Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Feb 01, 2023

Eskom implementeer fase 5-beurtkrag tot verdere kennisgewing.
Die staat is nou beter gerat om korrupsie te bekamp in die beplande ramptoestand rakende die elektrisiteitskrisis as wat die geval was tydens die Covid-19-pandemie, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC berig Netwerk 24.
Alhoewel die afkondiging van 'n ramptoestand 'n effense verskil aan die kantlyn kan maak, is die vooruitsigte skraal dat dit die naald aansienlik sal beweeg, sê Carol Paton in News24.
Dokumente wat deur Daily Maverick bekom is, toon dat die Suid-Afrikaanse regering, deur sy bemarkingsagentskap SA Toerisme, besig is om 'n transaksie ter waarde van R910 997 814,75 aan te gaan om een van die Engelse Premierliga se bekendste spanne, Tottenham Hotspur, te borg.
'n Verklaring wat deur die departement van toerisme vrygestel is, het 'n artikel gekap waarin beweer word dat Lindiwe Sisulu betrokke was by die beweerde voorstel om die sokkerklub te borg.
Die ANC gaan sy 42 NUK lede na 42 sukkelende munisipaliteite regoor die land ontplooi om op hoogte te bly van sy lede wat versuim het om plaaslike rade te regeer.
EFF loods nuwe poging om Randall Williams, burgemeester van Tshwane af te dank.
Die Stad Johannesburg is op sy knieë weens Fase 6-beurtkrag en nou het groot dele geen water nie. Sedert die afdanking van burgermeester Mpho Phalatse is geen MMC's aangestel nie. Johannesburg Water sê hy maak aansienlike vordering met die herstel van toevoer in gebiede wat Sondag deur die kragonderbreking geraak is.
36 000 pasiënte wag vir operasie in Gautengse hospitale volgens die DA.
Die vuurwapenverhoor teen Julius Malema, EFF-leier, en sy lyfwag, Adriaan Snyman, duur voort in die Oos-Londen-landdroshof. Die hof het Dinsdag ten gunste van die staat beslis met behulp van 'n videogreep wat na bewering wys hoe Malema in die verhoor met 'n geweer afvuur.
‘n Manlike leerder klap ’n vroulike leerder by Hoërskool Nic Diedericks in Krugersdorp in ‘n video wat op die sosiale media gedeel word.
Nuwe skoolkalenders vir Suid-Afrika – met 'n groot verandering vir begindatums.
Die Hongaarse Universiteit van Landbou- en Lewenswetenskappe (MATE) en Akademia het amptelik ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 1-waarskuwing vir swaar donderstorms en swaar buie met moontlike vloede en sterk winde in die noordooste van KwaZulu-Natal uitgereik berig Landboucom.

Tuesday Jan 31, 2023

- Eskom het aangekondig dat fase 5-beurtkrag vanaf 12:00 vanmiddag (31 Januarie) tot 21:00 vanaand geïmplementeer sal word. “Daarna sal fase 6-beurtkrag tot môre (1 Februarie) oggend 05:00 geïmplementeer word,” het die kragvoorsiener gesê.
- Suid-Afrika oorweeg dit om 'n nasionale ramptoestand te verklaar aangesien rekord kragonderbrekings die ekonomie lamlê. Die regering kyk of die voortslepende energiekrisis voldoen aan die wetlike vereistes vir die maatreël, wat laas in Maart 2020 ingestel is om die Covid-19-pandemie te bestuur, het president Cyril Ramaphosa Maandag in slotopmerkings by die regerende African National Congress se strategievergadering gesê.
- Solidariteit het vandag fel kritiek teen die idee om ʼn ramptoestand weens die voortslepende kragkrisis te verklaar uitgespreek. Volgens Solidariteit is dit eerder die regering se onvermoë om hul huidige magte aan te wend wat tot die krisis gelei het en sal ʼn ramptoestand weereens die deur vir grootskaalse korrupsie en bedrog oopmaak.
- Kevin Mileham, skaduminister vir energie van die Demokratiese Alliansies (DA), het gesê om die Eskom-krisis as 'n nasionale ramptoestand te verklaar, sal finansiering oopmaak vir die mislukte nut om beurtkrag met tot twee fases op kort termyn te verminder.
- DIE ESKOM-LêERS | Hier is die faktuur wat Hitachi aan ANC se Chancellor House betaal het vir Kusile-kontrak.  News 24 is besig met ‘n reeks onthullings oor hoe het die ANC hulself verryk deur Eskom.
- Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC, sal vandeesweek as ’n LP ingesweer word, wat die weg baan vir hom om die hoof van regeringsake te word te midde van bespiegeling dat David Mabuza bereid is om as adjunkpresident van SA te bedank voor ’n kabinetskommeling berig BusinessLive.
- In 'n poging om meer verteenwoordiging van minderhede op sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) te hê, het die ANC vier mense in sy hoogste besluitnemingsliggaam van 87 lede gekoöpteer.
- Ondanks dié neiging behaal Afrikaanse skole steeds drie keer meer onderskeidings in wiskunde as al die ander skole in die land berig Maroela Media wat ‘n verslag van die SOS (Solidariteit Onderwys Sentrum) aanhaal.
- Piet Rampedi, dryfkrag agter 'Tembisa 10'-decuplets-storie, bedank as Pretoria News-redakteur.

Monday Jan 30, 2023

Op die radar 30 Januarie 2023:
Flip Buys tweet: Ons hoor nou al vir 16 jaar praatjies en beloftes oor Elektrisiteit. Dis nou na die bykans 14 jaar voor dit wat die ANC regering al geweet het daar kom ‘n kragtekort. Hulle het die kuns vervolmaak om slim te praat oor oplossings, terwyl hulle maar net saam met die probleem leef.
Vlak 4 beurtkrag geld tot verdere kennisgewing volgens Eskom.
Die eerste in 'n reeks onthullings deur News24 wat wys hoe die ANC baat gevind het by enorme tenders van R38 miljard wat Eskom aan Hitachi Power Africa toegeken het vir die bou van ketels by Medupi- en Kusile-kragstasies.
Op grond van 'n magdom dokumente, insluitend tendervoorleggings, e-posse, bankstate en notules van vertroulike vergaderings, het News24 vasgestel hoe die groot kontrakte gemanipuleer is.
Die departement van verdediging het kennis gegee van die ontplooiing van 2 700 soldate in Suid-Afrika onder Operasie Prosper, wat die tyd verleng wat hulle sal help om orde en sekuriteit by Eskom te handhaaf.
President Cyril Ramaphosa het 'n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om te betaal vir die elektrisiteit wat hulle gebruik, aangesien die land werk om die energiekrisis te oorkom.
Eskom gaan R4 miljard vir diesel leen terwyl die tesourie weier om te help.
EFF lei 'nasionale stilstand' in Maart Die stilstand word vir 20 Maart beplan. Die woord #NationalShutdown trent 1ste op Twitter (13:00).
ANC sê beurtkrag kan tot groter burgerlike onrus lei.
Miningmx berig dat terwyl Eskom-beurtkrag alle mynbou-aktiwiteite in SA knou, dit die marginale besighede soos goudmyn is waar die skade die grootste is.
Adjunkpresident David Mabuza se besluit om Vrydag uit sy pos te bedank, het 'n probleem geskep vir president Cyril Ramaphosa, wat nie gehaas wou word om 'n kabinetskommeling te implementeer nie. Nog 2 ander ANC LP’s het ondertussen bedank.
Die EFF verbreek bande met IVP oor magsdeling in koalisie-munisipaliteite.
Regter Piet Koen van die hooggeregshof in Pietermaritzburg het hom daarvan onttrek om oudpresident Jacob Zuma se wapentransaksie-verwante verhoor verder aan te hoor. Regter Nkosinathi Chili is aangestel om die wapentransaksie-verwante verhoor van oudpresident Jacob Zuma voor te sit, in die plek van Piet Koen.
Waterlekkasies, beurtkrag en leë reservoirs kry skynbaar die skuld dat sommige dele van Tshwane nou al tien dae lank sonder water is berig Maroela Media.
8 Mense is gisteraand in KwaZakhele in die Oos-Kaap doodgeskiet. Bheki Cele het die toneel vandag besoek.
Die Julius Malema hofsaak in Oos-Londen is weens beurtkrag vertraag.
Die raaisel oor die dood van ’n boer van Groblersdal wie se lyk ’n paar dae ná sy verdwyning in sy bakkie in die Vaalrivier gevind is, het vandeesweek verdiep met aanduidings dat hy dalk nie verdrink het nie berig Rapport op hul voorblad.
Daybreak Farms-fluitjieblaser sê sy sal dit nooit weer doen nadat sy twee jaar van teistering en finansiële ondergang verduur het nie berig The Sunday Times op hul voorblad.
38% van SA ouers is agter op skoolgeld, met baie privaatskole wat leerlinge verloor volgens ‘n  Die leerders beweeg dan oor na openbare skole wat goedkoper is.
Nat week vir dié provinsies voorspel berig Maroela Media: “Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het intussen gemaan dat die verwagte reën grootskaalse verwoesting kan saai.”

Friday Jan 27, 2023

Op die radar 27 Januarie 2023:
#Gemeenskapsfederalisme is die oplossing. Dit is die deurlopende tema van die Solidariteit Beweging se leiersberaad wat tans deur @afriforum en die ander instellings van die @SBeweging bygewoon word tweet Kallie Kriel.
Vlak 4 beurtkrag geld.
Dit is duidelik dat staatsbeheerde entiteite nie deur politiek omgedraai kan word nie volgens die Mail & Guardian in ‘n ontleding. Die Mail & Guardian het ‘n foto van Pravin Gordhan op die voorblad waar hy moedeloos lyk. Die artikel word ook vergesel met ‘n grafika waar daar wat is die koste van elke semi-staatsinstelling soos Eskom, Transnet, SAL en Denel. Die grafika is in die Nuusagenda.
Transnet is ‘n goeie gevalle studie van ‘n semi-staatsinstelling wat onder presteer. “Bemoeilik deur aanhoudende probleme by Transnet, het steenkooluitvoer deur die Richardsbaai-steenkoolterminaal (RBCT) in 2022 tot sowat 50 miljoen ton gedaal, die swakste prestasie sedert 1993, toe dit 51 miljoen ton verskeep het” berig Business Live.
Krag is politiek. Die ANC wil R4 miljard van Soweto se skuld afskryf. Regeringsbeleid bepaal ook dat Eskom via diensbillikheid beleid 500 wit werkers afdank.
ANC-LP’s het uit die portefeuljekomiteevergadering met Eskom-direksie
Die Stad Kaapstad het gesê die Nasionale Tesourie het hom die groen lig gegee om krag van onafhanklike produsente te koop. Die metro se driefase-IPP-plan sal Kapenaars beskerm teen die eerste vier stadiums van beurtkrag in die volgende drie jaar.
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, sê die verkorting van die voorgestelde kontrakperiodes met Karpowership van 20 jaar tot 10 jaar kan die regering help om sy ambisies te verwesenlik om dringend energie van die drywende kragstasies te verkry.
Eskom wil van nog 500 wit instandhoudingspersoneel ontslae raak, sê die vakbond Solidariteit. Die VF Plus stel ’n ultimatum aan Eskom se direksie om af te sien van dié plan te midde van die huidige kragkrisis, berig Netwerk 24.
Die media het geleentheid gekry om vrae te vra aan die Amerikaanse minister van tesourie, Janet Yellen, in Emalahleni. Die media is nie gewoond aan sulke interaksie met Suid-Afrikaanse ministers.
Drie name is vir die pos voorgestel van Johannesburg Burgermeester. Dit is– Al Jama-ah se Thapelo Amad, ActionSA se Funzi Ngobeni en die DA se dr Mpho Phalatse. Die verkiesing vir die Burgermeester vind later vanmiddag plaas.
Sleutelgetuie in Soweto-taverne-slagting na bewering vermoor.
Gemeenskapslede in Reiger Park het gesê dat hulle woedend was ná die diefstal van koperkabels in die gebied. Woensdagaand het 'n groep diewe begin om die kabels op Goude Hooplaan, waar 'n polisiestasie geleë was, op te grawe.
Ná volgehoue druk deur AfriForum, sal Julius Malema, leier van die EFF, weer op 30 Januarie 2023 in die Landdroshof in Oos-Londen verskyn.
Cosatu vra vir arrestasies nadat hawelose man in 'rasseaanval' gebrand is in Bothaville.
Die petrolprys kan styg tussen 52c en 58c per liter berig Netwerk 24.
Plase in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat is onder voorkomende kwarantyn geplaas nadat 'n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes op 'n plaas in Gauteng opgespoor is.
Die aarde se binnekern het dalk anders begin draai volgens ‘n studie. Daar is ‘n skakel na die video wat dit verduidelik.
Dit gaan ‘n warm en droë naweek wees met min reën oor Suid-Afrika.

Thursday Jan 26, 2023

Op die radar 26 Januarie 2023:
-             Vlak 5 beurtkrag geld. Stage 5 trent op Twitter.
-             Die ANC bespreek robuuste beurtkrag en toe gaan die ligte af. Kyk video op skakels.
-             Wat is die strategiese kommunikasie boodskappe wat groepe uitstuur oor die kragkrisis:
Die ANC. Gee ons nog twee jaar. Ons praat robuus oor die probleem en is besig met gesprekke met Karpowership (korttermyn) en kernkrag met Russe (langtermyn). Die nuutste Nersa verhoging is ook te groot en moet nie geïmplementeer word nie.
Die DA boodskap is dat die ANC moet vervang word omdat hul korrup is en dan sal die nuwe regering aan die probleme werk. (Die DA belyn hul boodskap goed met mediums en die meetbare uitkoms sal wees as hul polities goed doen in 2024.) Die  #PowerToThePeopleMarch was ‘n goeie veldtog en afskop (met groot geld agter dit om dit moontlik te maak). Die uitdaging vir die DA sal wees om momentum te behou en groter inkoop te kry van ander belange groepe. Die tafel is gedek vir die skep van ‘n “krag koalisie” wat politieke partye en belangegroepe saamtrek om te werk aan oplossings en uitkomste wat krag voorsien.
-             Lees die volledige ontleding van die ander politieke partye en belange groepe soos AfriForum, die landbou, besigheid en media  in die Nuusagenda. 
-             Skuld vir beurtkrag nie die regering se skuld volgens die ANC berig Bloomberg.
-             Eskom wil van nog 500 wit onderhoud personeellede ontslae raak.
-             Die Amerikaanse tesourie-sekretaris, Janet Yellen, het Suid-Afrika se verbintenis tot 'n “Just Energy Transition-plan” geloof. Opvallend was ‘n koue skouer van Gwede Mantashe waar Yellen oor logistieke redes agter hom moes aanry.
-             Met SA wat hom gereed maak vir die waarskynlikheid van voortgesette beurtkrag vir die afsienbare toekoms, maak kleinhandelaars gereed vir 'n toename in die vraag na omskakelaars, kragopwekkers en gastoestelle.
-             Die DA se voorleggings op die laaste oomblik aan minderheidspartye in die Stad Johannesburg om burgemeester Mpho Phalatse se werk te red, het nie uitgewerk nadat dit deur die Patriotic Alliance verwerp is.
-             Die African National Congress (ANC) in Johannesburg het Donderdag gesê hy sal nie weer vir die burgemeestersposisie deelneem indien burgemeester Mpho Phalatse afgedank word nie.
-             Ramptoestand in Gauteng verklaar na Desember vloede.
-             Petrol- en dieselpryse gaan binnekort styg. Dit kan 52 sent per liter vir 95 loodvry wees.
-             Stille revolusie in SA se onderwyssektor volgens Ramaphosa op Onderwys Lekgotla.
-             Die Solidariteit Beweging  hou ʼn leiersberaad waar al die leiers van al die instellings van die Beweging bymekaar is om te beplan en belyn vir die komende jaar. Die tema van die beraad is: Gister, vandag en môre.
-             Langtermynvoorspellings vir die volgende paar maande dui aan dat die somergraanoes nie nét gemiddelde tot ondergemiddelde reën kan ontvang nie, maar dat vroeë ryp ook ’n risiko kan wees berig Landboucom.

Nuusagenda vir 25 Januarie 2023

Wednesday Jan 25, 2023

Wednesday Jan 25, 2023

Op die radar 25 Januarie 2023:
DA optog na Luthuli huis . Volg by #PowerToThePeopleMarch trent 13H15 in die 1ste plek op Twitter en die woord Luthuli House trent in die 4de plek. Die DA het die optog lewendig uitgesaai.
John Steenhuisen, DA-leier, meen die land het nie 'n “Eskom-probleem” nie, maar 'n “ANC-probleem”. “Die krisis het begin by Luthuli-huis. Daar het korrupsie en kaderontplooiing begin.” Volgens hom het die ANC homself bevoordeel deur die mense van die land te laat swaarkry berig Netwerk 24.
Die ANC in KZN het vroeër vandeesweek sy provinsiale uitvoerende komiteevergadering gehou. Een van die resolusies is dat ANC-geleide munisipaliteite nie die elektrisiteitstariefverhoging van 18,65% moet implementeer nie.
Beurtkrag kan die hoenderprodusent Astral noop om af te skaal.
Begrafnisondernemings kyk hulpeloos hoe lyke vinnig in hul lykshuise ontbind tydens lang tydperke van beurtkrag.
Kenners in die sekuriteitsektor het kommer uitgespreek oor misdaadvlakke tydens piek beurtkragskedules en die min verbetering wat die afgelope paar jaar in polisiëring aangebring is.
Die Tshwane-metro se skuld aan Eskom trek nou al by R1,4 miljard volgens ‘n Eskom mediaverklaring.
Eskom se Medupi het byna R10 miljard beboet omdat hy nie genoeg steenkool verbrand het nie volgens sy kontrak.
Projek AfriEnergie wil beurtkrag pak. AfriForum het 'n nuwe projek bekend gestel waarmee hy Suid-Afrikaners wil help om permanent van beurtkrag ontslae te raak.
Gwede Mantashe en Bheki Cele gaan nêrens heen nie.Albei dié soms omstrede ministers is baie belangrik vir pres. Cyril Ramaphosa en daarom is die kans uiters skraal dat hulle hul poste in ’n kabinetskommeling sal verloor, sê politieke kenners met wie Netwerk24 gesels het.
Transnet sê van sy Gupta-transaksie Chinese lokomotiewe staan al 6 jaar lank stil met brekasies.
Kaderontplooiing  is 'nie 'n regeringsbeleid nie', voer Ramaphosa-advokaat teen DA die in hofsaak aan.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm volgens ‘n mediaverklaring uitgereik deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid.
Microsoft 365- en Azure-produkte het Woensdag oor die wêreld heen van lyn af gegaan en het talle kantoorwerkers wêreldwyd met hul hande in die hare gelaat berig Netwerk 24.
AfriForum Jeug se Veldtogkomitee kry die week opleiding by die hoofkantoor.
Swaar donderstorms word vandag verwag in die noordooste van die Noord-Kaap, asook die verre weste van Noordwes en die Wes-Vrystaat waarsku ‘n geel vlak 2-waarskuwing van die Weerburo.

Nuusagenda vir 24 Januarie 2023

Wednesday Jan 25, 2023

Wednesday Jan 25, 2023

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125