Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Jul 23, 2025


Minister afgedank. Begroting kry groenlig
Cyril Ramaphosa het die polities maklike besluit geneem om Nobuhle Nkabane af te dank wat vir hom politieke klippe uit die pad te rol
Konteks
Die 2025-Begrotingswetsontwerp, wat regeringsbesteding en begrotingstoewysings rig, was onder bedreiging weens politieke spanning tussen koalisievennote.
Politieke Dooiepunt
Die Demokratiese Alliansie (DA), 'n belangrike koalisievennoot, het gedreig om die Wetsontwerp te blokkeer uit protes oor korrupsiebewerings wat verband hou met die destydse Minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane. Die DA gaan dit nou steun.
Mosie van wantroue
Die DA gaan ook nie die mosie van wantroue wat MK wil instel teen Cyril Ramaphosa ondersteun nie.
Maroela Media berig: MK-party bring mosie van wantroue teen Ramaphosa “Burgers het genoeg gehad van die verraad van hierdie president en die enorme mislukkings van die regering van nasionale eenheid.”
Keerpunt
President Cyril Ramaphosa het gereageer deur Nkabane vroeër hierdie week af te dank, en het aan eise van die DA en ander opposisiepartye voldoen. Politieke partye het die afdanking verwelkom en voel Ramaphosa moet ook teen ander korrupte ministers optree.
Uitkoms
 Met die DA se steun verseker, word verwag dat die Wetsontwerp vandag  in die Nasionale Vergadering sal slaag. Hierdie stap vermy 'n nasionale begrotingskrisis, verseker voortgesette regeringsbedrywighede en word deur ontleders gesien as 'n teken van verantwoordbaarheid en dat koalisiebestuur in Suid-Afrika werk.
Gebeure kan help om vertroue te herstel
Die oplossing van hierdie krisis versterk beleggersvertroue, demonstreer verhoogde verantwoordbaarheid in die regering en bevestig die stabiliteit van die nuwe koalisiestruktuur op 'n kritieke fiskale oomblik vir die land. Die bal is ook in die Parlement se baan om verdere stappe teen Nkabane omdat sy leuens vertel het aan die parlement.
Geen sukses teen korrupsie
Die SAUK berig (video): Afgetrede Hoofregter Raymond Zondo sê die land veg al meer as 30 jaar teen korrupsie sonder sukses. Hy sê in plaas daarvan dat korrupsie afneem, het dit sedert 1994 toegeneem.

Tuesday Jul 22, 2025


Minister spring president voor
Die Burger berig op sy voorblad: Nkabane blaker haar afdanking op Facebook uit voor CR dit aankondig
Dr. Nobuhle Nkabane het die presidensie vir oulaas omgekrap ná haar skielike afdanking Maandagaand as minister van hoër onderwys en opleiding deur ’n verklaring daaroor uit te reik voordat pres. Cyril Ramaphosa ’n amptelike aankondiging kon doen.
Haar optrede is as “uitdagend” bestempel. Die presidensie het in ’n tweede verklaring bevestig dat sy afgedank is.
Rede vir afdanking
Maroela Media berig: Nkabane afgedank ná sy vergadering misloop  Nkabane het onder skoot gekom nadat bewerings van korrupsie gemaak is.
Implikasies
Die afdanking van Nobuhle Nkabane het verskeie implikasies wat insluit
Verligting van koalisiespanning: Haar verwydering deur President Cyril Ramaphosa spreek beskuldigings van wangedrag aan wat wrywing tussen die ANC  en sy belangrikste koalisievennoot, die  DA wat die afdanking geëis het selfs sover gegaan het om klagtes van bedrog by die SAPD in te dien. Die DA moet nou besluit of hul Woensdag die ANC se Begrotingswetsontwerp gaan steun in die parlement.
Nkabane is, veral deur die DA, daarvan beskuldig dat sy die aanstellings van ANC-gekoppelde individue tot die rade van die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid (SETA) gefasiliteer het en die Parlement oor hierdie aanstellings mislei het. Haar ontslag word gesien as 'n poging om openbare vertroue en verantwoordbaarheid in die regering te herstel.
Politieke oorwinning vir opposisiepartye. Maroela Media berig: ActionSA verwerp ‘kosmetiese kabinetskommelings’ “Suid-Afrika se studente het dapper leierskap, vars idees en dringende optrede nodig – nie meer van dieselfde nie.”
Ontleding
Maroela Media berig: Nkabane gepos: ‘Slag vir ANC-kaderkorrupsie, of bloot sywaartse skuif?’  “In hierdie stadium is die tergende vraag egter of Nkabane in ʼn ander pos in die regering opgevang gaan word. Indien wel, maak dit ʼn bespotting van verantwoordbaarheid.”

Monday Jul 21, 2025


Die Malema vuurwapen saak is uitgestel na 29 September vir uitspraak. Malema noem voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma 'n "sell-out” vir sy onlangse besoek aan Marokko na afloop van die hofsaak.
Cyril Ramaphosa probeer die land oortuig dat dit goed gaan met die ekonomie. Maroela Media berig: Ekonomiese hervorming vorder wél – Ramaphosa Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê die jongste verslag oor Operasie Vulindlela – ʼn regeringswye hervormingsinisiatief wat tydens die sesde administrasie van stapel gestuur is – toon dat die program in volle swang is en reeds tasbare resultate begin oplewer.
Daar het 19 000 voorleggings ingekom oor SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging) vir nuwe voorskrifte veral oor alternatiewe met Starlink die groot gevalle studie.
Dag 1 van die #Flysafair staking word ‘n nagmerrie vir die maatskappy met 26 vlugte wat nie kon plaasvind nie. Boonop het die maatskappy ‘n eendag staking verander in een wat langer as ‘n week kan neem toe die vlieëniers uitgesluit is. Maroela Media berig: FlySafair | Eendagstaking word twee weke lange staking Solidariteit sê FlySafair het net hulself te blameer vir dié verlenging.
Lig in die tonnel is dat die KVBA begin het met mediasie tussen Flysafair en Solidariteit.
Nkosindiphile Xhakaza, burgemeester van Ekurhuleni, skort Thembisa se elektrisiteit verhoging op. Inwoners het vandag begin betoog oor R126-tariefverhoging.
Hofsaak teen Tshwane. Maroela Media berig: Tshwane in hof gedaag oor ‘afgedwingde’ stadsreinigingsheffing Die metro het vandeesweek ’n bykomende R223,53 op inwoners se munisipale rekeninge gehef. (Goeie advies is om jou rekening sorgvuldig deur te kyk vir ander heffings wat ook verkeerd gedoen kan wees)
Daar word ‘n ‘n 2 dae bek-en-klouseer Indaba buite Pretoria gehou met die minister van Landbou wat optree as een van die sprekers.
Die Sunday Times berig: 'n Hele klomp ANC-jeugligalede het raadsposte by Gauteng-hospitale verwerf wat ruim uitbetalings bied net vir die opdaag. Raadslede van die Gauteng-hospitaal word 'n geraamde bedrag van R10 000 betaal vir elke vergadering wat hulle bywoon.
Die 15-jarige Josua Gerber het 'n nuwe onder 16 diskus wêreldrekord van
van 64.48 m by die CAA Afrika O.18/O.20-kampioenskappe in Abeokuta, Nigerië, gegooi.
Dit kan die komende naweek wyd oor gedeelte van Suid-Afrika sneeu.

Thursday Jul 17, 2025


Skok
Die Burger voorblad: Skok, verbasing oor Ntshavheni se opmerking oor ‘staatsgreep’
Die lukrake bewering dat ’n staatsgreep Suid-Afrika moontlik in die gesig staar, was ’n bisarre stelling wat veral die land se reputasie internasionaal skade kan berokken.
Ook, terwyl dit seker nie ’n onmoontlike scenario is nie, is die kans dat ’n staatsgreep hier uitgevoer sal word, betreklik klein, meen ontleders.
Dit is in reaksie op ’n opmerking deur Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, wat Dinsdag op ’n mediakonferensie gesê het daar is ’n risiko dat ’n staatsgreep uitgevoer gaan word.
Prof. Theo Neethling, politieke en militêre kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê vir ’n minister om die moontlikheid te opper sonder om meer duidelikheid te gee, is “ ’n verrassing en selfs ’n skok”.
Potensiële risiko van 'n staatsgreep
News 24 berig: Die Nasionale Veiligheidstrategieverslag vir die tydperk tussen 2024 en 2028 beskryf Suid-Afrika as 'n stabiele en veilige land ten spyte van 'n staatsgreep, sluipmoorde, sabotasie, korrupsie en terrorisme wat onder die belangrikste bedreigings genoem word.
Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die dokument Dinsdag in Kaapstad vrygestel.
Ntshavheni het ook skokkende opmerkings gemaak oor 'n moontlike staatsgreep op die veiligheidsgroep se radar.
Sy het gesê: "Daar is 'n potensiële risiko van 'n staatsgreep. Ons het dit geïdentifiseer en maatreëls ingestel om dit te versag. Daarom sê ons vir Suid-Afrikaners dat daar niemand sal wees wat 'n staatsgreep in Suid-Afrika sal probeer pleeg nie. In die afgelope paar dae of in die afgelope paar weke was daar niemand wat probeer het om 'n staatsgreep in Suid-Afrika te pleeg nie."
Bewerings vergesog
Newzroom Afrika video:  "'n Staatsgreep is vergesog," sê voormalige SANDF-generaal, Maomela Motau, daar is geen aanduiding van 'n moontlike staatsgreep in Suid-Afrika nie. Hy sê 'n staatsgreep gebeur nie sommer net nie, daar is altyd voortekens.
Die Citizen voorblad wys uit:  Waarom 'n militêre staatsgreep in SA onwaarskynlik is.
Militêre kenners onderspeel praatjies van 'n staatsgreep, maar waarsku dat swak regering en werkloosheid onder die jeug tot onrus kan lei.
Daar is geen ernstige risiko van 'n militêre staatsgreep in Suid-Afrika nie, maar die land sit op 'n tydbom van woede – veroorsaak deur armoede, ongelykheid en werkloosheid – wat in 'n opstand kan ontplof, sê kenners.

Wednesday Jul 16, 2025


Risiko van 'n staatsgreep volgens minister
Newzroom Afrika video Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, onthul dat die regering 'n moontlike risiko van 'n staatsgreep in SA geïdentifiseer het. Sy sê hulle monitor mense wat agter sulke planne sit.
Maatreëls ingestel om risiko te verminder
Ntshavheni het die publiek egter verseker dat veiligheidsagentskappe reeds maatreëls ingestel het om hierdie risiko te verminder en het beklemtoon dat Suid-Afrika se veiligheid tans nie in gevaar is nie. Sy het beklemtoon dat daar geen onlangse poging was om 'n staatsgreep te pleeg nie en het verseker dat die veiligheidsgroep solied bly, met nasionale veiligheid wat deur die regering geprioritiseer word.
Indien daar ‘n staatsgreep poging was, waar is die skuldiges
Die vraag ontstaan: Hoekom is die persone wat die staatsgreep beplan het nie in e in hegtenis geneem nie? Dit is 'n ernstige misdaad. Hoekom 'n staatsgreep-plot aankondig as jy geen bewyse het nie en niemand in hegtenis geneem het nie? Daar is geen staatsgreep-plot hier nie. Dit is gevaarlike leuens van 'n onverantwoordelike regering.
Wat wel uitspeel is dat faksies in die SAPD mekaar uitwerk. Die pogings betrek ook ander staatsveiligheid instellings en jy kry ‘n minister in die Presidensie wat aantygings maak wat sy nie kan staaf met die nodige bewyse en betroubare inligting nie
Gwede Mantashe waarnemend vir 2 weke
Maroela Media berig: Mantashe as waarnemende polisieminister aangestel
Gwede Mantashe sal in die amp as polisieminister waarneem totdat Firoz Cachalia vanaf 1 Augustus by hom kan oorneem.
genl. Shadrack Sibiya moet by die huis bly
Maroela Media berig: Nóg ʼn polisiehoof gevra om liefs tuis te bly
Lt.genl. Shadrack Sibiya, adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, is Dinsdag gevra om spesiale verlof te neem ná afloop van verdoemende bewerings oor politieke inmenging in polisieondersoeke.
Mchunu word deur die SAPD ondersoek
Die DA sê dat hulle bevestiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontvang het dat Minister Senzo Mchunu nou onder ondersoek is. Die Da het verlede week kriminele klagte teen Mchunu ingedien.
 Mchunu is steeds lid van die parlement en kan daar voortgaan met sy aktiwiteite.

Tuesday Jul 15, 2025


Nuwe waarnemende minister van polisie op nommer 99 aangestel
Prof Firoz Cachalia het 'n oproep van president Cyril Ramaphosa ontvang 'n uur voordat hy as die nuwe waarnemende minister van polisie aangekondig is.
Hofsaak dreigemente oor aanstelling. Waarnemende
Newzroom Afrika video: Die inkomende waarnemende minister van polisie, prof. Firoz Cachalia, het bewerings verwerp dat sy aanstelling deur president Cyril Ramaphosa ongrondwetlik is. Hy voeg by dat diegene wat sy aanstelling in die hof wil betwis, dit kan doen.
Netwerk 24 berig: Kommissie van ondersoek: MKP dreig Ramaphosa met die hof Prof. Koos Malan, ’n konstitusionele juris, meen daar is geen meriete om Ramaphosa se besluit in die howe te betwis nie.
Publiek vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens op 'n rekordlaagtepunt
Die skandaal beklemtoon langdurige frustrasies oor geweldsmisdaad, openbare vertroue in die polisie en korrupsie op verskeie vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die publiek se vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n rekordlaagtepunt bereik berig Jacaranda FM
Maroela Media berig: Ramaphosa: Kommissie moet ‘integriteit, doeltreffendheid’ van polisie beskerm  “Dit is noodsaaklik dat ons die feite vasstel deur ’n onafhanklike, geloofwaardige en deeglike proses sodat ons die publiek se vertroue in die polisiediens kan beskerm.”
Spanning op die ANC geleide regering
Die kwessie word gesien as 'n groot uitdaging vir die huidige koalisieregering, veral aangesien plaaslike regeringsverkiesings op hande is. Opvallend wil die DA via die parlement ‘n komitee aanstel wat hul eie ondersoek loods. Dit word gesien as parlementêre oorsig.
Die ANC gee vanmiddag 14H00 hul standpunt oor die kommissie van ondersoek aan die media
News 24 berig: 'n Parlementêre ondersoek na bewerings dat die land se polisiediens deur kriminele netwerke geïnfiltreer is, sal waarskynlik almal wat betrokke is by die plofbare beweerde misdadigheid wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi uiteengesit is, dagvaar.
Kommissie van ondersoek na Senzo Mchunu en kans vir sukses en optrede
Maroela Media berig: Mchunu-skorsing | Ondersoekkommissies lewer weinig vrug
Sedert pres. Cyril Ramaphosa aan bewind gekom het, is minstens 180 kommissies, panele, komitees en ander soortgelyke liggame in die lewe geroep om bepaalde kwessies te ondersoek – sonder dat daar enige daadwerklike gevolge was vir die oortreders wat hierdeur uitgewys is.

Monday Jul 14, 2025


Kommissie moet minister ondersoek
Netwerk 24 berig: Firoz Cachalia word waarnemende minister van polisie
Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat hy 'n nuwe kommissie van ondersoek instel na ernstige beweringe van misdaadsindikate wat wetstoepassings- en intelligensiestrukture geïnfiltreer het.
Minister Senzo Mchunu is op verpligte verlof geplaas
Prof. Firoz Cachalia is as waarnemende polisieminister aangestel
Ondersoek dek polisie, NVG, howe, staatsveiligheid en metropolisie
Kommissie het 6 maande om werk te voltooi
Sondag koerante voorspel vooraf uitkoms van besluit
MCHUNU ASKS RAMAPHOSA TO PROBE HIM (Sunday World voorblad)
President has been rattled by the allegations
Mchunu asks Ramaphosa to put him on leave Sunday Times voorblad (Voorbrand strategie )
Political storm threatens to tear SAPS apart
3de Kommissie van ondersoek onder Ramaphosa
Kommissie van ondersoek ’n aanklag teen die vermoë van bestaande wetstoepassingsagentskappe – AfriForum
 AfriForum bestempel president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat ’n kommissie van ondersoek in die lewe geroep is om onder meer ernstige bewerings van politieke inmenging en korrupsie teen Polisieminister Senzu Mchunu, te ondersoek, as ’n ernstige aanklag teen die vermoë van bestaande wetstoepassingsagentskappe. Dit dui volgens AfriForum daarop dat dié agentskappe óf nie die vermoë het om die ondersoek te doen nie óf nie die vermoë het om dit sonder vooroordeel aan te pak nie, en daarom word daar nou na ’n ander instrument gesoek om die ondersoek te onderneem.
 Kragtens Ramaphosa se aankondiging sal die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), die regbank en die Johannesburg- en Tshwane-metro se metropolisie nou deur die kommissie van ondersoek, onder voorsitterskap van waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, ondersoek word.
 Volgens Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het kommissies van ondersoek in Ramaphosa se tyd nog nie werklik vrugte afgewerp nie. Die gesloer met die implementering van die aanbevelings van die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping dien as ’n voorbeeld hiervan.

Thursday Jul 10, 2025


Agoa
Dít het ANC nou van valse narratief – AfriForum
Daar is nou min hoop dat Agoa hernu gaan word. AfriForum sê diegene wat die toenemende diplomatieke spanning as die verspreiding van waninligting afgemaak het en die ANC se valse narratief help bevorder het, is aandadig.
AfriForum hou president Cyril Ramaphosa en sy ANC-geleide regering direk verantwoordelik vir die 30%-tarief wat die Amerikaanse president Donald Trump gister op invoere uit Suid-Afrika aangekondig het. Die organisasie hou vol dat Ramaphosa en sy regering valslik die VSA se kwellinge probeer afmaak het as die gevolg van misinfomasie, terwyl hulle eerder die VSA se bekommernisse moes erken en daadwerklik opgelos het. Die land pluk nou volgens AfriForum die wrang vrugte van die regering se versuim op dit te doen.
 Die tarief tree op 1 Augustus in werking. Dit was vir 90 dae opgeskort om toe te laat vir onderhandeling. Ramaphosa en die ANC-geleide regering het egter die 90 dae-vergunning vermors en geen vordering gemaak om die diplomatieke krisis met die Trump-administrasie te beredder nie. AfriForum beskou diegene wat die ANC se valse narratief help bevorder het en die uitwys van kritieke kwessies in die VSA en Suid-Afrika se verhoudinge afgemaak het as die verspreiding van waninligting, as aandadig aan dié krisis.  
Regering se voetslepery
Nuuskommentaar: Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
President Donald Trump se tariefbom het hierdie week gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort was om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die 30%-tarief op invoere na die VSA tree op 1 Augustus in werking en die land gaan nou die wrang vrugte smaak van die regering se voetslepery en ontkenning van probleme, skryf Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, in hierdie week se nuuskommentaar.
Politieke spel
Trump-tariewe gaan oor ‘politiek, nie ekonomie’
Die ekonoom Dawie Roodt meen Suid-Afrikaners betaal al vir meer as 30 jaar ʼn duur prys vir die ANC se beleid. “Die nuwe tarief is dus net nóg ’n spyker in die Suid-Afrikaanse ekonomie se doodskis. Suid-Afrikaners moet egter begin besef dat ons nie meer hierdie organisasie kan bekostig nie. Ons ekonomie is in intensiewe sorg.” ..

Tuesday Jul 08, 2025


Invoertarief van 30% aangekondig
Maroela Media berig: Trump-tarief: ‘Regering het land en sy mense gefaal’
Pres. Donald Trump het ‘n invoertarief van 30% aangekondig op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word.
Cyril Ramaphosa terug in SA en sy reaksie
Netwerk 24 berig: Ramaphosa oor 30%-invoertarief: ‘Trump se data onakkuraat’
Amerika se 30%-invoertarief op Suid-Afrikaanse produkte is nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagoggend gesê in ’n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is.
“Hierdie betwiste interpretasie vorm deel van die kwessies wat deur die onderhandelingspanne van Suid-Afrika en die VSA oorweeg word. Gevolglik hou Suid-Afrika vol dat die wederkerige tarief van 30% nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata is nie.”
In Suid-Afrika se interpretasie van die beskikbare handelsdata staan die gemiddelde tarief vir ingevoerde goedere wat Suid-Afrika binnekom op 7,6%.
Luidens die verklaring is dit belangrik om uit te lig dat 56% van goedere Suid-Afrika binnekom teen ’n tarief van 0% ingevolge die wedersydse “Most-Favoured Nation” (MFN)-beginsel, met 77% van Amerikaanse goedere wat die Suid-Afrikaanse mark teen dié 0%-tarief binnekom.
Laaste kans. Ramaphosa moet oorgaan tot aksie
Solidariteit waarsku in mediaverklaring: VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red
Suid-Afrika sal die pyn wat die VSA se handelstarief van 30% op sy ekonomie gaan meebring kan vryspring, mits president Cyril Ramaphosa dringend oorgaan tot aksie.
Só sê Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Suid-Afrika met ʼn skrywe in kennis gestel het dat die 30%-handelstarief op 1 Augustus in werking tree.
“Daar is steeds ruimte tot 1 Augustus om te onderhandel, maar die probleem is dat ons regering en Ramaphosa nog altyd hiermee voete sleep. Die Amerikaners wou onderhandel dus kan die situasie nog beredder word. “Daar moet egter besef word dat Amerika ook ʼn politieke skikking met Suid-Afrika soek en nie net ʼn ekonomiese skikking nie,” sê Kleynhans.
Onderhandeling nodig
News 24 berig: Minister van Landbou, John Steenhuisen, het gesê dat SA binne minder as 'n maand na die onderhandelingstafel met die VSA moet terugkeer, aangesien 'n 30%-tarief volgende maand in werking sal tree.

Monday Jul 07, 2025


 
Netwerk 24 berig: KZN-polisiekommissaris klim in kryt oor ‘politieke inmenging’: Waar’s die bewyse? vra Mchunu Daar kan nooit iets soos samewerking tussen ’n polisiebeampte en ’n misdadiger wees nie, het lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Sondag gesê nadat hy politici van politieke inmenging en bande met misdadigers beskuldig het.
Hy het op ’n mediakonferensie in Durban skokkende bewerings gemaak en onder andere vir Senzo Mchunu, polisieminister, van politieke inmenging beskuldig. Hy het ’n strafregtelike ondersoek na Mchunu aanhangig gemaak.
Ramaphosa reaksie.
Maroela Media berig Bewerings teen minister nou ‘prioriteit’ – Ramaphosa
“Alle partye in hierdie saak word versoek om dissipline en selfbeheersing uit te oefen,” het pres. Cyril Ramaphosa uit Brasilië laat weet.
Minister standpunt
SABC News video:  Polisieminister Senzo Mchunu sê hy sal binnekort aandag gee aan die verklarings van KZN se polisiekommissaris-generaal Mkhwanazi.
Oproepe vir verantwoordbaarheid. Vrae oor kaping van die SAPD
Bewerings het teen die leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontstaan, wat oproepe vir verantwoordbaarheid binne die organisasie verskerp. Hierdie ondersoek volg op verklarings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, wat senior SAPD-amptenare in die openbaar daarvan beskuldig het dat hulle kriminele netwerke beskerm en die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn.
Netwerk 24 berig Indien Mkhwanazi waarheid praat, wys dit SAPD is gekaap – Cameron
Indien die onthullings van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, waar is, kan dit daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gekaap is.
In hierdie onderhoud met BizNews, sê die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder oor polisie, Ian Cameron: “...al die politieke partye is eens dat hulle voor die Parlement moet verantwoording doen...Ek sou dit baie skokkend vind dat 'n provinsiale kommissaris soos Generaal Mkhwanazi die risiko sou neem, beide fisies en in terme van sy werk, sy hele loopbaan, die risiko sou neem wat hy gister geneem het as hy nie iets gehad het om dit mee te staaf nie.”
Video: DA-LP Ian Cameron sê as minister Senzo Mchunu vir die parlement gelieg het oor sy verhouding met Brown Mokgotsi, kom dit neer op 'n kriminele oortreding.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125