Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Tuesday Sep 09, 2025


Die VSA en die G20
The Citizen berig: Die Amerikaanse president Donald Trump se stryd met Pretoria het in Mei 'n laagtepunt bereik toe hy president Cyril Ramaphosa in die Withuis in 'n lokval gelei het.
Terwyl die G20-beraad in Johannesburg op hande is, sê 'n internasionale regskenner, professor Andre Thomashausen, dat 'n assessering van die Verenigde State (VSA) se leierskap toon dat die G20 'n "irrelevante praatklub" geword het.
Die Amerikaanse president Donald Trump het gesê hy sal nie vanjaar se G20-leiersberaad in November in Johannesburg bywoon nie, en het Vrydag aan verslaggewers in die Ovaal Kantoor gesê dat visepresident JD Vance eerder die VSA sal verteenwoordig.
Trump se afkeuring kom ná maande van aanvalle op Suid-Afrika oor ontmaskerde bewerings dat die land 'n volksmoord op Afrikaners uitvoer.
Thomashausen het aan The Citizen gesê die G20 is dalk nie 'n belangrike byeenkoms vir die VSA en Trump nie.
SA verhouding met die VSA bly versleg en Brics word belangriker
Maroela Media berig Nuwe handelsorde bedreig SA se groei – Ramaphosa “Die onsekerheid van die nuwe handelsregime het reeds ’n negatiewe invloed op indiensneming in my eie land, Suid-Afrika, en is ’n struikelblok vir ons ekonomiese groei.”
Suid-Afrika moet SEB en onteiening beëindig
Suid-Afrika moet ophou om kapitaal by aankoms te belas deur middel van sy bemagtigingsbeleid en eiendomsregte verseker deur onteiening sonder vergoeding (EWC) te laat vaar om sy verhoudings met die Verenigde State te verbeter.
Hierdie beleidstappe, tesame met 'n effense verskuiwing in Suid-Afrika se buitelandse beleid, kan die land in staat stel om 'n gunstige handelsooreenkoms met die Verenigde State te bekom en miljarde in beleggings te lok.
Dit is terugvoer van Frans Cronje Private Clients se ekonoom en vennoot, Bheki Mahlobo, wat onlangs uiteengesit het waarom Suid-Afrika se verhoudings met die Verenigde State versleg het en hoe dit herstel kan word berig die Dailyinvestor
Iran groot vriend van SA
Maroela Media berig Weermaghoof skotvry ná Iran-uitlatings
Die DA het pres. Cyril Ramaphosa se besluit om die weermaghoof, genl. Rudzani Maphwanya, ná sy omstrede uitlatings in Iran glo skotvry daarvan te laat afkom, verwerp.

Monday Sep 08, 2025


Beleidsdokument
Netwerk 24 berig : ANC soek teenvoeter vir regses in SA
Die ANC moet die uiterse regse narratiewe in Suid-Afrika isoleer en breë fronte in die wit gemeenskap bou om dit teë te werk.
Só lui pres. Cyril Ramaphosa se party se besprekingsdokument vir sy nasionale algemene raad (NGC) wat Vrydag aan partystrukture en -takke landwyd uitgereik is.
Die ANC se NGC sal van 8 tot 12 Desember in Nasrec, Johannesburg, plaasvind. Dit is die party se belangrikste middeltermyn-indaba waar die vordering met beleidsbesluite tussen sy nasionale konferensies beoordeel word.
Onderwerpe wat bespreek sal word is onder meer die nasionale demokratiese revolusie (NDR), die huidige balans van magte, die stand van die ANC en sy hernuwing, die regering van nasionale eenheid (RNE) en die komplekse internasionale situasie.
“AfriForum en soortgelyke nieregeringsorganisasies gaan verder – hulle mobiliseer internasionale simpatie deur Afrikaners as ’n bedreigde minderheid uit te beeld en om die spook van ‘plaasmoorde’ en ‘volksmoord’ te laat ontstaan om druk op die regering te plaas om hervormings te staak. Hulle vind selfs aanmoediging in sommige buitelandse kringe (byvoorbeeld sommige politici in die Weste) wat hul kommer beaam.
“Dan is daar die onafhanklikheidsbeweging in die Wes-Kaap wat pleit vir afskeiding van die res van Suid-Afrika, vermoedelik as ’n wit-gedomineerde enklawe. Alhoewel klein, moet so ’n beweging nie geïgnoreer word nie, gegewe hoe dikwels separatisme uiteindelik in geweld omgesit kan word.
Dit is nie laster as jy die waarheid praat en dit is in openbare belang nie
Maroela Media berig: Solidariteit sleep minister hof toe oor ‘volksmoord-laster’
 Die vakbond Solidariteit het ’n lastersaak teen Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, aanhangig gemaak weens haar bewerings dat dié organisasie waninligting in die VSA verkondig het.
Mail & Guardian verskoning
Kallie Kriel skryf: Die georkestreerde poging om vanuit verskillende oorde leuens oor AfriForum te verkondig, word toenemend ontbloot. Dankie aan AfriForum se lede en ondersteuners wat saam met ons sterk staan te midde van die aanvalle. Die toename in aanvalle is ’n aanduiding dat ons op die regte pad is wanneer AfriForum en die @solidariteitbeweging veg teen onreg en bou aan ’n beter toekoms vir ons gemeenskappe.
Maroela Media berig: Mail & Guardian sê ook ‘jammer’ vir AfriForum Sommige van dieselfde mediaplatforms wat AfriForum vals beskuldig het van die verspreiding van “waninligting” in die VSA, vra nou self om verskoning vir die publikasie van “disinformasie” oor dié burgerregteorganisasie.

Friday Sep 05, 2025


Versoek dat grond beskikbaar gestel word
SABC News @SABCNews  berig : Adjunkpresident Paul Mashatile het boere versoek om met die regering te onderhandel sodat grond vir meer mense toeganklik gemaak word deur die grondhervormingsprogram.
Opmerking: Tussen 17 - 25 miljoen hektaar grond is tans in regerings besit. Dis groter as die grootte van die provinsies Mpumalanga en KwaZulu-Natal saam.
Beskerming van eiendomsreg
Maroela Media berig Kenners, politici debatteer toekoms van eiendomsreg
Volgens die Ad hoc-groep is die doel van die konferensie om “’n padkaart vir die beskerming van eiendomsreg” op te stel. Die groep beklemtoon dat eiendomsreg ’n fundamentele reg vir alle Suid-Afrikaners, ongeag agtergrond, behoort te wees.
Reaksie
Netwerk 24 berig Steenhuisen oor CR se Zim-toespraak: ‘Wat ’n simpel ding om te sê’
Nico van Tonder wou by hom weet wat hy dink van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak verlede week in Harare, Zimbabwe, waarin hy sy lof uitgespreek het oor dié land se grondhervormingsprogram.
“Wat ’n simpel ding om te sê,” was Steenhuisen se kommentaar.
“Grondhervorming het landbou in Zimbabwe, wat eens Afrika se broodmandjie was, vernietig. Indien ons die pad wil loop wat Zimbabwe geloop het, sal hier hongersnood heers.
“Hier is genoeg landbougrond in Suid-Afrika dat die regering suksesvolle kleinskaalse boere grond kan gee wat hulle vir ’n vaste tydperk kan huur. As ons voedselsekerheid wil hê, moet daar gewaarborgde huur en sterk eiendomsreg wees.”
Steenhuisen het ook voorbrand gemaak vir die munisipale verkiesing in 2026 en die nasionale verkiesing in 2029.
“Die feit dat die meeste swart mense nog in armoede leef, bewys dat die regering se huidige beleid nie werk nie en net ’n klein groep mense daaruit voordeel trek. Daar is groot geleenthede in die RNE vir die DA om ’n verskil te maak.”
Kiesers begin vertroue in die RNE verloor
Maroela Media berig: Al minder SA’ners opgewonde oor RNE – ondersoek Die data toon ʼn duidelike patroon: aanvanklike optimisme oor die regering van nasionale eenheid in Julie tot September 2024 (36% tot 40%) voordat dié optimisme geleidelik weer begin afneem het.

Thursday Sep 04, 2025


Opmerking
Mense is ontsteld oor president Cyril Ramaphosa se grond opmerkings in Zimbabwe omdat hy Zimbabwe se omstrede grond konfiskering proses in die vroeë 2000's as "noodsaaklik" en "ambisieus" geprys het.
Kritiek
Hierdie lof het skerp kritiek ontlok, veral van DA wat ‘n medevennoot van die ANC in die RNE is.  Kritici sê Ramaphosa se ondersteuning ondermyn eiendomsregte, skrik beleggers af en beskadig Suid-Afrika se ekonomie deur 'n model te ondersteun wat dramaties in Zimbabwe misluk het.
Maroela Media berig: Ramaphosa se lof vir Zimbabwe se grondgrype ‘immoreel, desperaat’  Verskeie organisasies waarsku dat ʼn benadering soortgelyk aan Zimbabwe se chaotiese grondgrype, wat deur geweld en die vernietiging van die land se ekonomie gekenmerk is, ʼn direkte bedreiging vir Suid-Afrika se stabiliteit en voedselsekerheid inhou.
SA probeer om die Weste te koggel
Die Zimbabwiese grondhervorming 'n katastrofiese mislukking was, gekenmerk deur onwettige grondbesetting, ekonomiese ineenstorting en vergoeding wat aan onteiende boere verskuldig is.
Die Burger berig op sy voorblad CR se goedpraat van grondgrypery in Zim ‘is immoreel, desperaat’
Dit gons steeds in politieke en landboukringe oor pres. Cyril Ramaphosa se toespraak in Harare en sy “heldeverering van die gewelddadige grondgrype” in Zimbabwe.
Hy het onder meer gesê die Zimbabwiese regering se “ambisieuse” grondhervomingsplan was nodig om ongeregtighede van die verlede reg te stel en swart mense toegang tot produktiewe landbou te gee. Hy het die Zimbabwiese regering daarmee geluk gewens.
Dit lyk volgens die landbou-organisasie Saai asof Ramaphosa eerder Amerika en die Weste probeer koggel en irriteer as om Suid-Afrika se belange te bevorder.
“Saai se Matabele-lede en netwerkvennote is verdwaas oor Ramaphosa se lofprysinge vir Zimbabwe se grondgrype,” sê dr. Theo de Jager, uitvoerende hoof van Saai.
“Hulle wys daarop dat dit in 1983 by 600 Matabele-plase begin het in die Gukurahundi-grond-en-veestropings waarin ongeveer 26 000 Matabeles wreed vermoor is. Ramaphosa en sy ANC is tjoepstil daaroor.”
Geen lesse geleer nie
Suid-Afrika is nie ‘n volgende Zimbabwe nie. Die publiek voel egter Suid-Afrika beweeg in die verkeerde rigting.  Dit is egter teleurstellend dat Ramaphosa was self boer sy onkunde oor grondhervorming aan die groot klok hang. As bees en wildboer is hy terdeë bewus daarvan wat behels dit om ekonomies met beeste en wild te boer.
Sy omstandighede op sy bees en wolplase is baie soortgelyk as wat aangetref word in Zimbabwe. Ramaphosa verkies egter om populistiese uitsprake te maak en dit verseker nie brood op die tafel en bekostigbare voedsel vir Suid-Afrikaners nie.

Wednesday Sep 03, 2025


Video lek
Maroela Media berig Stellenbosch MHB-bestuurder in die sop oor uitlatings
“Die beweerde opmerkings kan dus hiervolgens neerkom op onbillike diskriminasie. Munisipaliteite bestaan om dienste te lewer, nie om politieke speletjies met werksgeleenthede te speel nie.”
Reaksie op video
Stellenbosch MHB-bestuurder bevorder viktimisasie ten koste van dienslewering, sê AfriForum
 AfriForum sal verdere ondersoek instel na die diskriminerende praktyke binne Stellenbosch Munisipaliteit. Dit volg ná ’n video op sosiale media versprei is waarin Alexander Kannemeyer, die menslikehulpbronbestuurder van Stellenbosch Munisipaliteit, na bewering voorstel om die lewe vir wit werknemers “moeilik” te maak totdat hulle bedank sodat hulle deur die munisipaliteit se voorkeurkandidaat vervang kan word.
AfriForum beklemtoon dat ’n munisipaliteit se primêre fokus altyd dienslewering moet wees en hulle dus die beste personeel vir die werk moet aanstel. Wanneer senior amptenare rasgebaseerde viktimisasie in plaas van merietegebaseerde aanstellings voorstel, ondermyn dit werknemers se regte en bedreig dit ook direk dienslewering aan die publiek.
Die gemeenskap gaan op die ou end aan die kortste ent trek as die munisipaliteit op hul rasgebaseerde vendetta aandring om die beste kandidate óf uit te sluit óf uit te dwing. Dienslewering sal onvermydelik afneem as die beste kandidate vir ’n posisie nie aangestel word nie en uiteindelik boet die gemeenskap daarvoor.
Om ’n werknemer se lewe “moeilik” te maak kom ook, ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) se kode op goeie praktyk asook die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995), neer op teistering en word daarvolgens verbied. Dit skep ’n vyandige werkskultuur en stel die munisipaliteit bloot aan KVBA en Arbeidshof-eise vir konstruktiewe ontslag en skadevergoeding.
Mediaverklaring word uitgevee
Die Cape Independent berig dat ‘n mediaverklaring wat die munisipaliteit uitgereik het later verwyder is. Die bewoording is sigbaar by die artikel Kannemeyer scandal pt. 2: more video; Stellenbosch responds, then deletes their response
DA reaksie op video
Democratic Alliance @Our_DA 📹   Die kommentaar in die opname van 'n amptenaar in Stellenbosch is kommerwekkend. Aanstellings moet slegs gebaseer wees op meriete, bevoegdheid en billikheid. Die DA betrek die politieke leierskap van die munisipaliteit om die feite vas te stel om die regte optrede vorentoe te verseker.

Tuesday Sep 02, 2025


Groter moeilikheid klop aan die deur.
‘n Kombinasie van swak beleid, duur krag, tariewe,  geen ekonomiese groei kos massiewe werksverliese in SA. Dit het aan die lig gekom dat Nersa opdrag gegee het dat Eskom en AMSA van vooraf tariewe van krag onderhandel. Op sy beurt het Amsa genoem hy sluit sy langstaalfabrieke.
Opvallend is dit die staalfabrieke wat handdoek ingegooi en toe die smelters as reaksie op veral Nersa wat ‘n R54 miljard fout gemaak het met die berekening van Eskom se tariewe. Kommerwekkend is die maatskappye wat nou afleggings doen oud en gevestig in die land.
Netwerk 24 berig Staalfabrieke: Nog groter poste-bloedbad kan kom ’n Selfs groter bloedbad wat werkverliese betref kan volg op die afleggings waarmee ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) nou in die staalbedryf begin.
So waarsku die vakbond Solidariteit nadat dit bekend geword het Amsa het Vrydag aan sy werknemers bevestig dat hy sy langstaalfabrieke in Vereeniging en Newcastle finaal aan die einde van die maand moet sluit.
Amsa (Mittal SA)
Maroela Media berig ‘Regering se onvermoë rede dat afleggingsbloedbad dreig’  “Ons staalbedryf gaan reeds vir jare onder kragkrisisse gebuk, asook ʼn mislukte spoor- en hawenetwerk en ʼn regering wat eenvoudig nie die beleidsbesluite kan neem om ons nywerhede te beskerm nie. Nou is duisende mense se werk en inkomste op die spel,” sê Venter.
Lys van afleggings groei
Mittal, Ford, Glencore, Merafe Resources Daybreak, Mango, Goodyear om onlangse voorbeelde te lys.
Maroela Media berig Golf van afleggings: Glencore volg ná Ford, Amsa  “Hierdie voorgenome afleggings wys dat die staatsverval nie net individue raak nie, maar hele bedrywe vernietig.”
SEB kos werkgeleenthede
Maroela Media berig Raskwotas in privaatsektor gaan groei; werkgeleenthede ‘verwoes’  “Ons het dit reeds in ons oorsigbesoeke aan die aktekantoor duidelik gemaak ons staan enige pogings om ʼn ‘rasregister’ wat stil-stil ingestel word teen.”
Hofsaak
Netwerk 24 berig Sakeliga, Neasa wend hulle tot konstitusionele hof oor werkplek-rasteikens Die Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) en Sakeliga gaan hulle regstreeks tot die konstitusionele hof wend om teen ’n “diepliggend defektiewe” uitspraak te appelleer. Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede week hul aansoek om ’n dringende interdik teen die nuwe numeriese teikens vir die werkplek op grond van ras van die hand gewys het.

Monday Sep 01, 2025


Minister kap polisiekommissaris
Maroela Media berig: Minister kap polisiekommissaris oor dossiere aan taakspan
Prof. Firoz Cachalia sê dit is kommerwekkend dat stappe gedoen word met betrekking tot die taakspan wat politieke moorde ondersoek, voordat die kommissie kans gehad het om sy ondersoek te begin.
Meningsverskille in topbestuur
Netwerk 24 berig Polisie-probleme kring uit met meningsverskille in topbestuur
Pres. Cyril Ramaphosa het hom aan die kant van sy waarnemende minister van polisie geskaar nadat meningsverskille in die polisie se topbestuur na vore gekom het en dit heelwat politieke kommentaar ontlok het.
Firoz Cachalia het onder skoot van onder meer die EFF en MKP gekom nadat hy genl. Fannie Masemola, kommissaris van polisie, verlede week gekritiseer het omdat hy 121 dossiere teruggestuur het na die taakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek.
Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het Ramaphosa sy misnoeë met Masemola se optrede en sy gevolglike mediaverklaring teenoor Cachalia uitgespreek.
AfriForum ook betrek op Sunday World voorblad
Netwerk 24 berig voorts: Intussen is AfriForum ook by die debat rondom die ondersoekspan na politieke moorde in KwaZulu-Natal se werksaamhede betrek met die Sunday World wat beweer Masemola sê dié burgerlike organisasie meng glo by die eenheid se werksaamhede in.
Dié beskuldigings, wat ook van openlike sabotasie praat, is vervat in ’n dokument wat Masemola vroeër vanjaar vir Mchunu voorberei het.
Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se private vervolgingseenheid, sê by navraag dit is moeilik om betekenisvol kommentaar te lewer omdat hulle nie die nodige inligting en besonderhede het waaroor daar in die “verslag” gepraat word nie.
Madlanga-kommissie
Business Live berig Die Nasionale Anti-korrupsie-adviesraad (Nacac), onder leiding van waarnemende polisieminister Firoz Cachalia, beveel ingrypende veranderinge aan die Madlanga-kommissie van ondersoek se verwysingsraamwerk aan om die omvang daarvan te verander om op die "betwiste toestand van misdaadintelligensie" te fokus.

Thursday Aug 28, 2025


Hof uitspraak. Hofsaak gedryf deur MRK en 2de party na AfriForum druk
Maroela Media berig: Brackenfell-oproer| Malema-toespraak was ‘haatspraak’  Die regter het saam met die getuienis van taalkundiges gestem dat Malema se uitlatings nie “blote beeldspraak en metafories” was nie, maar eerder “direk, duidelik en beslissend”.
Uitspraak
Netwerk 24 berig Malema en EFF skuldig aan haatspraak Malema het in 2022 in ’n toespraak verwys na die voorval en ’n video van ’n man wat ’n EFF-lid afransel. Malema het in 2022 gevra waarom dié man sedertdien nog nie opgespoor en na ’n geïsoleerde plek geneem is waar daar met hom afgereken kon word nie.
“Jy moet nooit bang wees om dood te maak nie. ’n Revolusie vereis dat daar in ’n sekere stadium doodgemaak moet word, want om dood te maak is ’n revolusionêre daad,” het Malema aan ondersteuners gesê.
Reaksie
Video AfriForum neem sterk standpunt in. AfriForum neem sterk standpunt in teen die versprei van halwe waarhede, die saai van verdeeldheid en moddergooiery op sosiale media deur enkele individue met betrekking tot die uitspraak in die Julius Malema-haatspraaksaak.
Renaldo Gouws vra billike vraag of Malema steeds LP kan bly van die parlement
-             Tydlyn van AfriForum sake teen Malema
Litigasie teen Malema begin in 2011: AfriForum het Malema en die ANC gedagvaar vir die sing van "Dubula iBhunu" ("Skiet die Boer"). Die Gelykheidshof het beslis dat die liedjie haatspraak uitmaak en dit verbied.
Uitkoms: Malema en die ANC het aanvanklik teengestaan ​​en geappelleer. In 2012 is 'n skikking bereik wat die verbod 'n bevel van die Hooggeregshof van Appèl (HHA) gemaak het, met 'n verpligting om die sing van haatliedere in die openbaar of privaat te ontmoedig.
2018: Roekelose Ontslag van Vuurwapenklagte
AfriForum het kriminele klagte teen Malema ingestel vir die in die openbaar afvuur van 'n aanvalsgeweer sonder 'n lisensie.  Die regter moet nog uitspraak lewer.
2020: Klagtes oor haatspraak oor die "Kill the Boer"-gesang
AfriForum het klagtes by die Menseregtekommissie ingedien rakende Malema en EFF se herhaalde sing van "Kill the Boer" by geleenthede, wat as haatspraak en aanhitsing beskou word.
2023-2024: Regsgedinge oor haatspraak
Die Gelykheidshof het voortsetting van haatspraaksake teen Malema geskeduleer nadat hy geweier het om verskoning te vra.

Wednesday Aug 27, 2025

-             ANC reg vir volgende verkiesing
Maroela Media berig: ANC geen ‘toeskouer in regering’ – Mbalula
 Fikile Mbalula sê “onlangse oorwinnings in tussenverkiesings, versterkte tak-aktivisme en hernieude vertroue op grondvlak” bevestig dat die ANC vandag steeds die mees vertroude en relevante politieke organisasie in die land is. Hy steur hom dus min aan ander partye se peilings.
Op ‘n BizNewsTv video: skets die meningspeiling-kenner Gareth van Onselen egter ‘n ander prentjie en dat die ANC die wind van voor het.
Van Onselen ontleed die DA se toename in steun in Suid-Afrika se belangrikste metro's en sê die ANC se steil stedelike agteruitgang kan alleenstaande DA-regerings binne bereik plaas. Van Tshwane tot Johannesburg en verder verduidelik Van Onselen waarom plaaslike verkiesings opposisiepartye bevoordeel, die ANC se koalisiestryd, en watter groot verskuiwings vir SA se politieke landskap voorlê.
ANC sal ‘etiese, bekwame kaders’ kies vir 2026 munisipale verkiesings – Mbalula
News 24 berig Die ANC sal “slegs etiese, bekwame en mens gesentreerde kaders” kies om die party in volgende jaar se munisipale verkiesings te verteenwoordig, het die party se sekretaris-generaal Fikile Mbalula gesê.
Mbalula het Dinsdagmiddag in 'n toespraak tot die media die Nasionale Dialoog as nie 'n ANC-projek beskryf nie.
Suid-Afrika se volgende plaaslike regeringsverkiesings sal tussen 1 November volgende jaar en die einde van Januarie 2027 plaasvind, het die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika vroeër Dinsdag tydens 'n inligtingsessie gesê.
Mbalula het gesê die ANC sal volgende week 'n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee byeenroep, waar alle sake rakende die munisipale verkiesings bespreek sal word, insluitend die party se kandidate.
ANC beleid nie in pas met ekonomiese realiteit nie.
Die ekonoom Dawie Roodt ontleed ook op  BizNewsTv video: ‘n onlangse artikel wat in The Economist  verskyn het wat na Suid-Afrika kyk. Roodt het groot kritiek op SEB, swak beleid, werksverliese en 'n krimpende ekonomie.

Tuesday Aug 26, 2025


Madlanga-kommissie uitgestel
Netwerk 24 berig: Terugslag vir Madlanga-kommissie: Begindatum van 1 September uitgestel
Die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel het ’n terugslag beleef en sal nie meer op 1 September met sy sittings kan begin nie.
In ’n verklaring Dinsdag plaas die kommissie, gelei deur oudregter Mbuyiseli Madlanga, die skuld voor die deur van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling wat glo traag is met die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur soos deur die kommissie benodig word.
Die kommissie is onlangs deur pres. Cyril Ramaphosa tot stand gebring om bewerings deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, te ondersoek.
Mkhwanazi het skokkende bewerings gemaak waarin hy onder meer Senzo Mchunu, minister van polisie, van politieke inmenging in polisiesake beskuldig en ook dat hy agter die sluiting sit van die polisie se eenheid wat politieke moorde ondersoek.
Mchunu is intussen op spesiale verlof geplaas en prof. Firoz Cachalia neem in sy plek waar.
“Die kommissie betreur om aan te kondig dat sy sittings nie op 1 September 2025 sal kan begin nie weens vertragings in die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur. In ’n mediaverklaring op 20 Augustus 2025 het die kommissie verklaar dat die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling besig is om die kommissie se infrastruktuurvereistes gereed te kry wat nodig is vir die kommissie om met sy sittings te begin.
DG Geskors
The Citizen berig: Die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het aangekondig dat sy die departement se direkteur-generaal, Doc Mashabane, geskors het.
Die minister het Dinsdag tydens 'n inligtingsessie aan die media, na die uitstel van die Madlanga-kommissie, gesê dat Mashabane Vrydag in kennis gestel is van die einde van sy kontrak.
Sy het verder bygevoeg dat geen nuwe datum vasgestel is vir die Madlanga Regterlike Kommissie van Ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel nie. Dit kom nadat die kommissie Dinsdag aangekondig het dat die aanvang daarvan vertraag is.
Shadrack Sibiya hofsaak
News 24 berig: Adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, het aan joernaliste gesê dat hy “niks verkeerd gedoen het nie”.
Sibiya was Dinsdagoggend in die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vir wat veronderstel was om die verhoor te wees van sy dringende versoek om terug te keer werk toe nadat polisiekommissaris-generaal Fannie Masemola hom verlede maand beveel het om tuis te bly hangende 'n ondersoek.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125