Episodes
Wednesday Aug 13, 2025
Wednesday Aug 13, 2025
Verslag van die VSA
Netwerk 24 berig Afrikaners geteiken in ‘beduidende verslegting’ van menseregte in SA – VSA-verslag
Die menseregtesituasie in Suid-Afrika het aansienlik versleg en Afrikaners word spesifiek geteiken, sê die Amerikaanse departement van buitelandse sake in ’n verslag wat Dinsdag uitgereik is.
Dit sluit in ’n “kommerwekkende” stap in die rigting van die onteiening van Afrikaners se grond met die ondertekening van die Onteieningswet, en verdere diskriminasie teen minderhede in die land.
Die 2024-Menseregteverslag deur die departement se buro vir demokrasie, menseregte en arbeid kom te midde van toenemende spanning tussen Suid-Afrika en Amerika, veral nadat die Trump-administrasie die Suid-Afrikaanse regering van rassediskriminasie teenoor Afrikaners beskuldig het.
Regering krities
Bloomberg berig: Die Suid-Afrikaanse regering het 'n verslag wat deur die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie gepubliseer is, gekritiseer wat sê dat die menseregte situasie in die Afrika-nasie verlede jaar "aansienlik versleg het".
Die oorsig wat laat Dinsdag deur die Staatsdepartement gepubliseer is, het sommige van Trump se kritiek op die land weerspieël, insluitend Pretoria se aanvaarding van 'n grondonteiening beleid. Dit het ook kommer uitgespreek oor beweerde buitegeregtelike moorde en onderdrukking van rasse-minderhede.
Maroela Media berig: Dirco verwerp VSA-verslag as ‘onakkuraat’ AfriForum sê die Suid-Afrikaanse regering se ontkenning in die lig van hierdie verdoemende verslag, is skandelik.
AfriForum reaksie
AfriForum verwelkom VSA-verslag wat vervolging van minderheidsgroepe, bedreigings vir eiendomsregte bevestig
Volgens die burgerregteorganisasie AfriForum is die gedetailleerde verslag wat deur die Amerikaanse staatsdepartement se buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid gepubliseer is, ’n welkome blik op realiteit, aangesien dit die Suid-Afrikaanse regering se vervolging van Afrikaners en ander minderhede bevestig.
Die verslag, wat laat gister gepubliseer is, het bevind dat die menseregte-situasie in Suid-Afrika gedurende die jaar aansienlik versleg het. Dit vestig aandag op die Onteieningswet en ander onregte wat teen minderheidsgroepe gepleeg word, soos uitgestippel in die regering se lang lys van raswette. Die verslag beklemtoon ook dat die regering “nie geloofwaardige stappe gedoen het om amptenare wat menseregteskendings gepleeg het, te ondersoek, te vervolg en te straf nie, insluitend opruiende rasse-retoriek teen Afrikaners en ander minderhede en geweld teen minderheidsgroepe.”
Gegewe die bevindinge in hierdie verdoemende verslag, is dit duidelik wat president Cyril Ramaphosa moet doen: veroordeel die “Kill the Boer”-dreunsang, wysig die Onteieningswet, skrap rassediskriminerende wette en verklaar plaasmoorde ’n prioriteitsmisdaad.
Tuesday Aug 12, 2025
Tuesday Aug 12, 2025
Stigtings ontsteld omdat die ANC oorneem
Newzroom Afrika [KYK] berig: Thabo Mbeki-stigting se Bongani Kupe sê hulle werk al 'n jaar om te konseptualiseer hoe die nasionale dialoog moet ontvou. Kupe sê hulle wou hê dit moes anders wees as ander imbizo's.
Solidariteit Beweging ontrek
Gekaapte dialoog: Solidariteit Beweging, Solidariteit en AfriForum onttrek aan konferensie
Hoewel die Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit in die beginsel van gesprekvoering en dialoog glo, is dit duidelik dat die sogenaamde Nasionale Dialoog deur die ANC gekaap is. Daarom sal dié organisasies nie Vrydag aan die eerste konferensie van die Nasionale Dialoog deelneem nie. Die instellings ondersteun ook organisasies soos die Thabo Mbeki-stigting, wat dieselfde besluit geneem het.
Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is nasionale gesprekke om oplossings vir die land se knellende krisisse te vind noodsaaklik, maar alles dui daarop dat die Nasionale Dialoog op hierdie stadium net op nóg nuttelose gesprekke, in plaas van aksie, gaan uitloop.
“Die rede hiervoor is dat dit blyk dat die ANC die beoogde Nasionale Dialoog wil kaap om verlore steun te probeer terugwen, eerder as om antwoorde vir die krisisse te vind,” sê Buys.
“Daarom steun die Solidariteit Beweging die onderskeie stigtings wat besluit het om nie Vrydag die Dialoog by te woon nie, en sal ons ook nie daar wees nie. Daar is nie sin daarin om die party wat vir die verval in die land verantwoordelik is, in beheer van ʼn Nasionale Dialoog te plaas nie.”
Buys sê die ANC hamer nou op die noodsaaklikheid van deelname aan die Nasionale Dialoog, terwyl die party oor die afgelope dekades nie bereid was om in goeie trou met ander belanghebbendes te praat en na hul voorstelle te luister nie.
Geen deelname die rondte
Netwerk 24 berig Solidariteit, AfriForum steun nie ‘gekaapte nasionale dialoog’
Hoewel die Solidariteit-beweging, AfriForum en Solidariteit in die beginsel van gesprekvoering en dialoog glo, “is dit duidelik dat die sogenaamde nasionale dialoog deur die ANC gekaap is”.
Daarom sal dié organisasies nie Vrydag aan die eerste konferensie van die nasionale dialoog deelneem nie.
Dié instellings ondersteun ook organisasies soos die Thabo Mbeki-stigting, wat dieselfde besluit geneem het.
Ope brief
Dirk Hermannb@SolidariDirk video In my ope brief aan pres. Ramaphosa waarsku ek: Die sogenaamde Nasionale Dialoog het ’n staatsdialoog geword. ’n Werklike oop gesprek kan nie plaasvind as die regering sy eie agenda bo die land se belange plaas nie.
Friday Aug 08, 2025
Friday Aug 08, 2025
Die week in die nuus oorheers deur VSA tariewe
Die week in die nuus is oorheers deur die toenemende politieke en ekonomiese spanning, aangesien die regerende geleide ANC die VSA in die openbaar uitdaag om voort te gaan met potensiële sanksies teen die party se leierskap.
Geen sukses met gesprek
Daar was ‘n telefoniese gesprek tussen Ramaphosa en Trump wat nie iets konkreets opgelewer het nie. Die groot rede is dat daar geen toegewings van SA kant af was nie en die teenoorgestelde het eerder gebly waar ander ANC kaders eerder kommentaar kwytgeraak het wat die VSA verder vervreem. Die ANC geleide regering het geen planne om van sy transformasie beleid af te sien nie al benadeel dit Suid-Afrika ekonomies.
Hierdie konfronterende houding verhoog ekonomiese risiko's vir Suid-Afrika deur die verhoudings met sy tweede grootste handelsvennoot, die VSA, moontlik te belemmer en onsekerheid vir beleggers te skep.
Advies aan ANC
Maroela Media berig Aan ANC: ‘Hou op om VSA te beledig’
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê sekere senior leiers van die ANC se politieke weersin in die Amerikaanse regering ondermyn tans die Suid-Afrikaanse ekonomie en veroorsaak ironies genoeg net nóg meer werkloosheid.
Putin en Ramaphosa gesprek
Op die oomblik is daar reuse spanning tussen die VSA en Rusland. Ramaphosa het dit egter goedgedink om met Putin ook ‘n gesprek te voer.
Sanksies
Die dreigement van sanksies is gekoppel aan bewerings van korrupsie binne die ANC en die land se nie-belynde buitelandse beleid, insluitend noue bande met Rusland.
Ontleders merk op dat enige Amerikaanse optrede waarskynlik geteikende sanksies teen spesifieke individue sal behels eerder as breë ekonomiese maatreëls.
Kaders trek los met transformasie retoriek en ander besluite.
Hierdie politieke maneuver deur die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, word gesien as 'n hoë risiko-poging om binnelandse steun te werf deur eksterne druk as 'n aanval op nasionale soewereiniteit te beskou, maar dit hou risiko's in om buitelandse beleggings af te skrik en wisselvalligheid tot Suid-Afrika se finansiële markte te verhoog.
Regeringswoordvoerders verkies dit om eerder die VSA te beskuldig dat hul “fake nuus” versprei as om ‘n brug na die VSA te probeer bou.
Thursday Aug 07, 2025
Thursday Aug 07, 2025
Ramaphosa en Trump praat
President Cyril Ramaphosa het Woensdagoggend 'n telefoongesprek met die Amerikaanse president Donald Trump gehad.
In 'n kort verklaring het die woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, die oproep tussen die twee presidente bevestig.
“President Ramaphosa en president Trump het bilaterale handelsaangeleenthede bespreek en hul verbintenis tot voortgesette dialoog beklemtoon. Beide leiers het die kompleksiteit van voortgesette handel onderhandelinge met die Verenigde State erken en hul gereedheid uitgespreek vir verdere samewerking. Gedetailleerde besprekings sal deur hul onderskeie onderhandelingspanne gevoer word.”
Praat uit een mond
Netwerk 24 berig Tariewe: ‘Waak teen roekelose uitsprake’ tydens onderhandelinge
Suid-Afrikaners moet uit een mond praat en hulle van “roekelose uitsprake” weerhou te midde van onderhandelinge oor die Amerikaanse handelstarief.
Mzwandile Masina, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging, het dié versoek gerig kort voordat die 30%-invoertarief van die administrasie van pres. Donald Trump van Amerika Vrydag in werking tree.
Mbalula uitbarsting en uitsprake
Maroela Media berig: Mbalula: ‘Transformasie bly al kom VSA se sanksies’ Die VSA se handelstariewe teen Suid-Afrika gaan die ekonomie negatief raak, maar swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan nie vir “nasionale belang” ongedaan gemaak word om die VSA te paai nie.
AfriForum veroordeel ten sterkste Mbalula se rassistiese uitbarsting teenoor wit Suid-Afrikaners
Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, se rassistiese uitbarsting teenoor wit Suid-Afrikaners gister ten sterkste. Mbalula het in ’n mediakonferensie wat gister by Luthuli-huis in Johannesburg gehou is oor die uitkomste van die ANC se afgelope nasionale uitvoerende komiteevergadering, uitgevaar teen wit Suid-Afrikaners en Afrikaner-vlugtelinge na die VSA. Hy het hiertydens die wit vlugtelinge na die VSA vir “karwagte” en moordenaars uitgekryt. AfriForum bestempel dié uitbarsting as onaanvaarbaar en beskou Mbalula se stereotipering van wit Suid-Afrikaners as bloeddorstige moordenaars wat mekaar en swart Suid-Afrikaners teiken, as blatante rassisme.
Mbalula het in dieselfde toespraak die ANC se toewyding tot diskriminerende raswette – wette wat selfs teen kinders diskrimineer soos bewys in die Bidvest-sage – herbevestig. Hy het voorts ook die VSA uitgedaag om sanksies teen ANC-leiers in te stel vir hul verdediging van die land se raswette.
Wednesday Aug 06, 2025
Wednesday Aug 06, 2025
Mynbouplan kry kritiek van Gwede Mantashe
Bloomberg berig: 'n Voorstel deur Suid-Afrika se grootste mynmaatskappy en ander sakeleiers wat president Cyril Ramaphosa adviseer oor hoe om die VSA toegang tot Afrika se kritieke minerale te bied, het die land se minister van mynbou kwaad gemaak, wat dit gesien het as 'n poging deur die firma om sy eie belange te bevorder.
Die plan is deur die groep, wat Sibanye Stillwater Bpk. se uitvoerende hoof, Neal Froneman, en raadslid Rick Menell ingesluit het, voor Ramaphosa se vergadering op 21 Mei met president Donald Trump, voorgelê. Minister Gwede Mantashe het gesê hy maak beswaar omdat sy departement nie by die stigting daarvan betrokke was nie, en ook nie die Minerale Raad van Suid-Afrika nie, wat die meeste mynmaatskappye wat in die land bedrywig is, verteenwoordig.
Landsbelang ondergeskik aan die ANC belang
Die Maroela Media joernalis Monica Mynhardt het vandag tydens ‘n ontbytgesprek (video op skakel) van Solidariteit die volgende uitgewys: "Niks wat ons regering doen is in ons land se belang nie. Wat die regering nou besig is om te doen, is nie in die land se belang nie, en ook nie in hul eie belang nie. Hulle tree heeltemal ideologies domastrant op. Gevolge maak nie saak vir ons regering nie omdat hulle nie die vermoë het om anders op te tree nie."
Tariefplan van Solidariteit
Solidariteit kondig vyfpunt-tariefplan aan ná regering VSA-verhouding aan skerwe laat
Solidariteit het vandag ʼn vyfpunt-tariefplan aangekondig om die gevolge van Suid-Afrika se handelstariefkrisis met die VSA aan te spreek.
Eerstens het Solidariteit reeds ʼn dringende gesprek met die regerings van presidente Cyril Ramaphosa én Donald Trump versoek om die skerwe van ʼn gebroke handelsverhouding tussen Suid-Afrika en die VSA namens Suid-Afrikaners te probeer optel. Solidariteit het reeds uitgebreide voorstelle aan beide regerings gemaak maar glo gesprekke met die Ramaphosa- en Trump-regerings is noodsaaklik.
Solidariteit se vyfpunt-tariefplan bestaan uit die volgende punte:1. Skakel met die SA regering.2. Skakel met die VSA-regering.3. Ondersteun mense wat hulle werk verloor en help hulle om ander werk te kry.4. Werk saam met ander organisasies om ʼn breë netwerk daar te stel wat kan help om die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings te help besleg, maar ook Suid-Afrikaanse bedrywe wat geraak word te ondersteun.5. Stel 'n barometer op wat die impak van die tariefverhogings op bedrywe uitbeeld.
Tuesday Aug 05, 2025
Tuesday Aug 05, 2025
Noodtoestand
EWN berig: Die African National Congress (ANC) het die land se ekonomie as in 'n noodtoestand gekategoriseer. Die ANC het gesê die voortdurende debakel oor die Verenigde State se (VSA) tariewe toon die noodsaaklikheid vir die land om 'n veerkragtige ekonomie te bou en na ander markte uit te brei.
Invloed van tariewe
'n Tarief van 30% op Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA, aangekondig deur president Donald Trump, sal die ekonomie aansienlik beïnvloed. Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, Parks Tau, het die Trump-administrasie daarvan beskuldig dat hulle te kwader trou onderhandel, terwyl president Cyril Ramaphosa druk uitoefen vir 'n handel krisis komitee om potensiële werksverliese aan te spreek en nuwe markte in Afrika en Asië te verken.
SA planne
Die Suid-Afrikaanse regering berei ’n steun pakket voor om besighede teen die impak van 30% Amerikaanse invoertariewe te beskerm. Hierdie tariewe bedreig sowat 30,000 werksgeleenthede. Die regering wil handel missies na nuwe markte verskerp, steun aan geraakte maatskappye bied, en beplan ‘n ooreenkoms oor industrialisasie met Sjina. Die proses neem egter tyd en bring groot risiko’s vir vervaardiging en landbou in, veral in die Oos-Kaap.
Werksverliese
Verskillende skattings van werksverliese in Suid-Afrika as gevolg van die VSA se 30% tariewe wissel tussen 30,000 en 100,000 poste:
Regeringsamptenare noem dat ongeveer 30,000 werksgeleenthede in gevaar is, veral in die landbou- en motorbedryf berig Times Live.
ArcelorMittal se uitvoerende hoof, Kobus Verster, waarsku dat 80 000 werksgeleenthede op die spel is sonder regeringsoptrede berig BizNews.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se hoof het gewaarsku dat tot 100,000 poste in gevaar kan wees, wat dui op 'n selfs groter impak as die amptelike syfer berig Maroela Media.
Regering planne
Business Day berig: Die Suid-Afrikaanse regering het ’n blok-uitsondering op mededinging wette ingestel om uitvoerders die kans te gee om saam te werk aan infrastruktuur en logistiek sonder vrees vir kartel vervolging, as deel van ’n breër pakket om die impak van die 30% VSA-tariewe te versag.
Saam met ’n uitvoersondersteuningskantoor en ’n R340 miljoen lokaliseringsfonds, probeer die regering werksverliese beperk en uitvoere behou, terwyl dit ook ondersoek instel na nuwe handelskanale sonder haas. Die tariewe het diplomatieke spanning met die VSA verskerp, en die regering bly in ’n moeilike, reaktiewe posisie in die onderhandelinge, maar bly hoopvol en aktief betrokke.
Monday Aug 04, 2025
Monday Aug 04, 2025
Blaam hoort voor ANC se deur wys die Solidariteit Beweging uit
Trump-invoertariewe: Blaam hoort voor ANC se deur Die Solidariteit Beweging glo dat die skuld vir die 30%-invoertarief wat vanaf 7 Augustus vir Suid-Afrikaanse invoere sal geld, vierkantig voor die ANC se deur gelê moet word.Die Trump-administrasie het laat Donderdagaand aangekondig dat hy met sy voorgenome heffing op Suid-Afrikaanse invoere voortgaan terwyl buurlande se tariewe afwaarts tot 15% aangepas is.Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die ANC versuim al jare lank om betrekkinge met die VSA te bevorder en wesenlike hervormings in werking te stel wat nodig was om dié hoë tariewe te verhoed.“Suid-Afrika moet nou die prys betaal vir die ANC se gebrek aan optrede. Ons sal voortgaan om met ons netwerke in Amerika te skakel in ’n poging om hulle te oortuig om nie die land te straf as die ANC verkeerd optree nie,” het Buys gesê.
Groepe wat die VSA besoek moet die skuld kry
The Citizen berig: Ronald Lamola het sommige groepe binne Suid-Afrika gekritiseer wat moontlik die land se verhouding met die VSA benadeel het.
“Dit is ongelukkig dat hierdie regering se pogings om die verhouding met die VSA te herstel, deur sommige akteurs binne die Suid-Afrikaanse samelewing ondermyn is.”
Verteenwoordigers van die Demokratiese Alliansie (DA), AfriForum, die Solidariteit Beweging en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het vanjaar na die VSA gereis om kommer uit te spreek oor Suid-Afrikaanse beleide soos SEB en die Onteieningswet.
Ontwikkel nuwe markte vra Cyril Ramaphosa
Bloomberg berig: Suid-Afrika beplan om nuwe markte vir sy goedere te soek om die impak op sy uitvoere te verreken van Washington se instelling van 30%-tariewe op die land se goedere wat die VSA binnekom.
AFP berig: Suid-Afrika sal nuwe markte in Afrika en Asië soek terwyl dit voortgaan om met die Verenigde State te onderhandel oor dreigende handelstariewe van 30 persent, het president Cyril Ramaphosa Maandag gesê.
Die Verenigde State is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot en Pretoria het gewaarsku dat die Amerikaanse heffing 100 000 werksgeleenthede kan kos, met werkloosheid reeds bo 30 persent.
Die tarief – onder dié wat vanaf 7 Augustus teen verskeie lande in werking sal tree – is die hoogste in Afrika suid van die Sahara en gaan gepaard met diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande wat aan flarde is oor 'n reeks binnelandse en internasionale beleide.
Tuesday Jul 29, 2025
Tuesday Jul 29, 2025
Swart Vrydag. Tarief bom op 1 Augustus
Landboucom berig: Trump se 30%-invoertarief ‘nou ’n sekerheid, nie ’n moontlikheid’
Daar is so te sê geen kans dat Suid-Afrika voor 1 Augustus ’n handelsooreenkoms met Amerika sal bereik nie, sê Jaco Kleynhans, hoof van internasionale betrekkinge by Solidariteit. Enige hoop op verdere uitstel is ook amptelik daarmee heen.
Kleynhans sê Amerika het soveel ander, en soveel groter, handelsvennote met wie hy handelsooreenkomste wou sluit dat Suid-Afrika nooit een van die grootste prioriteite was nie. Terwyl Amerika een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is, verteenwoordig Suid-Afrikaanse produkte minder as 1% van Amerika se invoer.
“Amerika het eerder gekonsentreer op ooreenkomste met China, Brittanje en Japan. Indië is tans ook ’n groot prioriteit, asook Mexiko en Kanada.”
Volgens hom sal Amerika waarskynlik daarop toegespits wees om voor 1 Augustus ooreenkomste met dié lande te finaliseer.
Tarief kan laer as 30% wees volgens Reuters
Reuters berig: Donald Trump sê hy verwag dat die VSA tariewe in die reeks van 15%-20% sal stel vir lande wat nie 'n onderhandelde handelsooreenkoms met die VSA bereik nie.
SA kan nie volgens Dirco praat nie
Newzroom Afrika video berig: Zane Dangor, direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, sê Suid-Afrika is onder 'n "geen-openbaarmakingsooreenkoms" met Amerika oor die besonderhede van handelsooreenkomste totdat die onderhandelinge afgehandel is.
Nuwe fokus van VSA op plaasmoorde
Maroela Media berig Plaasaanvalle | VSA-afvaardiging maak bevindings bekend ná besoek aan SA “Dit is nié gewone misdade nie.”
VSA-ondersoek bevestig plaasmoorde is nie “gewone misdaad” nie – AfriForum
AfriForum het vanoggend weer ’n beroep op die prioritisering van plaasaanvalle gedoen ná ’n ondersoek oor plaasaanvalle van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid bevind het dat plaasaanvalle inderdaad nie “gewone misdade” is nie. Die buro het gisteraand hul bevindinge na aanleiding van hul sending na Suid-Afrika bekendgestel. Die burgerregteorganisasie eis ook in die lig van die buro se bevindinge, waarin plaaslike politici se versuim om die “Kill the Boer”-dreunsang te veroordeel, gekritiseer word, dat president Cyril Ramaphosa die dreunsang dringend in die publiek moet veroordeel.
Monday Jul 28, 2025
Monday Jul 28, 2025
Tariewe skop 1 Augustus 2025 in
Suid-Afrika is 4 dae weg van 'n 30%-tarief op uitvoere na die Verenigde State, en president Cyril Ramaphosa sê gesprekke met die Trump-administrasie duur voort.
City Press berig: Die Suid-Afrikaanse regering hoop dat die VSA Donderdag se sperdatum vir nuwe handelstariewe sal verleng, aangesien geen formele onderhandelinge nog plaasgevind het nie.
SA staan sterk
Netwerk 24 berig: Beraad van bevrydingsbewegings: SA ‘sal nie swig voor druk van VSA’, veroordeel weer Gasa-volksmoord
Die Suid-Afrikaanse regering het dit duidelik gemaak dat hy nie onder Amerikaanse druk sal swig om sy buitelandse beleid te verander nie.
Dié beleid sal dieselfde bly ondanks die feit dat Amerikaanse wetgewers die bal aan die rol gesit het vir wetgewing om ANC-leiers met sanksies te straf vir hul betrekkinge met sekere lande en organisasies, het Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Suid-Afrika is ’n soewereine staat wat sy eie buitelandse beleid kan bepaal, het Lamola Sondag in Kempton Park by die beraad van Suider-Afrikaanse bevrydingsbewegings gesê. Hy weet in elk geval nie wat vermag kan word met sanksies teen sekere leiers nie.
Tariewe van 30% op 1 Augustus. SA onderteken voorwaardes vir handelsooreenkoms
Maroela Media berig: SA onderteken voorwaardes vir handelsooreenkoms met VSA
“Ons het onvermoeid gewerk aan besprekings met ons eweknieë in die VSA.”
Netwerk 24 berig: Voorwaardes vir handelsooreenkoms met VSA reeds onderteken, sê Tau
Suid-Afrika het ’n opskortende voorwaarde-dokument met die kantoor van die handelsverteenwoordiger van die VSA onderteken. Dit is ’n voorloper tot die afhandeling van onderhandelinge met die VSA om die 30%-invoertarief wat op 1 Augustus intree, af te weer.
Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, het dié nuus Donderdag gedeel toe hy sy departement se begrotingsrede in die Nasionale Raad van Provinsies gelewer het.
Detail kort
Waar is detail oor handelsooreenkoms? Suid-Afrika kan nie ʼn geen-ooreenkoms-scenario bekostig nie. Die ekonomiese implikasies is veels te groot, sê die DA se Toby Chance.
EU ooreenkoms
Bloomberg berig: Die VSA en die Europese Unie het ooreengekom oor op 15%-tariewe op die meeste van sy uitvoere, insluitend motors, wat 'n handelsoorlog sal afweer wat die wêreldekonomie 'n hamerslag kon gee.
Thursday Jul 24, 2025
Thursday Jul 24, 2025
Amerikaanse wetsontwerp wat sanksies vir korrupte ANC-politici kan inhou, nóg ’n tree nader aan implementering – AfriForum verwelkom goedkeuring
AfriForum beskryf ’n Amerikaanse kongreskomitee se goedkeuring van ’n wetsontwerp – wat die implementering van geteikende sanksies teen korrupte en ekstremistiese Suid-Afrikaanse politici sal moontlik maak – as ’n positiewe ontwikkeling in die belang van die mense van Suid-Afrika. Ronny Jackson, ’n kongreslid van Texas, het die wetsontwerp, amptelik getiteld die U.S.-South African Bilateral Relations Review Act of 2025, in April vanjaar ter tafel gelê.
Die wetsontwerp sal nou in die Huis van Verteenwoordigers gedebatteer en gewysig word voordat ’n stemming daaroor gehou sal word. Indien die wetsontwerp hier goedgekeur word, sal dit aan die Senaat voorgelê word vir finale oorweging.
Volgens Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, werp die ANC se jare lange roekelose en ekstremistiese diplomatieke optrede en retoriek nou wrange vrugte af.
Solidariteit gaan weer die VSA besoek
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans wys uit: Ekonomiese sanksies deur die VSA teen Suid-Afrika sou katastrofies wees. Solidariteit werk hard om dit te voorkom. Politieke sanksies teen regeringsamptenare en politici wat oor die jare betrokke was by korrupsie en samewerking met anti-Westerse terroristegroepe, is heeltemal geregverdig. Ons ondersteun en moedig dit aan. Ons het die VSA hiervoor gevra tydens ons besoek in Februarie!
Maroela Media berig Solidariteit binnekort weer op pad na Washington
Solidariteit het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag versoek om dringend vyf politieke stappe te implementeer om die versuurde verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA te beredder.
Tariewe skop 1 Augustus 2025 in
Landboucom berig: Trump-valbyl: Nog net 8 dae voor dit dié bedrywe en duisende werksgeleenthede tref
Met ’n invoertarief van 30% sal Suid-Afrikaanse sitrus moeilik in die Amerikaanse mark kan meeding.
Nóg die Amerikaanse regering, aan wie sommige uitvoerders in onder meer die sitrusbedryf handelsvoorleggings gedoen het, nóg die Suid-Afrikaanse regering gee enige duidelike aanduiding of ’n gunstige handelsverdrag voor 1 Augustus onderteken sal word.
Ontwikkel nuwe markte vra Ramaphosa nadat BMW besoek by Rosslyn, Pretoria
SAUK video berig President Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat deur die Verenigde State ingestel is, het besighede gedwing om alternatiewe markte te ondersoek. Hy voeg by dat vervaardigers Afrika-markte moet oopmaak.









