Nuusagenda
Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.
Episodes
Jan 26, 2023
Jan 26, 2023
7 min
Op die radar 26 Januarie 2023:
- Vlak 5 beurtkrag geld. Stage 5 trent op Twitter.
- Die ANC bespreek robuuste beurtkrag en toe gaan die ligte af. Kyk video op skakels.
- Wat is die strategiese kommunikasie boodskappe wat groepe uitstuur oor die kragkrisis:
Die ANC. Gee ons nog twee jaar. Ons praat robuus oor die probleem en is besig met gesprekke met Karpowership (korttermyn) en kernkrag met Russe (langtermyn). Die nuutste Nersa verhoging is ook te groot en moet nie geïmplementeer word nie.
Die DA boodskap is dat die ANC moet vervang word omdat hul korrup is en dan sal die nuwe regering aan die probleme werk. (Die DA belyn hul boodskap goed met mediums en die meetbare uitkoms sal wees as hul polities goed doen in 2024.) Die #PowerToThePeopleMarch was ‘n goeie veldtog en afskop (met groot geld agter dit om dit moontlik te maak). Die uitdaging vir die DA sal wees om momentum te behou en groter inkoop te kry van ander belange groepe. Die tafel is gedek vir die skep van ‘n “krag koalisie” wat politieke partye en belangegroepe saamtrek om te werk aan oplossings en uitkomste wat krag voorsien.
- Lees die volledige ontleding van die ander politieke partye en belange groepe soos AfriForum, die landbou, besigheid en media in die Nuusagenda.
- Skuld vir beurtkrag nie die regering se skuld volgens die ANC berig Bloomberg.
- Eskom wil van nog 500 wit onderhoud personeellede ontslae raak.
- Die Amerikaanse tesourie-sekretaris, Janet Yellen, het Suid-Afrika se verbintenis tot 'n “Just Energy Transition-plan” geloof. Opvallend was ‘n koue skouer van Gwede Mantashe waar Yellen oor logistieke redes agter hom moes aanry.
- Met SA wat hom gereed maak vir die waarskynlikheid van voortgesette beurtkrag vir die afsienbare toekoms, maak kleinhandelaars gereed vir 'n toename in die vraag na omskakelaars, kragopwekkers en gastoestelle.
- Die DA se voorleggings op die laaste oomblik aan minderheidspartye in die Stad Johannesburg om burgemeester Mpho Phalatse se werk te red, het nie uitgewerk nadat dit deur die Patriotic Alliance verwerp is.
- Die African National Congress (ANC) in Johannesburg het Donderdag gesê hy sal nie weer vir die burgemeestersposisie deelneem indien burgemeester Mpho Phalatse afgedank word nie.
- Ramptoestand in Gauteng verklaar na Desember vloede.
- Petrol- en dieselpryse gaan binnekort styg. Dit kan 52 sent per liter vir 95 loodvry wees.
- Stille revolusie in SA se onderwyssektor volgens Ramaphosa op Onderwys Lekgotla.
- Die Solidariteit Beweging hou ʼn leiersberaad waar al die leiers van al die instellings van die Beweging bymekaar is om te beplan en belyn vir die komende jaar. Die tema van die beraad is: Gister, vandag en môre.
- Langtermynvoorspellings vir die volgende paar maande dui aan dat die somergraanoes nie nét gemiddelde tot ondergemiddelde reën kan ontvang nie, maar dat vroeë ryp ook ’n risiko kan wees berig Landboucom.
Jan 25, 2023
Jan 25, 2023
4 min
Op die radar 25 Januarie 2023:
DA optog na Luthuli huis . Volg by #PowerToThePeopleMarch trent 13H15 in die 1ste plek op Twitter en die woord Luthuli House trent in die 4de plek. Die DA het die optog lewendig uitgesaai.
John Steenhuisen, DA-leier, meen die land het nie 'n “Eskom-probleem” nie, maar 'n “ANC-probleem”. “Die krisis het begin by Luthuli-huis. Daar het korrupsie en kaderontplooiing begin.” Volgens hom het die ANC homself bevoordeel deur die mense van die land te laat swaarkry berig Netwerk 24.
Die ANC in KZN het vroeër vandeesweek sy provinsiale uitvoerende komiteevergadering gehou. Een van die resolusies is dat ANC-geleide munisipaliteite nie die elektrisiteitstariefverhoging van 18,65% moet implementeer nie.
Beurtkrag kan die hoenderprodusent Astral noop om af te skaal.
Begrafnisondernemings kyk hulpeloos hoe lyke vinnig in hul lykshuise ontbind tydens lang tydperke van beurtkrag.
Kenners in die sekuriteitsektor het kommer uitgespreek oor misdaadvlakke tydens piek beurtkragskedules en die min verbetering wat die afgelope paar jaar in polisiëring aangebring is.
Die Tshwane-metro se skuld aan Eskom trek nou al by R1,4 miljard volgens ‘n Eskom mediaverklaring.
Eskom se Medupi het byna R10 miljard beboet omdat hy nie genoeg steenkool verbrand het nie volgens sy kontrak.
Projek AfriEnergie wil beurtkrag pak. AfriForum het 'n nuwe projek bekend gestel waarmee hy Suid-Afrikaners wil help om permanent van beurtkrag ontslae te raak.
Gwede Mantashe en Bheki Cele gaan nêrens heen nie.Albei dié soms omstrede ministers is baie belangrik vir pres. Cyril Ramaphosa en daarom is die kans uiters skraal dat hulle hul poste in ’n kabinetskommeling sal verloor, sê politieke kenners met wie Netwerk24 gesels het.
Transnet sê van sy Gupta-transaksie Chinese lokomotiewe staan al 6 jaar lank stil met brekasies.
Kaderontplooiing is 'nie 'n regeringsbeleid nie', voer Ramaphosa-advokaat teen DA die in hofsaak aan.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm volgens ‘n mediaverklaring uitgereik deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid.
Microsoft 365- en Azure-produkte het Woensdag oor die wêreld heen van lyn af gegaan en het talle kantoorwerkers wêreldwyd met hul hande in die hare gelaat berig Netwerk 24.
AfriForum Jeug se Veldtogkomitee kry die week opleiding by die hoofkantoor.
Swaar donderstorms word vandag verwag in die noordooste van die Noord-Kaap, asook die verre weste van Noordwes en die Wes-Vrystaat waarsku ‘n geel vlak 2-waarskuwing van die Weerburo.
Jan 25, 2023









