Episodes
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Selfbestuur: AfriForum stel dokumentêr oor gemeenskapsfederalisme bekend.
Ernst van Zyl, die regisseur van die dokumentêr, sê dat Afrikaners die moed bymekaar moet skraap om hul toekoms en lot in hul eie hande te neem. “Ons kom vanuit ’n erfenis van pioniers, ons pad is staatsbestandheid en ons is op pad na vryheid. Gemeenskapsfederalisme is die voertuig waarmee ons op hierdie pad ry.
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Federalismekonferensie 2023
Deel 1 Frik van Dreyer Opening
Deel 2 Kallie Kriel 7 been strategie van gemeenskap federalisme
Deel 3 Ernst Roets. Geen ander keuse
Deel 4 Heindrich Wyngaard – Opstaan en afstof: Federalisme in bruin gemeenskappe
Deel 5. Paneelbespreking Alida Kok Monica Mynhardt en Ernst Van Zyl
Deel 6. Paneelbespreking Prof Musa Xulu Prinses Bhelekazi Mabandla en Barend Uys
Deel 7. Joost Strydom Vryheidsgedagtes uit Orania
Deel 8 Flip Buys – Die pad na federalisme
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Presidensie verwerp Gautengse premier se versoek vir AKA staatsbegrafnis.
Die woord #AKAMemorial trent 1ste op Twitter in SA (11:00) #RIPakaworldwide trent ook.
Spaar ons ‘n Senzo fiasko het die familie van Tebello 'Tibz' Motsoane gevra wat saam met AKA vermoor is.
Die Rand het Vrydagoggend (17 Februarie) teen R18,22 teenoor die dollar verhandel nadat dit vroeër die week oor die R18-tot-dollar-merk gebreek en gevestig het.
3 000 mense is net tussen Oktober en Desember verlede jaar met vuurwapens in Suid-Afrika vermoor. Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydagoggend met LP’s in die portefeuljekomitee oor polisie gepraat waartydens hy en genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke vir die betrokke tydperk voorlopig aan LP’s uitgereik het berig Netwerk 24.
Die Solidariteit Helpende hand het gisteraand hulle nuwe Opleidings instituut afgeskop met die opening van hul pragtige nuwe sentrum naby Menlyn in Pretoria. Die eerste groep van 30 Versorgers wat daar opgelei word het ook hierdie week begin.
Verdere reën sal vandag val op gedeeltes van Suid-Afrika waar swaar reënbuie die afgelope week uitgesak het en die grond reeds versadig is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën wat plek-plek tot vloede kan lei in die noordwestelike gedeeltes van die westelike Bosveld en Laeveld in Limpopo, asook die suide en weste van Mpumalanga berig Landboucom
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 8 Flip Buys – Die pad na federalisme
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 7. Joost Strydom Vryheidsgedagtes uit Orania
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 6. Paneelbespreking Prof Musa Xulu Prinses Bhelekazi Mabandla en Barend Uys.
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 5. Paneelbespreking Alida Kok Monica Mynhardt en Ernst Van Zyl.
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 4 Heindrich Wyngaard – Opstaan en afstof: Federalisme in bruin gemeenskappe.
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023. Deel 3 Ernst Roets. Geen ander keuse
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 2 Kallie Kriel 7 been strategie van gemeenskap federalisme.
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Friday Feb 17, 2023
Friday Feb 17, 2023
Federalismekonferensie 2023 Deel 1 Frik van Dreyer Opening.
Die volledige Federalismekonferensie 2023 op You Tube
Kyk ook: Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | Dokumentêr
Wednesday Feb 15, 2023
Wednesday Feb 15, 2023
Die joernalis Stephen Grootes tweet: President Cyril Ramaphosa het 'n nuwe minister van elektrisiteit belowe, terwyl David Mabuza as Adjunkpresident wil bedank. Hoekom het die president nog nie opgetree nie?
Stephen Grootes skryf ook in die artikel: In die oplossing van Eskom se bedreiging vir SA se toekoms is tyd nie aan Ramaphosa se kant nie - hy moet nou optree: En tog, ses dae sedert daardie aankondiging, is geen regulasies onder die ramptoestand gepubliseer nie.Met ander woorde, ten spyte van hierdie aankondiging, het niks verander aangaande Eskom, die netwerk- of energiebeleid sedert die oomblik dat Ramaphosa sy staatsrede begin lees het nie. Ten spyte van die woorde wat in sy toespraak geuiter is, het sy regering niks gedoen nie.
Dit is nie meer 'n krisis nie, maar 'n noodgeval, sê Kgosientso Ramokgopa, wat 'n voorkeurkandidaat vir die minister van elektrisiteit of Eskom se uitvoerende hoof is.
Aanhoudende donderbuie het verwoesting gesaai, met 14 sterftes weens huise onder water, en voertuie meegesleur.
Regskenners het min hoop dat die pas afgekondigde ramptoestand oor die kragkrisis ʼn regsgeding sal kan deurstaan. Dit is omdat bestaande wetgewing reeds voorsiening maak vir dít wat die regering met die ramptoestand wil bereik berig Maroela Media
Swaar reën word steeds verwag in die volgende week in die noorde van die Limpopo Verskeie oranje en geel vlak waarskuwings uitgereik deur die Weerburo vir Gauteng en die Oos-Kaap.
Oorstromingsramp – sien kaart van alle distrikte wat regoor Suid-Afrika geraak word. Daar was reeds 14 sterftes met die vloede berig die SAUK.
Agri-SA het die afkondiging van 'n ramptoestand verwelkom om die skade aan te spreek wat deur vloede in die sewe van die nege land se provinsies veroorsaak is.
Landbou ly skade weens beurtkrag maar ook die weersomstandighede.
Boere wat teen einde verlede jaar té laat somergewasse geplant het, kry nou waarskynlik die swaarste nadat erge stormweer oor dele van KwaZulu-Natal uitgesak en vloede wyd oor die provinsie voorgekom het berig Landboucom.
Inflasie het gedaal na 6.9% maar voedselinflasie staan op 13.4% die hoogste sedert April 2009.
SA Toerisme het Dinsdag gesê hy gaan voort met die omstrede byna R1 miljard Tottenham Hotspur-borgskapvoorstel.
Petrol 93 oktaan se verhoging van 126 sent per liter vir Maart volgens jongste syfers.
AfriForum Jeug het ingetree om ’n lid van die kampusstudenteraad (KSR) van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom (Puk) met regshulp by te staan nadat sy uit haar amp verwyder is. Die jeugorganisasie beskou dit as ’n poging deur die universiteit om rasse-uitsluiting toe te smeer en die illusie te skep dat hulle wel daadwerklike aksie geneem het.









