Episodes
Wednesday Feb 15, 2023
Wednesday Feb 15, 2023
Die joernalis Stephen Grootes tweet: President Cyril Ramaphosa het 'n nuwe minister van elektrisiteit belowe, terwyl David Mabuza as Adjunkpresident wil bedank. Hoekom het die president nog nie opgetree nie?
Stephen Grootes skryf ook in die artikel: In die oplossing van Eskom se bedreiging vir SA se toekoms is tyd nie aan Ramaphosa se kant nie - hy moet nou optree: En tog, ses dae sedert daardie aankondiging, is geen regulasies onder die ramptoestand gepubliseer nie.Met ander woorde, ten spyte van hierdie aankondiging, het niks verander aangaande Eskom, die netwerk- of energiebeleid sedert die oomblik dat Ramaphosa sy staatsrede begin lees het nie. Ten spyte van die woorde wat in sy toespraak geuiter is, het sy regering niks gedoen nie.
Dit is nie meer 'n krisis nie, maar 'n noodgeval, sê Kgosientso Ramokgopa, wat 'n voorkeurkandidaat vir die minister van elektrisiteit of Eskom se uitvoerende hoof is.
Aanhoudende donderbuie het verwoesting gesaai, met 14 sterftes weens huise onder water, en voertuie meegesleur.
Regskenners het min hoop dat die pas afgekondigde ramptoestand oor die kragkrisis ʼn regsgeding sal kan deurstaan. Dit is omdat bestaande wetgewing reeds voorsiening maak vir dít wat die regering met die ramptoestand wil bereik berig Maroela Media
Swaar reën word steeds verwag in die volgende week in die noorde van die Limpopo Verskeie oranje en geel vlak waarskuwings uitgereik deur die Weerburo vir Gauteng en die Oos-Kaap.
Oorstromingsramp – sien kaart van alle distrikte wat regoor Suid-Afrika geraak word. Daar was reeds 14 sterftes met die vloede berig die SAUK.
Agri-SA het die afkondiging van 'n ramptoestand verwelkom om die skade aan te spreek wat deur vloede in die sewe van die nege land se provinsies veroorsaak is.
Landbou ly skade weens beurtkrag maar ook die weersomstandighede.
Boere wat teen einde verlede jaar té laat somergewasse geplant het, kry nou waarskynlik die swaarste nadat erge stormweer oor dele van KwaZulu-Natal uitgesak en vloede wyd oor die provinsie voorgekom het berig Landboucom.
Inflasie het gedaal na 6.9% maar voedselinflasie staan op 13.4% die hoogste sedert April 2009.
SA Toerisme het Dinsdag gesê hy gaan voort met die omstrede byna R1 miljard Tottenham Hotspur-borgskapvoorstel.
Petrol 93 oktaan se verhoging van 126 sent per liter vir Maart volgens jongste syfers.
AfriForum Jeug het ingetree om ’n lid van die kampusstudenteraad (KSR) van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom (Puk) met regshulp by te staan nadat sy uit haar amp verwyder is. Die jeugorganisasie beskou dit as ’n poging deur die universiteit om rasse-uitsluiting toe te smeer en die illusie te skep dat hulle wel daadwerklike aksie geneem het.
Tuesday Feb 14, 2023
Tuesday Feb 14, 2023
Die regering het 'n nasionale ramptoestand verklaar in reaksie op wydverspreide oorstromings regoor die land.
Daar is tans, steeds 5 sluise oop by Vaaldam maar die situasie word deurentyd gemonitor.
Die nuwe minister van elektrisiteit sal daarop fokus om Eskom se kragstasies te verbeter, volgens Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.
Solidariteit mediakonferensie video oor die krag ramptoestand is vandag gehou. Dirk Hermann se boodskap was: “Die regering is self die oorsaak van die elektrisiteistramp en kan homself nie as ramp verklaar en dan buitengewone magte kry om die ramp op te los nie. Die rampwetgewing is nie bedoel vir regeringsmislukkings nie”
Solidariteit het tydens die mediakonferensie hofstukke in verband met sy litigasie teen die onlangse verklaring van ʼn ramptoestand oor die kragkrisis beteken.
Miskien is die duidelikste aanduiding tot dusver dat die regerende African National Congress (ANC), spesifiek die presidentskap van Cyril Ramaphosa, desperaat aan strooihalms vasklou, is die afkondiging van 'n ramptoestand vir die elektrisiteitskrisis wys die CRA in ontleding uit.
Met die Russiese oorlogskip die Admiraal Gorsjkof wat Dinsdag steeds in die Kaapstadse hawe vasgemeer is, het ’n Twitter-boodskap van Geordin Hill-Lewis, die metro se burgemeester, met die hutsmerk #VoetsekRussianWarship wyd kommentaar ontlok berig Netwerk 24.
Die Umsobomvu plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap is met R10 miljoen beboet vir die mors van rou riool in die Karoodorp Noupoort.
Lesufi vra vir strenger wapenwette ná AKA en Tibz se dood. AKA se dood was 'n sluipmoord, sê die polisie.
Twintig mense is dood en meer as 60 ander is beseer toe 'n bus Maandagaand op die N1-hoofweg naby die HF Verwoerdtonnel in Limpopo met 'n kontant-in-transito (CIT) voertuig gebots het.
SA sal waarskynlik in 2023 tegniese resessie ondervind, sê Absa.
Bykans die helfte van SA verbruikers sê hul finansiële posisie het die afgelope jaar versleg.
Monday Feb 13, 2023
Monday Feb 13, 2023
Daar word gesê dat die ANC se nasionale leiers “baie ongemaklik” is met provinsiale leiers se informele ooreenkomste met die EFF, reëlings wat die mag van die DA in Gautengse metro’s wil wegneem en wat die IVP in sleutel KwaZulu-Natalse munisipaliteite gaan onttroon. Volgens bronne na aan president Cyril Ramaphosa is die sogenaamde Chris Hani-kabaal – 'n groep ministers en senior partyleiers na aan Ramaphosa – bekommerd dat die party se toenemende nabyheid aan die EFF kiesers kan afskrik om in volgende vir die regerende party te stem berig City Press met hul hoofstorie op die voorblad die afgelope Sondag.
Randall Williams, burgemeester van Tshwane, het as burgemeester bedank. "Een van die kerndoelwitte as burgemeester was nog altyd om stabiliteit van die koalisie te verseker," sê hy in die bedankingsbrief. Randall het toenemende oproepe van koalisievennote gehad om uit te tree.
Die voortslepende kragkrisis is nie ’n tyd vir vingerwys, politiek gemotiveerde hofaksies óf oorlogvoering teen van die noodingrypings wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede aangekondig het nie. Die DA en die Solidariteit-beweging het reeds aangedui dat hulle die nasionale ramptoestand in die hof gaan betwis. Magwenya het Suid-Afrikaners Sondag ook versoek om “ ’n bietjie geduldig” te wees oor Ramaphosa se aankondiging oor ’n kabinetskommeling berig Netwerk 24.
Elektrisiteitsminister net 'n projekbestuurder', sê Gwede Mantashe.
Reën vooruitsigte vir volgende 10 dae. Verwag reën in Noorde en Ooste van land
Verdere reënbuie en vloede word vandag in Limpopo en Mpumalanga verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en wydverspreide verspoeling van paaie en nedersettings oor die distrikte Mopani en Vhembe in Limpopo en die distrik Ehlanzeni in Mpumalanga berig Landboucom
Rampbestuurspanne is regoor die land op hoë gereedheid te midde van die voortdurende swaar reën wat reeds skade aangerig het, sê minister van samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA), dr Nkosazana Dlamini Zuma.
‘n Vyfde sluis is vanoggend om 09:00 by die Vaaldam oopgemaak.
Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het Vrydag met Willem Kruger (29) se familie vergader, berig Middelburg Observer.
'n Herrie het losgebars rakende beweringe dat dorpskoshuise op grond van hul rassamestelling uitgesluit is van Saterdag se jaarlikse verwelkomingsgeselligheid op die NWU se Potchefstroom-kampus berig Maroela Media.
Tekort aan ambagsmanne in Suid-Afrika. Kyk uit vir Sol-Tech se opedae op 24 of 25 Februarie.
Friday Feb 10, 2023
Friday Feb 10, 2023
#SONA2023 Van Ramaphoria na Ramaramptoestand
- Die twee groot aankondigings in president Cyril Ramaphosa se staatsrede is die afkondiging van 'n ramptoestand om die energiekrisis te hanteer en die aanstelling van 'n minister van elektrisiteit in die Presidensie.
- Die analis Daniel Silke som dit soos volg op: Suid-Afrika het nie 'n ramptoestand nodig gehad om sy energiekrisis te versag nie. In plaas daarvan het dit 'n doeltreffende administrasie nodig in praktiese lewering en beleidsderegulering. Maar as die ramptoestand dit bring, is dit positief. Indien nie, sal dit sy eie verergerende ramp wees.
- Na 8 jaar wat belowe het om beurtkrag te beëindig, het Ramaphosa nou NDZ in beheer geplaas – met Covid-19-vlak magte.
- Solidariteit kondig regstappe teen die elektrisiteit-ramptoestand aan.
- In 'n verrassende stap het die DA gesê hy vrees 'n plundertog soortgelyk aan dié wat tydens die COVID-19-pandemie gesien is, ondanks die party wat voorheen gevra het dat die energiekrisis as 'n ramp verklaar word.
- EFF se ontwrigtingteater 'werk om hulle relevant te hou, beïndruk ondersteuners'. Die EFF is verwyder van die SONA op versoek van die speaker.
- Opmerking: Die EFF wat gisteraand verwoesting en chaos in die parlement veroorsaak het, is alliansievennote van Gautengse ANC gelei deur Panyaza Lesufi. Lesufi is in die bed saam met hierdie politieke party wat probeer het om president Cyril Ramaphosa se staatsrede te ontwrig.
- 20 Maart is EFF National Shutdown volgens Julius Malema. Die 21ste is ‘n vakansiedag.
- SA Weather Service Oranje vlak 5 waarskuwing: Reën: KZN: 10/02/2023 12:00 - 23:00
- Die wydverspreide reënbuie wat vandag in sewe van Suid-Afrika se provinsies kan tot vloede, skade en ontwrigting lei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister ’n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën wat kan lei tot die verspoeling van paaie en formele asook informele nedersettings, skade aan eiendom en infrastruktuur, en selfs lewensverlies asook die verlies van lewensbestaan en vee in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Grootskaalse ontwrigting van verkeer weens paaie wat verspoel of gesluit moet word, en moontlike skade aan paaie en brûe kan volgens die weerdiens verwag word berig Landboucom
Thursday Feb 09, 2023
Thursday Feb 09, 2023
Waarna om op te let in president Ramaphosa se #SONA2023
Energiekrisis sal prominent in Ramaphosa se toespraak verskyn
Ander besprekingspunte sal waarskynlik staatsloonrekening en misdaad insluit
Dit is van die sleutelkwessies wat die president waarskynlik sal aanspreek.
Kragtekorte. Die regering het gesê hy oorweeg dit om 'n ramptoestand te verklaar om die krisis aan te pak en die president kan uitspel wat dit sal behels.
Regeringsherorganisasie. Die regerende African National Congress het op sy nasionale konferensie in Januarie besluit om verskeie staatsentiteite wat tans deur die Ministerie van Openbare Ondernemings toesig hou, onder beheer van lynministeries te plaas, en Ramaphosa kan uiteensit wat in die vooruitsig gestel word.
Loonkoste. Staatsamptenare se salarisse het die afgelope dekade met 'n jaarlikse gemiddeld van twee persentasiepunte bo inflasie gestyg, en die betaling daarvan maak nou byna 'n derde van staatsuitgawes uit.
Infrastruktuurbelegging. Ramaphosa het konsekwent verhoogde investering in nuwe spoorverbindings, paaie en ander infrastruktuur gemerk as 'n manier om die siek ekonomie aan die gang te sit en werk te skep.
Die aanpak van misdaad. Die regering het min vordering gemaak met die aanpak van ongebreidelde misdaad en die land se moordsyfer bly onder die hoogste ter wêreld.
Opmerking. Die Ramaphoria kenmerkend van president Ramaphosa het plek gemaak vir ‘n ramptoestand nie net met die kragkrisis maar op elke terrein het die Regering agteruit geboer.
Dit gaan uitdagend wees om Suid-Afrikaners te vertel hul moet die ANC vertrou en dat die land ‘n beter plek is as gestel die Zuma, Mbeki of Mandela jare. Die ANC beleid kan nie ANC beloftes ondersteun nie.
Belasting word grootliks betaal deur persone wat nie die ANC ondersteun nie. Op die kantlyn sal ‘n lastige EFF uit hul pad gaan om die staatsrede te ontwrig.
Ironies het die ANC en die EFF saam in die bed gespring by die Johannesburg metro met Tshwane en Ekurhuleni metro’s se oornames in die pyplyn.
Die belangrikste aankondigings kan insluit ‘n ramptoestand vir die kragkrisis, Rusland wat moontlik ‘n kernkrag sentrale sal bou.
Dit help nie om vorige beloftes te lys nie want die ANC sirkuleer dit van staatsrede tot staatsrede. Moeilike keuses wat voorlê as Ramaphosa 'n skeptiese publiek wil wen wys Business Day uit.
Solank die ANC beleid ‘n sosialistiese onderbou het gaan die beloftes net sprokies bly en nie uitgevoer word nie. As daar iets substantief gebou of ontwikkel gaan word kyk na die privaatsektor.
Die EFF wat reeds aangekondig het dat sy lede die staatsrede weens die Phala Phala-sage gaan ontwrig dek die tafel vir ‘n warm staatsrede berig Netwerk 24.
Met die moontlikheid van ontwrigtings, hoofsaaklik deur die EFF, het die ANC gesê hy sal nie afgelei word deur wat hy noem “onverdraagsame, ondemokratiese politieke opkoms, populiste en demagoë” wat die reëls en dekorum van die Parlement verontagsaam en ondermyn nie.
Daar is ‘n groot SAPS teenwoordigheid om vrede te bewaar rondom Kaapstad stadsaal.
Die tydvak van post-post-Apartheid-Suid-Afrika het aangebreek. Om te verstaan waar is Suid-Afrika tans lees die Flip Buys artikel: Die 1994-bedeling is verby, die toekoms wag... | Maroela Media.
Transnet beplan om spoornetwerk met 6500 km te krimp.
Die meeste regeringswebwerwe is herstel ná massiewe onderbreking
Tien dae. Dit is hoe lank dit sal neem om die gebarste pype in Umlazi-township, suid van Durban, reg te maak.
Reën vooruitsigte vir volgende 10 dae. Verwag baie reën asook oorstromings in die ooste van die land. By Komatipoort in Mpumalanga is die Krokodil en Komati Riviere in vloed.
Vox Weather KRUGER NASIONALE PARK VLOEDING | 8 – 9 FEBRUARIE 2023 |Hoop almal is OK?⚠️WAARSKUWING⚠️ Nog SWAAR neerslae word hierdie DONDERDAG verwag en reënval modelle dui op nog 100 mm waarskynlik na die 200 mm, sommige gebiede het reeds ontvang.
Wednesday Feb 08, 2023
Wednesday Feb 08, 2023
#SONA23 Van Ramaphoria tot ramptoestand
- Die president se staatsrede kom te midde van verlammende stroomonderbrekings, wat na bewering die ekonomie R1 miljard per dag kos.
- Ekonome het 'n beroep op Ramaphosa gedoen om die ekonomiese herstel- en heropbouplan te verdubbel, met die fokus op energiesekerheid, en die stimulus vir indiensneming.
- ‘n 'Nee' vir die verklaring van 'n ramptoestand om energiekrisis te hanteer kom van baie rolspelers in die ekonomie.
- President Cyril Ramaphosa sal waarskynlik nie voor Donderdag se SONA veranderinge aan sy uitvoerende gesag aanbring nie.
- Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)-leier Julius Malema verklaar dat president Cyril Ramaphosa nooit die party tydens die Staatsrede (SONA) op 9 Februarie 2023 sal toespreek nie. Dit sal die 7de SONA wees wat die EFF ontwrig.
- Die Nuwe Suid-Afrika is verby, en die Ou Suid-Afrika gaan nie terugkom nie. Ons enigste keuse is om te help bou aan ʼn “ander’ Suidelike Afrika skryf Flip Buys in die artikel: Die 1994-bedeling is verby, die toekoms wag... | Maroela Media
- Die gevolg van die portefeuljekomitee se vergadering met SA Toerisme is dat hulle wil hê dat die voorgestelde transaksie gestop moet word, net hier, netnou, anders sal hulle aan die tesourie en president Cyril Ramaphosa skryf om te eis dat die fondse vir die transaksie hertoegewys word.
- SAID-kommissaris sê belastinginvordering sal hierdie boekjaar laer inkom te midde van verslegtende beurtkrag en stygende lewenskoste.
- Suid-Afrikaners wat ontnugter is deur swak regering en diensleweringsmislukkings, moet hulle tot aktivisme wend in plaas van om belastingbetalings te weerhou, volgens die hoof van die land se inkomste-agentskap.
- AfriForum en Solidariteit het vandag daarin geslaag om die Departement van Toerisme se diskriminerende toerismefonds die finale nekslag toe te dien. Dit volg nadat dié departement geappelleer het teen die 2021-uitspraak van die hoogste hof van appèl in AfriForum en Solidariteit se guns dat die gebruik van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as kriteria vir hulpverlening van die toerisme-ekwiteitsfonds onwettig is.
- Solidariteit Navorsingsinstituut Bankkosteverslag vir 2023. Lees die volledige verslag hier
- Die dodetal van 'n massiewe aardbewing wat Turkye en Sirië getref het, het Woensdag bo 11 200 gestyg terwyl redders gejaag het om oorlewendes te red wat in die winterkoue onder puin vasgekeer was.
- Reën vooruitsigte vir volgende 10 dae. Verwag baie reën asook oorstromings in die ooste van die land.
Tuesday Feb 07, 2023
Tuesday Feb 07, 2023
Met die staatsrede (Sona) 2023 wat Donderdag plaasvind, sê kenners en opposisiepartye hulle het lae verwagtinge nadat president Cyril Ramaphosa nie sy 2021- en 2022-verpligtinge nagekom het nie. Die politieke ontleder Daniel Silke het gesê daar was geen "aansienlike verbeterings" die afgelope jaar nie."Daar is geen verwagtinge vir die Sona 2023 nie, aangesien geen van die strukturele probleme in die ekonomie werklik die afgelope jaar of twee aangespreek is nie," het hy gesê.
Ramaphosa-presidentskap gekenmerk deur ‘SA polikrisis’. Die staat is korrup en stort in duie. In eenvoudige terme beskryf 'n polikrisis die gelyktydige en oorvleuelende krisisse wat Suid-Afrika tans in die gesig staar. In volksmond kan die ook word die Ramaphosa “two step”
Die vertraagde herskommeling kan daartoe lei dat die Sona gesien word as Ramaphosa wat swak prestasie en in sommige gevalle openlike uittarting deur sommige van sy ministers duld. President Cyril Ramaphosa wil wag tot ná die staatsrede (Sona) Donderdag om die nasionale uitvoerende gesag via die nuwe kabinet saam te stel berig BusinessLive.
Russiese staatsmedia dryf die vooruitsig dat Rusland 'n hipersoniese Zircon-missiel sal toetsvuur tydens Oefening Mosi II wat op 17 Februarie begin.
Reën vooruitsigte vir volgende 10 dae. Verwag baie reën asook oorstromings in die ooste van die land. Die nat steenkool kan ook veroorsaak dat Eskom die fases in beurtkrag moet verhoog. Eskom probeer hard om fases sa laag as moontlik te hou voor die Sona en die Mynbou-indaba wat tans plaasvind in Kaapstad. President Cyril Ramaphosa het vanoggend die indaba. “Pres. Cyril Ramaphosa sê oor elektrisiteitsvoorsiening dat Eskom surplus krag van maatskappye wil koop” berig Netwerk 24.
Eskom benodig skuldverligting in kombinasie met tariefverhogings om te oorleef, het Andre de Ruyter, uitvoerende hoof, gesê wat die nutsmaatskappy vir drie jaar gelei het namate Suid-Afrika se kragonderbrekings toegeneem het.
Grondwet hof uitspraak tussen die minister van Toerisme vs AfriForum en ander vind plaas op Woensdag 8 Februarie om 10H00.
Die Hoogste Hof van Appèl (SCA) het bevind dat dit onwettig is vir die minister van toerisme om te vereis dat toerisme-ondernemings voldoen aan Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) vereistes om oorweeg te word vir verligting uit die regering se Covid-19-fonds .
Die dodetal van die aardbewing van 7,8 op die Richterskaal wat suidelike Turkye en naburige Sirië getref het, het meer as 5 000 mense oorskry, terwyl redders voortgaan om deur die puin van ineengestorte geboue te grawe op soek na oorlewendes.
Goeie neerslae kan van Woensdag tot volgende Dinsdag oor dele van Suid-Afrika uitsak, maar die risiko vir droogteskade by somergraan is hoog vir die volgende vier tot ses weke. Korttermynvoorspellings is gunstig vir reën oor die grootste deel van die somergraangebied van Woensdag tot volgende Maandag en weer van 18 tot 24 Februarie berig Lanboucom.
Akademia video: Die hoogtepunt van #dag1 van kampusoriëntering was definitief die byna 500 eerstejaars wat saam die universiteitslied leer. Dit was ʼn onvergeetlike oomblik. #MyAkademia #Studentelewe #AkademiaTrots #NuweFonties
Monday Feb 06, 2023
Monday Feb 06, 2023
Suid-Afrika staar vandeesweek 'n bepalende oomblik in die gesig in president Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede (Sona) sedert hy herkies is as ANC-president, saam met 'n moontlike kabinetskommeling, wat albei SA op 'n broodnodige alternatiewe pad kan plaas.
Julius Malema, EFF-leier, het Sondag op ’n byeenkoms van sy party in die Vrystaat gesê Ramaphosa sal nie “op 9 Februarie die parlement vreedsaam toespreek nie, want hy het geen respek vir die parlement nie” berig Netwerk 24.
‘n Nuwe kabinet moet aangekondig word plus daar is ‘n sterk moontlikheid van ‘n noodtoestand rondom die krag krisis.
Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister wat die verkoop van drank en sigarette gedurende die Covid-ramptoestand verbied het, is die ANC se voorkeurkandidaat om die voortslepende elektrisiteitskrisis op te los berig Rapport op hul hoofstorie op hul voorblad.
Die DA se reaksie op die berig was: “NDZ - Die DA sal nie ’n Ramptoestand ondersteun wat dieselfde onbevoegde ministers weer in beheer plaas nie”
Is die verklaring van ʼn nasionale ramptoestand vir Eskom net voor die nasionale begroting toevallig? Die kwessie word ontleed dr. Sandra Adendorff van Akademia. Adendorff skryf: “Wat hierdie jaar se begrotingsrede betekenisvol maak, is die poging om die (gebrek aan) kragvoorsiening vooraf as ʼn nasionale ramptoestand te verklaar.”
ANC-steun daal tot 37,5%, volgens interne peiling – verslag
Opmerking: Die EFF wil Cyril Ramaphosa se staatsrede ontwrig maar in Gauteng neem hul die metro’s saam met die ANC oor in wat die CRA beskryf as “ANC-EFF ‘toenadering’”. Dit is ‘n strategie om op twee stoele te sit wat nie goed ontvang gaan word deur die Ramaphosa binnekring.
Eskom het sedert 31 Oktober daagliks beurtkrag ingestel, wat Maandag die 99ste opeenvolgende dag van onderbrekings maak, volgens Bloomberg-berekeninge.
Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, sal na verwagting president Cyril Ramaphosa oor die volgende paar dae ontmoet om 'n omstrede Tottenham Hotspur-borgskapvoorstel te bespreek.
Mynbou-indaba vind tans in Kaapstad plaas. Netwerk 24 berig: Die jaarlikse indaba het Maandag begin en duur tot Donderdag. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, open die indaba. Toesprake deur pres. Cyril Ramaphosa en André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, is ook gereël.
Maroela Media is weer op die lug.
Een van die kragtigste aardbewings (7.7 op Richterskaal) wat die Midde-Ooste in jare getref het, het honderde mense in Sirië en Turkye doodgemaak, waar dit hoofweë, 'n lughawe en die plaaslike aardgasnetwerk beskadig het berig Bloomberg. Tweede aardbewing van 7.5 op Richterskaal in Sentraal-Turkye later ook getref. Dodetal klim tot 1014 in Turkye-aardbewing, kondig die Turkse rampbestuuragentskap AFAD aan.
Reën vooruitsigte vir die volgende 10 dae lyk baie belowend vir die ooste en sentrale dele van die land. Verwag neerslae meer as 100 mm in van die oostelike gebiede. Vir Pretoria is Woensdag, Donderdag en Vrydag reëndae.
Friday Feb 03, 2023
Friday Feb 03, 2023
- Tottenham Hotspur-skandaal. SA Tourism trent 1ste op Twitter en Tottenham trent 2de
- SA Toerisme se tussentydse finansiële hoof het bande met 'n agentskap wat geld kan verdien uit Tottenham Hotspur-transaksie. Daar word verwys na ‘n fooi van R31.3m.
- Ongeag pogings deur die bemarkingsorganisasie Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) om vure dood te slaan oor ’n R1 miljard-borgskap aan ’n Engelse sokkerklub, bou druk teen die regering op om dié plan te laat vaar berig Netwerk 24.
- Themba Khumalo, waarnemende uitvoerende hoof van Suid-Afrika Toerisme, het gesê hulle verwag die kritiek wat gepaard gaan met die voorgestelde hemp-mou borgskap van Tottenham Hotspur.
- Vlak 4 beurtkrag geld met vlak 3 op Saterdag.
- Eskom het R1 meer per liter diesel betaal tydens 'n noodaankoop. Politici druk nou op Eskom om ongekontrakteerde verskaffers te gebruik.
- Die nasionale oliemaatskappy PetroSA sê hy hef nie Eskom te veel vir diesel nie, en beweer dat die hoër pryse die gevolg is van markdinamika en 'n gebrek aan 'n behoorlike vraagvoorspelling van die kragvoorsiener.
- Eskom-raad besluit om die pos van bedryfshoof uit te skakel. Daar word ook gesoek na ‘n nuwe uitvoerende hoof.
- Georganiseerde sakegroepe wil hê Ramaphosa moet 'n doeltreffender en kleiner Kabinet kies.
- DA se regsoorwinning om toegang tot ANC se kaderontplooiingsrekords te verkry. Die hof het die regerende party beveel om binne vyf hofdae die rekords van die nasionale kaderontplooiingskomitee te oorhandig.
- Gautengse munisipaliteite sê konstante kragonderbrekings laat nie genoeg tyd toe vir reservoirs om water te kry nie, dit lei tot watertoevoerprobleme
- Julius Malema, EFF-leier, wat daarvan beskuldig word dat hy 'n vuurwapen in die openbaar afgevuur het, sê die aanklagte teen hom is “kleinlik en onsinnig”. Dit was vandag dag 5 van die hofsaak.
- Die Ombudsman vir Bankdienste (OBS) het gewaarsku dat baie Suid-Afrikaners die vooruitsig van 'n moeilike 2023 in die gesig staar. Dit kom omdat die inflasievlak op die hoogste is wat dit nog ooit was, en die repokoers styg, met meer stygings wat in die nabye toekoms verwag word.
- Maroela se webbediener, RSAWeb, ondervind sedert Woensdagoggend ʼn baie groot tegniese probleem. Ons het ʼn groot verwagting gehad dat ons reeds weer terug sou wees op die lug! Dit lyk egter of die probleem groter is as wat ons gedink het skryf Maroela Media.
- Donderstorms, swaar buie en sterk wind word vir Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal voorspel. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms, swaar reënbuie en sterk wind wat tot die verspoeling van sommige paaie en laaggeleë gebiede kan lei op die Hoëveld en die platorand van Mpumalanga, die suide van Limpopo en die KwaZulu-Natalse Middelland berig Landboucom.
Thursday Feb 02, 2023
Thursday Feb 02, 2023
Eerste ooit vir SA met geen noodlottige mynongelukke vir Januarie in die land se mynbougeskiedenis.
- Eerste ooit met geen noodlottige ongelukke vir Januarie in Suid-Afrikaanse mynbougeskiedenis berig Mining Weekly.
-Tussen 1984 en 2005 het meer as 11 000 mynwerkers in Suid-Afrika gesterf. In 2003 was die dodetal weens mynongelukke ongeveer 270 sterftes en 'n ooreenkoms is bereik om mynsterftes met 20% per jaar te verminder. In 2022 is daar 49 myners dood.
- Suid-Afrika wek skeptisisme oor sy planne om 'n ramptoestand af te kondig om verlammende stroomonderbrekings te help aanpak, met kritici wat aanvoer dat die maatreël bestedingsbeheer sal ondermyn en nie die oplossing vir die land se energiekrisis is nie berig Bloomberg.
-Outa beplan om Nersa hof toe te vat oor lisensies wat aan die Turkse kragmaatskappy Karpowership toegestaan is. Beide Nersa en Karpowership staan die aansoek teen.
-Diesel of duisternis: PetroSA vra Eskom onbillike pryse, vereis vooruitbetalings.
-SA Toerisme volhard met byna R1 miljard Tottenham Hotspur borgskap. SAT sê daar was 'n kwaadwillige uitlek van interne dokumente rakende die -transaksie.
- AfriForum eis antwoorde van die Departement van Toerisme, oor die Departement se planne om ’n borgskap van £42.5 miljoen aan die Tottenham Hotspur-voetbalklub toe te staan. AfriForum meen dat hierdie fondse eerder op eie bodem aangewend moet word vir die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse sporttalent.
-Voormalige president Jacob Zuma se private vervolging van advokaat Billy Downer en joernalis Karyn Maughan is tot 4 Augustus uitgestel.
-Die Economic Freedom Fighters (EFF) het 'n stap verwelkom deur die regspanne van sy president, Julius Malema, en sy lyfwag Adriaan Snyman om landdros Twanette Olivier te laat onttrek van hul saak. Die saak was vandag in dag 4 van die verhoor.
-Tien mense is Woensdagaand in twee afsonderlike massamoorde in die Oos-Kaap doodgeskiet, het die provinsiale polisie bevestig. Owerhede ondersoek nou of die slagtings verbind kan word.
- Maroela Media was Donderdag 15H00 nie beskikbaar nie weens probleme by hul internetdiensverskaffer, RSAWeb.









