde van onstabiliteit by SOE's soos Transnet en Eskom, vra kenners dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, moet bedank.
Hoewel die Gautrein net byna die helfte soveel passasiers het as wat hy voor die Covid-19-pandemie gehad het, wil hy nog 12 treine aanskaf berig Netwerk 24.
Keith Engel, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting, het gesê die regering staar 'n aansienlike begrotingstekort in die gesig, maar is nie bereid om die een ding te doen wat hy kan om die gaping te vul nie – om sy sukkelende staatsondernemings (SOE's) af te sny.
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se wetsontwerp van 2023, wat wysigings aan die TV-lisensiegeldinvorderingskema voorstel, is deur die Kabinet goedgekeur.
Terwyl die besonderhede van die nuwe wetsontwerp onduidelik bly, is daar sprake van TV-lisensies wat geskrap word en vervang word deur 'n afgesonderde belastingregime wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) geïmplementeer moet word.
Die openbare uitsaaier het in die 2022/2023-boekjaar verliese van meer as R1 miljard gemaak.
Maroela Media berig: VBS-skandaal: Shivambu moet opdok maar Malema nie Die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange kon nie ʼn bevinding maak teen EFF-leier Julius Malema oor die kwessie of hy die gedragskode oortree het rakende die VBS-skandaal nie, maar sy adjunk Floyd Shivambu was egter nie so gelukkig nie.
Die Parlement se Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange kon nie 'n bevinding maak van 'n moontlike oortreding van die etiese kode teen Julius Malema, EFF-leier nie.
Cele skuldig bevind aan die oortreding van etiese kode nadat sy 'shut up' geskree het op misdaadaktivis Ian Cameron.
Die hooggeregshof in Polokwane het die herinstelling van die Demokratiese Alliansie-geleide koalisie by die beleërde Thabazimbi plaaslike munisipaliteit beveel.
Tydens ’n spesiale sitting van die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit einde Augustus is raadslede ingelig dat die name van Graaff-Reinet, Aberdeen, Nieu-Bethesda en Adendorp onderskeidelik na Robert Sobukwe of Fred Hufkie, Camdeboo, Kwa Noheleni en Kwa Mseki Bishop Limba kan verander berig Rapport.
MOONTLIKE HITTEGOLF vanaf Woensdag. Vir Gauteng, dele van Noordwes, die Vrystaat, Limpopo, Mp en KZN
Die departement van minerale bronne en energie het 'n brandstofprysverhoging vir Oktobermaand aangekondig. -Petrol styg met R1,08c en R1,14c per/liter. Diesel styg met R1,96 c/l en R1,93 c/l. Paraffien verhoog met R1,51c/l en R2,2c/l.
Onderwysdepartement ondersoek 'ongewone' leerlinggedrag, kan gekoppel word aan voorvaderlike ontmoetings.
MultiChoice, eienaar van DStv en SuperSport, het aangekondig dat die SAUK sy voorstelle vir sublisensiering van uitsaairegte vir die Krieketwêreldbeker verwerp het.
Oct 2, 2023
Oct 2, 2023
7 min
Cyril Ramaphosa 🇿🇦@CyrilRamaphosa The economy is now larger than it was before the pandemic and the 2 million jobs that were lost have largely been recovered. Yet the combination of global economic instability and the effects of our electricity crisis have meant that our economy continues to grow too slowly and is unable to create jobs at the pace we need.
Dirk Hermann @SolidariDirk Dis nou goeie nuus. Bly die Pres het dit bekend gemaak, want niemand het dit geweet of beleef nie.
Motshekga en ANC wys ware kleure met Bela Die burgerregteorganisasie AfriForum meen dat die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, met haar kommentaar oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet), weer haar en die ANC se ware kleure gewys het. Motshekga het naamlik op 1 Oktober verklaar dat die regering “verby die stadium” is van toegewings maak aan beheerliggame “ter wille van vrede in die land” en dat “’n selfrespekterende regering” nie kan toelaat dat ’n skoolbeheerliggaam voorskryf wat ’n skool se taal- of toelatingsbeleid mag wees nie.
Die Solidariteit Beweging het ’n reeks skerp uitsprake gister deur die voorsitter van die Afrika-subkomitee in die Amerikaanse kongres in Washington DC, verwelkom. John James, ’n swart Republikein van Michigan, het tydens ’n openbare verhoor oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA gesê dat Suid-Afrika onder die ANC-regering in ’n slegte spiraal van korrupsie, staatskaping en toenemende regeringsafhanklikheid verval het en dat daar van die waardes wat in die 1990’s deur die ANC-regering voorgehou is, wegbeweeg is.
Netwerk 24 bergi: Rand Water ‘herlei water’ om tekorte te verlig in metro's Rand Water gaan water tydelik herlei van gebiede met minder waterverbruik na gebiede met watertekorte om die voortslepende waterkrisis in Gauteng te verlig.
Vertroue in Suid-Afrika se vervaardigingsektor het afgeneem te midde van 'n uitdagende ekonomiese omgewing, met kommer oor Suid-Afrika se Q3 BBP-data. Die seisoensaangepaste Absa-aankopebestuurdersindeks (PMI) het van 49,8 punte in Augustus tot 45,4 punte in September gedaal.“Toestandighede in die SA vervaardigingsektor het aan die einde van die derde kwartaal versleg,” het Absa gesê.
SA verbruikers kan vir minstens die volgende ses maande ’n hoender-en-eiertekort verwag. Dit kom omdat supermarkte sukkel om eiervoorraad te behou terwyl SA sy ergste voëlgriep tot nog toe moet trotseer.
Maroela Media berig: VL wil beleid oor private vervaardig van entstowwe pak Intussen droog die voorraad eiers op winkelrakke in sommige gebiede nou heeltemal op en daar is al hoe meer waarskuwings dat die prys van hoendervleis die hoogte kan inskiet.
Bokke tydelik bó in Groep B | Maroela Media Skotland sal nou ʼn barshou teen Ierland in die Stade de France moet speel om Suid-Afrika se kwarteindstrydpartytjie te bederf.
Sep 28, 2023
Sep 28, 2023
8 min
Netwerk 24 berig: Bela: ‘ ’n Ramp vir skole’ Skoolbeheerliggame, opposisiepartye en sommige burgerlike organisasies beskou dit as ’n potensiële ramp. Vir die ANC, EFF en ander organisasies is dit egter ’n noodsaaklike meganisme om diskriminasie teen leerlinge uit te skakel. Dít is kortom die reaksie Woensdag op die goedkeuring van Bela in die portefeuljekomitee oor basiese onderwys.
Solidariteit en AfriForum dreig reeds met hofstappe indien die wetsontwerp in sy huidige vorm deur die parlement aanvaar word.
Die Wes-Kaapse regering se vroeë ramings dui op nagenoeg R1,4 miljard se skade in die landbousektor weens die naweek se sterk winde en swaar reënval.
Die Wes-Kaap wat deur vloede geteister is, doen 'n beroep op Ramaphosa, SANW en Sassa om hulp.
NOP-verslag wys regering het nie teikens gehaal nie berig Maroela Media “Die verslag is ʼn verleentheid vir die regerende party, omdat dit bevestig dat die party, ondanks jare lank aan bewind, eenvoudig onbekwaam was om die lewens van ons mense te verbeter.”
Suid-Afrika gaan alles behalwe een van die 2030-ontwikkelingsteikens mis wat sy Nasionale Beplanningskommissie net meer as 'n dekade gelede gestel het.
Van nege teikens wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan gestel is, wat wissel van indiensneming tot belegging, het vyf maatreëls van hul basislyn versleg, een is onveranderd en drie het verbeter, het die kommissie in 'n 10-jaaroorsig van die vordering van die plan gesê.
Vordering is gesien in die verhoging van die arbeidsmagdeelnamekoers tot 59,4% vanaf 55,4%, wat dit bo die teiken van 56,6% plaas.
AfriForum wen EFF in Konstitusionele Hof: Die interdik is deur AfriForum teen die EFF en Malema verkry om hulle te verhoed om 2017 landwyd onwettige grondgrype te inisieer. Hierdie interdik het Julius Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset. Die hof het ook gelas dat Malema en die EFF AfriForum se koste moet betaal.
SA se gesondheidsdepartement staar R125 miljard se wanpraktykeise in die gesig.
Eskom is vol vertroue dat die terugkeer van drie eenhede van Kusile twee maande voor skedule sal lei tot verminderde beurtkrag hierdie somer, met vlakke wat 'n maksimum van stadium 4 bereik.
Rasseklassifikasie vier – ten spyte van ’n skynbare verbintenis tot nierassigheid en gelykheid – hoogty by Suid-Afrikaanse openbare universiteite. AfriForum Jeug het vandag ’n omvattende verslag oor die stand van nierassigheid aan Suid-Afrikaanse universiteite bekendgestel en onder meer die geweldige omvang en verreikende implikasie van rassebeleide wat tans by dié instellings geld, ontbloot.
Pollard is terug! Bokke verwag nie 'perfekte' terugkeer nie, vertrou losskakel om stadig spoed op te tel.
Sep 26, 2023
Sep 26, 2023
7 min
Vox Weather wys uit: In die geheel is 22 reënvalrekords op een dag oor die Wes-, Noord- en Oos-Kaap gebreek op 24 September.
Netwerk 24 berig: Kaapse storm: 8 Mense (insluitend kinders) skok dood “Minstens agt mense, waaronder vier kinders, het doodgeskok terwyl stormweer oor groot dele van die Kaapstad-metro geheers het.”
Groot dele van die Wes-Kaap is deur swaar reënbuie en stormsterk winde getref wat tot erge oorstromings en padsluitings gelei het.
Waarskuwings van skadelike winde, sterk golwe en ontwrigtende reënval is in plek vir die Oos-Kaap ná wydverspreide reën en oorstromings in die Wes-Kaap oor die langnaweek.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag ’n oranje Vlak 9-waarskuwing uitgereik – ’n aanduiding dat ernstige impak verwag word – vir ontwrigtende reën oor die suidwestelike dele van die Oos-Kaap, asook ’n oranje Vlak 6-waarskuwing (beduidende impak) vir ontwrigtend. reën oor die Nelson Mandelabaai, Kouga, Sondagsriviervallei, Makana, Ndlambe en Ngqushwa munisipaliteite.
Agri SA sê minstens R1 miljard se oeste en vee is vernietig weens brande wat sedert middel Augustus in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo gewoed het.
Netwerk 24 berig: KYK | Sterk wind versprei brand in Limpopo wat huise en veld verswelg Minstens 50 huise het afgebrand en derduisende hektaar veld is verbrand in die verwoestende brand wat die Mabalingwe-wildreservaat en omliggende gebiede buite Bela-Bela in Limpopo sedert Saterdag teister.
Ramaphosa moedig die wêreld aan om klimaatsverandering vinniger aan te pak.
Nasionale Tesourie poog om spanning te verlig en vra vir kalmte te midde van toenemende paniek oor Suid-Afrika se benarde finansiële situasie.
In afsonderlike antwoorde op parlementêre navrae die afgelope week, het minister van finansies, Enoch Godongwana, gesê die nasie moet vasbyt vir die middeltermynbegrotingsbeleidsverklaring (MTBPS) wat op 1 November 2023 aangebied word om die regering se planne te hoor om die situasie aan te pak.
Suid-Afrika het geen ander keuse as om staatsbesteding te besnoei nie, sê Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), – die enigste ander opsie is dat die land in 'n finansiële krisis verval en ineenstorting in die gesig staar.
Padsluitings om te vermy wanneer William Nicol Dinsdag hernoem word.
Portefeuljekomitee aanvaar Bela | Maroela Media “Prosedurele probleme in die aanloop tot vandag se stemming sal ondersoek en waarskynlik voor die hof gebring word.”
Maroela Media berig: Kyk: Wêreldrekord spat ná drie dae van braai Gielie Basson van Calitzdorp het teen Sondagaand 87 uur lank aaneen gebraai.
Sep 22, 2023
Sep 22, 2023
5 min
’n Afsnylaagdrukstelsel sal na verwagting vanaf Saterdagaand (23 September) langs die weskus van Suid-Afrika ontwikkel. Wydverspreide buie en donderbuie kan oor die weste, sentraal en suidelike Suid-Afrika verwag word, veral vanaf Sondag waarsku die Weerburo.
Landboucom berig: Weerdiens waarsku oor swaar reën, vloede die naweek Die Suid-Afrikaanse Weerdiens maan dat ’n sterk laagdrukstelsel die naweek erge donderstorms na ten minste vier provinsies kan bring.’n Sterk laagdrukstelsel gaan van Sondag tot Dinsdag (23 tot 26 September) weerstelsels oor Suid-Afrika beïnvloed soos wat dit van die weste af oor die land beweeg.“Wydverspreide neerslae en donderstorms word oor die Noord-Kaap, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en die suidelike dele van die Vrystaat verwag. Swaar neerslae kan Sondag vloede veroorsaak oor dele van die Wes-Kaap en die Tuinroete, en dié toestande kan Sondag en Maandag ook oor dele van die Oos-Kaap voorkom,” sê Wayne Venter, weervoorspeller.
Baie winderige toestande word van môre af oor bykans die hele Suid-Afrika verwag. ’n Frontale stelsel gaan oor die land beweeg en gevaarlike tot uiters gevaarlike brandtoestande gaan voorkom. ’n Frontale stelsel wat vandag reën en koue na dele van die Wes-Kaap bring, gaan na verwagting van môre af oor Suid-Afrika beweeg en gevaarlike toestande vir veldbrande skep.“ ’n Baie winderige naweek word vir bykans die hele land voorspel, maar die sterkste wind gaan oor die sentrale deel waai. Dit sluit in die Vrystaat, die Oos-Kaap, die ooste van die Noord-Kaap, Noordwes en selfs dele van KwaZulu-Natal waar windsnelhede en rukwinde van tot 60 km/h of meer kan waai,” sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige berig Landboucom in die artikel: ‘Uiters gevaarlike’ brandtoestande dié naweek verwag
Netwerk 24 berig: Planne onderweg vir spesiale bank vir vroue en jeug – Dlamini-Zuma Hulle voel sterk oor die stigting van ’n koöperatiewe bank vir vroue, die jeug en mense met gestremdhede.
Tshwane staar ernstige watertekorte in die gesig aangesien reservoirs kritiek laag raak ná 'n kragonderbreking by Zuikerbosch Waterbehandelingsaanleg.
Beeld berig op sy voorblad Tshwane-koalisie kan wankel met ActionSA wat dreig met dispuut Die koalisieregering in Tshwane kan in gevaar wees weens die voortslepende staking in dié metro, met ActionSA wat dreig om Vrydag ’n dispuut te verklaar as die metroraad weier om met stakers te onderhandel. Cilliers Brink, uitvoerende burgemeester, en sy burgemeesterskomitee het hul rug teen die stakers styfgemaak sedert die staking einde Julie begin het. Hulle weier om salarisverhogings te betaal omdat Tshwane nie geld daarvoor het nie. Die werkers eis twee jaar se salarisverhogings wat die raad sowat R600 miljoen sal kos.Die onwettige staking is deur sporadiese voorvalle van geweld, intimidasie en vandalisme gekenmerk terwyl vullis in Tshwane ophoop.ActionSA meen daar is “groot ontevredenheid met die manier waarop dié kwessie hanteer word”.
Die Bokke speel die naweek teen Ierland met ‘n 7-1 voorspeller bank wat ontleders aan die praat het.
Sep 21, 2023
Sep 21, 2023
6 min
Suid-Afrika se staatsfinansies is in ’n swak toestand, met die regering wat nie sy belastinginvorderingsteikens haal nie en strenger finansiële toestande maak dit moeilik om meer en teen bekostigbare tariewe te leen, het Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gewaarsku berig Bloomberg.
Die regering is nie van plan om besteding aan infrastruktuur en maatskaplike dienste te besnoei nie, het minister van finansies, Enoch Godongwana, Woensdag in die parlement gesê. Godongwana het ook gesê dat die regering se strategie van fiskale konsolidasie op sy eie sal misluk as daar geen ekonomiese groei is nie en dat die Nasionale Tesourie se ekonomiese groeivoorspellings "geloofwaardig" is.
Suid-Afrika se staatsfinansies is in ’n swak toestand, met die regering wat nie sy belastinginvorderingsteikens haal nie en strenger finansiële toestande maak dit moeilik om meer en teen bekostigbare tariewe te leen, het Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gewaarsku.
Verslag wys BTW-verhogings is nóg ’n dwase stap Solidariteit glo die Nasionale Tesourie se voorstel om Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) met tot twee persentasiepunte te verhoog om staatsinkomste aan te vul, is ’n waansinnige idee.
Die Reserwebank sal later vandag sy rentekoersbesluit bekend maak. Dit kom op die rug van verhoogde verbruikersprysinflasiegetalle. Daar is verwagtinge dat die sentrale bank die repo onveranderd sal hou.
AfriForum het ’n amptelike hofaansoek by die Hoogste Hof van Appèl ingedien waarin die organisasie versoek dat waarnemende appèlregter Raylene Keightley van die “Kill the Boer”-saak onttrek word.
Skrapping van Covid-19-kriminele rekords kom waarskynlik ná volgehoue druk deur AfriForum Die Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede wat hierdie week in die Nasionale Vergadering aanvaar is, is ’n reuseoorwinning vir Suid-Afrikaners en die burgerregteorganisasie AfriForum, en is ’n noodsaaklike stap in die proses om persone se kriminele rekords wat tydens die Covid-19-ramptoestand opgelê is, te skrap. Dit volg nadat die organisasie volgehoue druk uitgeoefen het vir die uitwissing van kriminele rekords van individue wat voorheen skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-19-regulasies gedurende die inperkingstydperk.
Maroela Media berig: Ondersoek na drie sterf toe vlootoefening skeefloop Branders het die vloot se duikboot getref en sewe lede is deur die see meegesleur.
Die Minister van Onderwys het belowe dat alle skole teen 29 November 'n biblioteek sal hê - maar daar is geen kans dat die sperdatum gehaal sal word nie.
Stuit die Springbok-agttal, kry ’n teenvoeter vir die sewe voorspelers op die plaasvervangersbank en los die res vir Johnny Sexton. Gert Smal, voormalige Springbok-flank en oud-hulpafrigter van Ierland, voorspel dít sal Saterdagaand in Parys min of meer die Iere se eenvoudige modus operandi teen Suid-Afrika wees berig Netwerk 24
Sep 20, 2023
Sep 20, 2023
9 min
President Ramaphosa sê in VN-toespraak dat SA konsekwent dialoog en diplomasie voorgestaan het om oorlog in die Oekraïne te beëindig
Toe president Cyril Ramaphosa die Oekraïense president Volodymyr Zelensky op die kantlyn van die VN se 78ste Algemene Vergadering in New York ontmoet het, het Zelensky vir hom gesê dat die Afrika-vredesinisiatief wat in Junie onderneem is, begin vrugte afwerp.
Na 'n gespanne paar maande met die wêreld se grootste ekonomie, probeer president Cyril Ramaphosa om verdere Amerikaanse belegging in Suid-Afrika te bring.
Ramaphosa vaar uit oor oorlog en hulp vir Afrika berig Maroela Media: “Dit is ʼn ernstige aanklag teen die internasionale gemeenskap dat ons soveel aan oorlog kan bestee, maar ons kan nie aksies ondersteun wat geneem moet word om in die mees basiese behoeftes van miljarde mense te voorsien nie.”
Netwerk 24 berig: Solidariteit in VSA: ‘Behou SA in Agoa, neem standpunt in teen regering’
“Hy vra nie net dat Suid-Afrika deel van die voordelige Agoa-handelsooreenkoms moet bly nie, maar ook dat die VSA hom uitspreek teen die besluite van die Suid-Afrikaanse regering.
So sê die Solidariteit Beweging met sy aankoms in die Amerikaanse hoofstad, Washington, DC, waar hy samesprekings voer oor Suid-Afrika se insluiting by die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa).”
Die opsie is nie 'n alternatief vir die besluit om die bedingingsraadsbesluit op hersiening te neem nie, sê die uitvoerende burgemeester, Cilliers Brink. Die Stad Tshwane het pogings van die Gautengse regering om te bemiddel in die onwettige nywerheidsoptrede deur die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) wat byna twee maande gesloer het, verwerp.
Ten spyte daarvan dat water in sommige dele van Johannesburg nie by die krane uitkom nie, hou Rand Water vol hy kan die hulpbron aan verbruikers verskaf. Die afgelope week het gebiede in Johannesburg lae waterdruk of geen water ervaar soos die somermaande nader kom. ’n Gesamentlike verklaring Sondag deur Rand Water en Johannesburg Water het hoë verbruik vir die waterkwessies geblameer.
Die Nasionale Vergadering het 'n wetsontwerp goedgekeur wat kriminele rekords sal uitwis van mense wat skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-19-regulasies tydens die implementering van die inperkingsregulasies. Die polisie het teen 2021 meer as 400 000 mense gearresteer vir die oortreding van inperkingsregulasies.
Jaarlikse verbruikersprysinflasie het effens opgetel tot 4,8% in Augustus van 4,7% in Julie – die eerste styging in vier maande.
Na baie maande van groot stygings het sommige voedselpryse begin daal, maar dit was nie genoeg om 'n styging in brandstofpryse en verhogings in munisipale tariewe teë te werk nie, het Statistieke SA berig.
Namate die volgende koue front Suid-Afrika nader en reën oor dele van die Wes-Kaap veroorsaak, dui weermodelle aan dat koue fronte tot die derde week van Oktober nog gereeld kan voorkom. September 2023 was oor die suidelike dele van Suid-Afrika kouer as vorige jare. Die gereelde voorkoms van koue fronte die afgelope paar weke het daartoe bygedra dat baie lae temperature en ryp voorgekom het met skade wat onder meer op wintergrane en vrugte in veral die Benede-Oranjerivier aangemeld is berig Landboucom
Sep 19, 2023
Sep 19, 2023
7 min
Na 'n gespanne paar maande met die wêreld se grootste ekonomie, probeer president Cyril Ramaphosa om verdere Amerikaanse belegging in Suid-Afrika te bring.
Jaco Kleynhans skryf: Die Solidariteit Beweging se besoek aan die VSA skop af met duidelike boodskap: 1) Suid-Afrika is in die moeilikheid en dit is die regering en nie die burgers van SA se skuld 2) Straf die regering, nie die burgers en 3) Help versterk die burgerlike samelewing -ons het oplossings!
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê 95% van begunstigdes het hul geld ontvang.
Die DA het 'n dringende klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien oor die mislukking van die betaling van maatskaplike toelaes.
Meer as 600 000 maatskaplike toelae-begunstigdes het verlede week nie hul geld gekry nie weens 'n Postbank tegniese fout.
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Maandag 18 September gesê 95% van begunstigdes het hul geld ontvang. Sy het erken dat die oorblywende 5% steeds 'n groot bekommernis is.
Die ANC gaan voort met litigasie om sy kaderontplooiingskomitee-rekords weg te steek vanaf die tyd toe president Cyril Ramaphosa sy voorsitter was en staatskaping op sy hoogtepunt was. Die party is nou op pad na die konstitusionele hof.
’n Lonende multimiljoenrandkontrak om eksamenskryfbehoeftes aan die departement van hoër onderwys te voorsien, is aan die swaer van dié departement se politieke hoof, dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, toegeken. Netwerk24 kan onthul dat ’n maatskappy waarvan Muzi Ntombela, die swaer van Nzimande, die enigste direkteur is, dié tender van meer as R38 miljoen in 2021 losgeslaan het.
Beeld berig op sy voorblad: Phalaborwa: Brand ’n tragedie wat voorkom kon word Daar was volgens Wilson Saterdag glo probleme met die beskikbaarheid van brandweervoertuie in Phalaborwa. Daarby het die jare lange watertekorte bygedra tot uiters lae waterdruk.“Die oop velde en parke in die dorp is oorgroei met lang gras en word nie in stand gehou nie,” het Wilson gesê.
Die SAID en die Valke span saam om hierdie belastingontduikers op te spoor.
Die AA sê die huidige data dui op 'n verhoging in petrol van sowat R1,20/l en 'n verhoging in die groothandelprys van diesel met soveel as R2/l. Verligtingsparaffien is ook ingestel vir nog 'n toename met die data wat 'n onderverhaling van R1,84/l toon.
Olie het tot 'n 10-maande-hoogtepunt gestyg, aangesien die fisiese mark nuwe tekens van beklemming getoon het, aangedryf deur aanbodbesnoeiings van OPEC+ leiers.Wêreldwye maatstaf Brent het vir die eerste keer sedert November $95 per vat bereik, wat vir 'n vierde agtereenvolgende dag vorder berig Bloomberg.
Suid-Afrika is op koers om ’n somber nuwe beurtkragrekord te behaal: teen middel Oktober sou die land dubbel die tyd sonder krag gewees het as in 2022.
Elon Musk sê dat Twitter/X 'n oorskakeling na 'n betaalde model oorweeg om “bot-leërs” wat haatspraak op die gewilde sosiale media-platform versprei, hok te slaan.









