Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Tuesday Mar 14, 2023

Die landwye EFF betoging van Maandag 20 Maart gaan voort met Julius Sello Malema wat tweet: “The enemy is trembling, don't be scared fellow fighters. #Azikhwelwa #Kubo”.
Die woord #NationalShutdown trent 1ste op Twitter in SA (14:00).
Die EFF het besighede gewaarsku om hul deure volgende Maandag te sluit of die risiko te loop om geplunder te word. Die opposisieparty beplan die "moeder van alle afsluitings" later hierdie maand en vra dat president Cyril Ramaphosa moet bedank. In 'n video wat aanlyn sirkuleer, kan gehoor word hoe EFF-lede die afskakeling oor 'n luidspreker aankondig.
Die Stad Kaapstad het hom reeds tot die hof gewend in ʼn poging om deelnemers aan die beoogde EFF-staking te dwing om hulle te gedra berig Maroela Media.
Die Nehawu staking betree dag 9.
Mike Shingange, president van NEHAWU, sê die loonstaking in die openbare sektor duur voort ondanks 'n hofinterdik. "Dit is nie 'n staking van die departement van gesondheid nie, maar 'n staatsdiens een."
DA soek dringend regsadvies oor Tshwane-stemtelling-debakel nadat die DA se stemme nie getel is deur die OVK in die stemming vir speaker in die Tshwane metro.
#ThePeoplesMarch van die ANC is op Vrydag 17 Maart waar hul betoog teen die DA koalisie in Tshwane.
Eskom-vloot- en steenkoolvloot-energiebeskikbaarheidsfaktore (EBV) tot week 9, 2023. YTD EAF vir die hele vloot is 52%. Die steenkoolvloot EAF YTD is 45,64%, en die kapasiteitsfaktor is 45,2%. Dit beteken dat alle beskikbare steenkooleenhede teen byna 100% benut word.
Marge so laag soos 5% staan tussen jou en ineenstorting van kragnetwerk. Opwekkingsvermoë van minder as 2 200 MW – en so laag soos 1 318 MW – staan tussen Suid-Afrika en ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk berig Netwerk 24.
Die staat het versuim om ’n hofbevel na te kom om sy antwoordende eedsverklaring teen 10 Maart in te dien en daarom word die hofaansoek teen die ramptoestand vir die kragkrisis vertraag. Solidariteit was Dinsdag gereed om met dié hofaansoek te begin, maar het ter elfder ure bevestiging gekry dat die staat nié sy eedsverklaring en ander hofdokumente gereed het nie berig Netwerk 24.
Freddy is in sy 38ste dag. Die twee modelle — ECMWF Ensemble én COAMPS Tropiese Sikloonmodel — suggereer dat Freddy 'n beduidende kans staan om oor land te sterf, maar steeds met 'n see-toe wieg binne die ECMWF volgens LandWater.
Malawi verklaar 'n ramptoestand namate sikloondodetal styg berig Bloomberg.
Meer as 100 sterf toe sikloon Freddy Malawi en Mosambiek tref volgens Reuters.

Monday Mar 13, 2023

Die Nehawu staking betree dag 8.
Die ervare onafhanklike arbiter John Brand wys die volgende uit: “Die staking in 'n noodsaaklike diens is en sal altyd onwettig wees. Die wet voorsien verpligte arbitrasie as die universeel aanvaarde alternatief vir stakings in noodsaaklike dienste, maar, skandelik, gee nie werkgewers of vakbonde die minste ag hieraan in Suid-Afrika nie.”
Die Arbeidshof het beslis dat alle stakingsaksies of enige ander vorm van optrede deur Nehawu, sy lede en werknemers met onmiddellike effek verbied word. Nehawu en alle noodsaaklike dienswerknemers word aan bande gelê en verhinder om met die staking voort te gaan.
Dodetal styg maar onbekend aan die minister van Gesondheid.
Die SA Polisie-unie gaan by die Nehawu-staking aansluit aangesien dit vir 'n tweede week voortduur vanaf 16 Maart. Die massa-aksie sal heel waarskynlik dienste by howe, hospitale en regeringskantore raak. Let daarop dat net siviele polisie werkers mag deelneem aan die staking en dat geen polisielid mag staak omdat hul deel uitmaak van noodsaaklike dienswerknemers. Saak CCT 89/10 in 2011 in die  Konstitusionele Hof het dit beslis.
Nehawu gaan staking teen ‘arrogante’ regering verskerp berig Maroela Media.
Die hoofstorie op Beeld se voorblad was: Nehawu: Hospitaalstaking van Maandag af ‘soos oorlog’. Dirk Hermann tweet: “Nehawu: “Dis oorlog, siek mense gaan doodgaan. Dis die opoffering wat ons bereid is om te maak.””
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het militêre gesondheidswerkers van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste (SAMHS) na hospitale ontplooi weens die vakbond Nehawu se landwye staking berig Netwerk 24.
Die Phala Phala-meulsteen rondom pres. Cyril Ramaphosa se nek is veel ligter nadat die waarnemende openbare beskermer (OB) hom in ’n voorlopige verslag van blaam onthef het berig Rapport op hul voorblad. Die storie was Sondag op die voorblad van Rapport, City Press, Sunday Times en The Sunday Independent nadat die voorlopige verslag uitgelek het.
Die DA het ‘n betoging vanoggend gehou buite die ministeriële kompleks  in Pretoria waar alle kabinetslede woon. Die dorpie is geïsoleer van beurtkrag en ministers kry 'n vaste hoeveelheid gratis water en elektrisiteit.
Die parlement het gewaarsku dat aansporing vir huishoudings munisipaliteite van die meeste van hul betalende kliënte kan stroop. As die regering se sonbelastingaansporing vir huishoudings goed werk, kan dit munisipaliteite van die meeste van hul betalende kliënte stroop, wat bydra tot die skade wat die kragkrisis aan hul inkomste aanrig, het die SA Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) die parlement gewaarsku.
Teen die einde van Desember 2022 het die totale skuld wat sowat 100 munisipaliteite aan Eskom verskuldig is, altesaam R56,3 miljard beloop. Net 15 maande tevore, aan die einde van September 2021, was totale munisipale skuld aan Eskom R40,9 miljard.
Die gemoedere het Maandagoggend weer hoog geloop in ’n spesiale sitting van die Tshwane-metroraad vir die verkiesing van ’n speaker. Dit het daartoe gelei dat Johann Mettler, stadsbestuurder, die sitting vir twee uur moes verdaag voordat dinge dalk handuit kon ruk berig Netwerk 24.
Sikloon Freddy is in sy 37ste dag. LandWater noem dat: . Hy sal aanhou om massas reën neer te sit. Météo-France se jongste modellering voorsien 'n groter omdraai-boog dieper noordwes én dieper in Malawi.

Friday Mar 10, 2023

Die Nehawu staking betree dag 5.
Video op sosiale media van vroulike dokter wat deur stakende hospitaalpersoneel hardhandig hanteer is, skynbaar omdat sy video's van hulle geneem het. Hulpeloos en omring deur aggressiewe stakers.  Video op skakel van tweet https://twitter.com/k9_reaper/status/1634086829098975233?s=20 
Die South African National Democratic Teachers’ Union (Sadtu) is woedend oor sy stakende sustervakbond, die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), wat hom beskuldig van “boelie” en “boewery” te midde van gewelddadige loonbetogings.
Ramaphosa: Onteieningswet nodig om massas se ‘honger na grond’ te stil berig Maroela Media.
Dit is baie onwaarskynlik dat beurtkrag in die afsienbare toekoms sal eindig en daar is ’n goeie kans dat Suid-Afrika vanjaar fase 8-beurtkrag gaan beleef, is die mening van me. Monique le Roux, senior navorser by die WNNR en ook ’n lid van die regering se eniegie-advieskomitee berig Landboucom van Graan SA se kongres af.
Die nuut aangestelde minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, glo die regering sal ambisieus wees in sy planne om beurtkrag te stop, maar hy is nog nie gereed om te sê wanneer dit na verwagting sal gebeur nie. Vroeër die week het hy gepraat van 18 maande.
Die nuut-aangestelde minister in die presidensie vir elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, se aktiwiteite behoort met groot omsigtigheid dopgehou te word, in die lig van ‘n reuse tenderskandaal waarby hy betrokke was in sy tyd as burgermeester van die Tshwane-munisipaliteit, wat belastingbetalers miljarde gekos het waarsku Sakeliga.
Die land se eerste minister van elektrisiteit Kgosientso ‘Sputla’ Ramakgoba is met ’n horlosie van meer as R4 miljoen opgemerk volgens The South-African wat foto’s wys van die horlosie.
Vier kontrakelektrisiëns is Maandag in Ekurhuleni dood. Die voorval het in Cruywagenpark gebeur toe die elektrisiëns ontbied is om werk vir die metro te doen.
Murunwa Makwarela is weer burgemeester van Tshwane. Luister na die potgooi Môre Môre Murunwa Makwarela... 'n Eerbare burgemeester of 'n vals profeet? Oor vrae oor die egtheid van die dokument wat        Murunwa Makwarela ingedien het dat hy finansieel gerehabiliteer is.
Johannesburg Metro gooi handdoek in met slaggate. Die Johannesburg slaggate is vir ‘n 2de dag op die voorblad van Beeld. Dit gaan R37 miljard kos om die metro se paaie infrastruktuur te verbeter. Dit pla die Metro ook nie meer om dit te herstel volgens Kenny Kunene, burgemeesterskomiteelid vir vervoer.
Voor sy beplande nasionale stilstand op 20 Maart, het die EFF alle klein besighede en fabrieke gewaarsku om op die dag te sluit of die risiko loop om geplunder te word.
Daar is 727 gevalle van masels in SA in agt provinsies.
LandWater waarsku oor sikloon Freddy wat Mosambiek vanaand of Saterdag oggend tref: “Cahora Bassa se transmissielyne na Suid-Afrika gaan waarskynlik baie swaar geteiken word. Enige ernstige skade mag Eskom dus dwing om fase 8 se beurtkrag.”

Friday Mar 10, 2023

Die Johannesburg slaggate is vir ‘n 2de dag op die voorblad van Beeld. Dit gaan R37 miljard kos om die metro se paaie infrastruktuur te verbeter. Dit pla die Metro ook nie meer om dit te herstel volgens Kenny Kunene, burgemeesterskomiteelid vir vervoer.
Die Nehawu staking betree dag 5.

Thursday Mar 09, 2023

Die Gautengse departement van gesondheid het 'n hofinterdik teen lede van die Nehawu bekom om te keer dat hulle gesondheidsdienste in die provinsie belemmer.
Hulle sal dit nooit kry nie' - Nehawu se staking op soek na 10% verhoog 'suiwer dwaasheid' volgens Andrew Levy ‘n arbeid spesialis.
Vier mense is dood te midde van voortdurende betogings deur lede van Nehawu, het Joe Phaahla, minister van gesondheid, Donderdagoggend gesê.
Die ANC sê hy finaliseer regstappe teen die voormalige Eskom CEO nadat die ANC daarvan beskuldig het dat die party voordeel trek uit plundering by Eskom.
Karpowership is nie welkom in Saldanha hawe nie berig Business Day. Die departement van bosbou, visserye en die omgewing het aan beide Karpowership SA en Triplo4, die maatskappy wat namens hom verantwoordelik is vir die omgewingsimpakstudie (OIB)-verslag, geskryf en hulle ingelig oor sy besluit om hul aansoek op te skort ná 'n klagte oor vermoedelike nie-nakoming deur ecojustice-groep The Green Connection.
Johannesburg se nuwe vervoerbaas sê om slaggate reg te maak (Johannesburg) het enige tyd meer as 40 000 en hulle word groter) is soos 'n aap wat by 'n kraan staan en 'n emmer vol gate vul. Die stad benodig R37 miljard vir 'n volledige heropbou.
Beeld berig vanoggend op hul voorblad: “Dis onwettig vir inwoners om self slaggate in die stad se strate op te vul en reg te maak en mense wat dit doen, kan in tamatiestraat beland. Nee, dis nie ’n grap nie – die Johannesburgse Padagentskap (JPA) het self dié waarskuwing gerig.”
Murunwa Makwarela is onmiddellik van krag as burgemeester van Tshwane heraangestel nadat hy dokumente verskaf het dat hy ná sekwestrasie gerehabiliteer is berig Netwerk 24.
Geen nuwe polisiekwekelinge is tussen 2020 en 2021 gewerf nie en die SAPD het tussen 2020 en 2022 altesaam 11 178 lede verloor berig Maroela Media.
Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se bod om Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die SA Federasie van Vakbonde (Saftu), van die stuur van die federasie te verwyder, is nog lank nie verby nie, want die vakbond beplan nou om 'n nuwe reëlboek te gebruik om te verseker dat hy verwyder word berig City Press.
Petisie waarin gevra word dat Bheki Cele afgedank word as minister van polisie, kry steun.
Suid-Afrika het in 2022 vir die eerste keer in drie jaar 'n tekort op die lopende rekening getoon namate invoer toegeneem het en kragtekorte en logistiek—netwerkbeperkings het uitvoere aan bande gelê, wat die land se kwesbaarheid vir eksterne skokke verhoog het.
S&P sny onverwags vooruitsigte op Suid-Afrika se rommel-gegradeerde skuld.
LandWater skryf: Freddy is nou in sy 33ste dag.  Die landing naby Quelimane Mosambiek  begin nou sterker vas te maak = Vrydag-Saterdag (waarskynlik Vrydagmiddag-aand).

Thursday Mar 09, 2023

Beeld berig op hul voorblad onder die opskrif: “Gauten” dat: Dis onwettig vir inwoners om self slaggate in die stad se strate op te vul en reg te maak en mense wat dit doen, kan in tamatiestraat beland.
Nee, dis nie ’n grap nie – die Johannesburgse Padagentskap (JPA) het self dié waarskuwing gerig.
Morné Mostert, AfriForum se hoof van gemeenskapsontwikkeling en bestuur, sê dit gaan sy verstand te bowe dat munisipaliteite mense wil aankla as hulle optree om hul gemeenskappe te verbeter.
“Die munisipaliteit doen nie sy werk nie. Nou doen gemeenskappe dit en dit is ’n probleem vir hulle. Dit is verskriklik om te sien.

Wednesday Mar 08, 2023

        HeraldLIVE  berig:  Terwyl die slagoffers van die gesondheidsorgwerkers se protes toeneem, sê die stakers “Ons gee nie om nie' as hospitaalpasiënte sterf”.
 
    Betogers buite Generaal Justice Gizenga Mpanza-streekhospitaal in Stanger, KwaZulu-Natal, het 'n privaat ambulans met 'n kind in 'n kritieke toestand aangeval berig News 24.
 
Te midde van 'n lewenskoste-styging en 'n groot begrotingstekort, eis Nehawu-lede 'n 10%-salarisverhoging. Die staat bied 4.7% aan.
 
 In die Oos-Kaap is kraamdienste by die Dora Nginza-hospitaal in die gedrang geplaas aangesien slegs een verpleegster beskikbaar was om verloskundiges te help wat twee 24-uur-teaters by die hospitaal bedryf waar 800 aflewerings per maand gedoen word berig  Daily Maverick.
 
  Die land se nuwe minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê hy is vol vertroue dat beurtkrag binnekort iets van die verlede sal wees berig  Jacaranda FM
 
  Beurtkrag nie in volgende 18 maande opgelos – Ramokgopa berig Netwerk 24: “Ek is meer as vol vertroue dat ons beurtkrag sal kan oplos," sê dr. Kgosientsho Ramokgopa, die nuwe minister van elektrisiteit.
 
  President Cyril Ramaphosa het lojaliteit bo bevoegdheid gekies, en het 'n blinde oog gedraai vir die Zondo-kommissie se bevindings toe hy sy kabinet geskuif het. Gwede Mantashe, Enoch Godongwana, Mmamoloko Kubayi, Zizi Kodwa, Sisisi Tolashe, Pinky Kekana en Maropene Ramokgopa was van die voetsoldate wat die aansienlike Nasrec-eksposentrum deurkruis het om afgevaardigdes tydens die ANC se verkiesingskonferensie in Desember te betrek berig News 24.
 
   Ramaphosa is nie ʼn leier nie.  Daarom laat hy ʼn hele land ly, eerder as om te lei skryf Flip Buys in ‘n Maroela Media ontleding.
 
     Die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) het Woensdag besluit om André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, te nooi om voor hom te verskyn vanweë sy opspraakwekkende beweringe oor korrupsie by die kragverskaffer berig Netwerk 24.
 
          Karpowership-appèl misluk, verdiep Suid-Afrika se kragkrisis berig Bloomberg.
 
   Israel se ambassade in SA afgradeer berig Maroela Media.
 
Die Rand bereik 4 maande laagtepunt aangesien SA se ekonomie onderpresteer en Fed-voorsitter Jerome Powell se valse kommentaar demp sentiment. Die BBP het in die vierde kwartaal van 2022 met 1,3% gekrimp, onder die markverwagtinge van 'n 0,4%-daling, as gevolg van aanhoudende beurtkrag, sê Stats SA-data. Die rand het met meer as 2% gedaal en in die vorige sessie op R18,62/$ gesluit Dinsdag.
 
      Die sakevertroue het in die eerste kwartaal van 2023 tot 36 punte gedaal, van 38 in die vierde kwartaal, sê Rand Aksepbank (RMB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BER), wat die opname tussen 8 en 27 Februarie gedoen het berig Business Day.
 
    Sikloon Freddy reeds rekord 32 dae aan die gang.  Sikloon #Freddy het nou die meeste opgehoopte sikloonenergie (ACE) deur 'n enkele storm wêreldwyd gegenereer sedert Ioke (2006). ACE is 'n geïntegreerde metrieke rekeningkunde vir stormfrekwensie en -duur.
 
 Freddy mik om ~Vrydag-Saterdag in Mosambiek te land. Sou die reis wes plaasvind sal sy invloed in die week van 13 Maart na Zimbabwe (moontlik al Sondag) → Zambië/Botswana → Angola/Namibië spoel volgens LandWater

Wednesday Mar 08, 2023

Die storie van The Citizen het die oog gevang : EFF’s ‘National Day of Action’ shutdown likely to be a flop
Though there is widespread unhappiness, experts believe the EFF and Saftu simply don't have enough clout to make any significant impact.
Dan die een op Bloomberg: Karpowership Appeal Fails, Deepening South Africa Power Crisis
Appeal on Coega rejected, two more applications to be decided
Saldanha appeal has been challenged in fresh legal complaint

Tuesday Mar 07, 2023

President Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet het meer ministers as die wêreld se grootste en rykste lande, insluitend die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Verenigde Koninkryk.
 
Ramaphosa het Maandag ’n kabinetskommeling aangekondig en baie mense verras deur twee nuwe ministers aan te kondig.
 
Die minister van elektrisiteit om die onmiddellike krisis van beurtkrag te hanteer.
 
Die minister vir beplanning, monitering en evaluering om groter aandag te vestig op die prestasie van die regering.
 
Dit vergroot Ramaphosa se nuwe kabinet tot dertig ministeries wat dit een van die grootstes ter wêreld maak.
 
President Cyril Ramaphosa het sy amp versterk met bondgenote toe hy aangekondig het wat beskryf word as 'n opgeblase presidensie wat bestaan uit vier ministers en vier adjunkministers.
 
Cyril Ramaphosa kom sy belastingverpligtinge na, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). In wat deur die SAID as ’n “buitengewone stap” bestempel is, het hy Dinsdag ’n verklaring oor Ramaphosa en twee ondernemings se belastingsake uitgereik volgens Netwerk 24.
 
Die naweek het president Ramaphosa ‘n beesveiling op Phala Phala gehou. Landboucom berig: “Die omset van die Ankole-veiling was net meer as R5 miljoen. Die omset van die Boran-veiling was ook net meer as R5 miljoen. Al die diere wat aangebied is, is op die veiling verkoop.”
 
Fase 4 en 5 beurtkrag geld tot verdere kennisgewing.
 
Suid-Afrikaanse ekonomie vaar swakker as wat verwag is en het in die vierde kwartaal met 1,3% gekrimp.
 
Murunwa Makwarela, burgemeester van Tshwane, is deur die stadsbestuurder Johann Mettler afgedank.
 
ʼn Groep Zimbabwiese boere wat sedert 2000 van hul plase afgegooi is, het besluit om nie net hul lot te aanvaar nie, maar ʼn wetlike proses aan die gang te sit om reg te laat geskied berig Maroela Media.
 
Patrice Motsepe se advies hoe Transnet en Eskom reggeruk kan word bestaan uit 3 stappe naamlik 1. Stel persone met beste vaardighede aan. 2. Betaal hul goed. 3. Geen korrupsie moet geduld word nie.
 
Remigrasie in die kollig | Maroela Media deur Alana Bailey. Op 6 Maart 2003, dus twintig jaar gelede, het Solidariteit en die destydse Maatskappy vir Immigrasie die Kom Huistoe-Veldtog bekendgestel. Die doel was om Suid-Afrikaners wat geëmigreer het, maar wou terugkeer, met betroubare advies by te staan. (Terloops, hierdie samewerkingspoging het aanleiding gegee tot die totstandkoming van AfriForum twee jaar later).
 
Kleinskaalvissers word uitgebuit in Suid-Afrika kyk na die Kaapse Forum dokumentêr  Tussen die duiwel en die diep, blou see
 
Sikloon Freddy reeds 31 dae aan die gang. Meteoroloë beskryf hierdie onverwagte draai van ’n tropiese sikloon as “’n rare verskynsel” berig Maroela Media.
 
Die sikloon Freddy se beweging in en aangrensend aan die Mosambiekkanaal kan die volgende 10 dae min tropiese vog oor Suid-Afrika laat afbeweeg berig Landboucom

Tuesday Mar 07, 2023

Die potgooi kyk hoe het die media en spesifiek die koerante reageer met hul voorblaaie om die nuus van die nuwe kabinet wat 20H30 op ‘n Maandagaand aangekondig is aan hul lesers te bring.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125