Episodes
Tuesday Jun 17, 2025
Tuesday Jun 17, 2025
Konflik brei uit
Die afgelope paar dae het 'n dramatiese eskalasie tussen Iran en Israel gesien, wat die mees intense direkte militêre konfrontasie tussen die twee lande in dekades was.
Israeliese Aanvalle op Iran
Op 12 Junie het Israel 'n reeks verrassingslugaanvalle geloods wat Iran se kernfasiliteite geteiken het, insluitend die belangrikste verrykings terreine by Natanz en Fordow, sowel as militêre leierskap en infrastruktuur regoor die land.
Die Israeliese operasie is "Operasie Rising Lion" genoem, het ten doel gehad om Iran se kern program te vernietig en top Iranse generaals en kernwetenskaplikes uit elimineer. Terwyl die aanvalle aanvanklik as suksesvol beskryf is – die neutralisering van lugverdediging en die veroorsaking van aansienlike ongevalle, insluitend meer as 240 Iraniërs en verskeie militêre bevelvoerders – het die kern van Iran se kernverrykingsvermoë, veral by Fordow, ongeskonde gebly.
Op 17 Junie het Israel aangedui dat hy sy aanvalle gaan verskerp. Israel se minister van verdediging sê die weermag sal vandag 'belangrike teikens' in Teheran aanval. “Daar is meer as 10 kerntegnologie teikens in die Teheran-gebied self. Ons is op die punt om hierdie terreine te vernietig.”
Iranse Vergelding
Iran het gereageer met 'n ongekende spervuur van missiele en hommeltuie wat groot Israeliese stede, insluitend Tel Aviv en Haifa, geteiken het. Hierdie aanvalle het gelei tot veelvuldige ongevalle en aansienlike skade, met ten minste vier Israeliete wat in een vlaag dood is.
Vir die eerste keer het Iran sy gevorderde Haj Qassem-ballistiese missiele ontplooi, wat daarin geslaag het om Israeliese lugverdediging binne te dring en sigbare vernietiging te veroorsaak.
VSA en ander lande se rol
Die VSA het volgehou dat hulle nie direk betrokke was by die Israeliese aanvalle nie, ten spyte van berigte dat Amerikaanse wapens gebruik is en president Trump wat later beweer het dat hulle vooraf kennis van die operasie gehad het.
Maroela Media berig G7 dring aan op de-eskalasie van Israel-Iran-konflik
G7-leiers het Maandag ʼn beroep gedoen op de-eskalasie van vyandelikhede in die Midde-Ooste terwyl pres. Donald Trump die G7-beraad in Kanada ʼn dag vroeër verlaat het weens die konflik tussen Israel en Iran.
Olieprys
Op 17 Junie 2025 het Brent-ruolie termynkontrakte met ongeveer 1,6% gestyg tot $74,40 per vat,
Thursday Jun 12, 2025
Thursday Jun 12, 2025
‘Nasionale Dialoog is deur die regering gekaap’
Netwerk 24 berig: Nasionale Dialoog: ‘Gekaap deur staat’ tot ‘ ’n nuwe daeraad’
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die Nasionale Dialoog is wel deur sommige mense verwelkom, maar ander beskuldig hom daarvan dat dit nie verteenwoordigend van die nasie is nie en hy dit gebruik om ’n veldtog vir die ANC te voer.
Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê hulle is opgewonde oor die moontlikheid van burgerlike dialoog, maar nie oor staatsdialoog nie.
“Die aanvanklike idee was dat burgers met mekaar in gesprek moet tree. Dié belowende inisiatief is egter nou deur die staat gekaap, iets wat juis ’n kernprobleem in Suid-Afrika onderstreep – ’n staat wat alles sentraal wil beheer.”
Hermann sê Ramaphosa sal die agenda bepaal. “Die staat poog om die burgerlike samelewing te manipuleer deur voor te skryf wat gesê mag word.”
Ontleding oor nasionale dialoog. Lees volledige ontleding op skakel.
Herman Toerien skryf: Is nasionale dialoog met die linkervoet woer-woer afgeskop?
Die hou van ’n sinvolle nasionale dialoog is so nodig dat verantwoordelike politieke partye, burgerlike instellings en kerke ernstig daaraan moet dink om ’n parallelle proses te volg met die proses waaraan pres. Cyril Ramaphosa “werk.” En pas na ’n uitgerekte vertraging “vordering” aangekondig het. Die “vordering” behels ’n lys van 31 mense wat as ’n soort stuurkomitee aangewys is. En later middel Augustus met hul werksaamhede sal begin. Die nasionale dialoog, ’n uitgebreide proses, skop dan eintlik eers aan die begin van 2026 af.
Massiewe impak van SEB op ekonomie. Solidariteit stel studie bekend
Skokverslag: SEB dwing SA ekonomie op sy knieë
ʼn Nuwe verslag lewer vernietigende bewyse dat Suid-Afrika se beleid van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (B-BSEB) ernstige skade aan die land se ekonomie en sy bevolking berokken het – terwyl dit slegs ʼn klein, polities verbonde elite verryk het.
Hierdie verslag is in samewerking tussen die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) en die Vryemarkstigting (FMF) opgestel, en dit dien ook as gevraagde en tydige kritiek op pres. Cyril Ramaphosa se onlangse uitlating dat SEB-beleid nodig is en nié ekonomiese groei in Suid-Afrika belemmer nie.
Volgens die verslag beloop die jaarlikse koste van nakoming van SEB tussen R145 en R290 miljard. Dit verteenwoordig 2% tot 4% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP). Hierdie las op ekonomiese groei lei tot ʼn jaarlikse aftakeling van 1,5% tot 3% in BBP-groei, en tot ʼn jaarlikse verlies van tussen 96 000 en 192 000 werksgeleenthede. Lees die verslag hier.
Wednesday Jun 11, 2025
Wednesday Jun 11, 2025
Eerste gesprekke in Augustus
Maroela Media berig: Nasionale dialoog | Eerste gesprekke in Augustus
Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is geen vreemdelinge vir gesprekvoering nie en verskeie probleme is in die verlede al só opgelos. Die nasionale dialoog gaan dus een wees wat die ganse samelewing betrek om te besin oor die stand van die land sodat die toekoms daarvan herbedink kan word.
Netwerk 24 berig: Langverwagte nasionale dialoog begin in Augustus, sê Cyril
’n Nasionale konferensie op Vrydag 15 Augustus sal die begin wees van Suid-Afrika se langverwagte nasionale dialoog.
Dié eerste van twee nasionale konferensies sal die agenda stel vir die nasionale dialoog, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand in ’n verklaring aangekondig.
Ramaphosa het dit duidelik gestel dat die nasionale dialoog self nie ’n gebeurtenis is nie, eerder ’n deelnemende proses wat in fases sal ontvou.
Nie almal genooi nie
EWN berig: Na maande van oproepe vir 'n Nasionale Dialoog, het die Thabo Mbeki-, Nelson Mandela- en Ahmed Kathrada-stigtings skynbaar ingesluit in die groep om gesprekke oor die land se toekoms te lei nie.
ANC monoloog
Kallie Kriel @kalliekriel skryf: Ai tog, dit is niks anders as 'n staatsdialoog tussen @PresidencyZA Ramaphosa en sy ANC-lojaliste soos Roelf Meyer nie.
Proses gekaap
Dirk Hermann skryf Die idee van ’n nasionale dialoog is al voor die nasionale verkiesing gebore en het momentum gekry met die gees van die Regering van Nasionale Eenheid. Dit was buite die staat en uit die gemeenskap
Die breër Solidariteit Beweging, waarby ingesluit Solidariteit en AfriForum en ander Afrikanerorganisasies was daarby betrokke. Solidariteit en die Solidariteit Beweging is opgewonde oor die moontlikheid van burgerlike dialoog, maar nie oor staatsdialoog nie.
Die Mbeki-stigting het veral die voortou geneem, en ander stigtings het ook betrokke geraak.
Die oorspronklike idee was dat burgers met mekaar in gesprek moet tree. Hierdie belowende inisiatief is egter nou deur die staat gekaap, iets wat juis ’n kernprobleem in Suid-Afrika onderstreep: ’n staat wat alles sentraal wil beheer.
Die president het die inisiatief vanuit sy kantoor afgekondig. Hy bepaal die agenda, die program en wie as invloedryke deelnemers gereken word.
Tuesday Jun 10, 2025
Tuesday Jun 10, 2025
Zille as moontlike burgermeester kandidaat
Maroela Media berig; Zille vir burgemeester: Einde van verval of verkiesingsfoefie?
“Hierdie is ’n verkiesingsfoefie. Dit gaan nie gebeur nie,” sê een ontleder terwyl Helen Zille dit oorweeg om haar in Johannesburg verkiesbaar te stel.
In ‘n BizNewsTv video: wys Zille daarop dat sy teen Vrydag moet besluit of sy ‘n moontlike burgermeester kandidaat vir Johannesburg kan wees. Daar is dan ook ‘n interne keurings proses wat sy moet slaag in die DA.
Kritiek teen Zille plan
EWN Reporter @ewnreporter video: Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het Helen Zille se planne om vir die stad se burgemeesterskap in die plaaslike regeringsverkiesings te staan, afgelag. Hy sê die DA is bang om te staan, en vergelyk die skuif met die inbring van voormalige president Thabo Mbeki om die problematiese metro te bestuur.
Geen verval in Johannesburg volgens die huidige burgermeester
News 24 berig: Daar is geen stedelike verval in Johannesburg en Tshwane nie, slegs "stedelike herstel". Dit is volgens die stede se burgemeesters, Dada Morero en Nasiphi Moya.
Morero en Moya het Maandag tydens 'n media-inligtingsessie gepraat om die besonderhede oor die komende Afrika-burgemeestersvergadering en die Urban20 (U20) Sherpa-vergadering, wat hierdie week by die WNNR Internasionale Konferensiesentrum gehou sal word, bekend te maak.
Ramaphosa wil naweek met Trump praat oor bywoning van G20 beraad
Netwerk 24 berig: Ramaphosa vergader wéér die naweek met Trump
Pres. Cyril Ramaphosa beplan om die naweek verdere gesprekke met sy Amerikaanse eweknie, pres. Donald Tr Ramaphosa is deur Kanada genooi om die G7-leiersberaad by te woon.
Hy het Dinsdag aan joernaliste in Pretoria gesê dat hy bilaterale vergaderings met pres. Mark Carney, die premier van Kanada, die bondskanselier Friedrich Merz van Duitsland, sowel as Trump gaan hê.
“Ek hoop dat ons betekenisvol met die leiers van die G7-lande kan vergader. Die G7 gee vir ons die geleentheid om ons boodskap oor te dra oor ons presidentskap van die G20-leiersberaad (in November in Johannesburg). Ons sal praat oor die uitkomste wat ons wil sien en wat ons wil bereik met die G20.”
Al die leiers van die G7-lande is ook deel van die G20.
Ramaphosa was in Mei in Amerika vir ’n werkbesoek. Die besoek het grootliks probeer om die diplomatieke en handelsverhouding tussen Amerika en Suid-Afrika te verbeter.
Wednesday Jun 04, 2025
Wednesday Jun 04, 2025
Vaardighede benodig veldtog wat geloods gaan word
BusinessLive berig: Die eerste nasionale arbeidsmigrasiebeleid stel aggressiewe werwing onder diaspora en buitelandse professionele persone voor.
Suid-Afrika beplan om 'n "aggressiewe" werwingsveldtog te loods wat op geskoolde buitelandse professionele persone gemik is om die trae ekonomie te laat herleef, insluitend potensiële subsidies vir immigrasiekoste, in die hoop om die breindrein om te keer en sleutelsektore te laat herleef.
Nog 'n doelwit in die departement van indiensneming en arbeid se plan om SA se vaardigheidsbasis te laat groei, is om ervare uitgewekenes terug te lok wat elders groener weivelde gesoek het.
Die plan, wat in die land se eerste nasionale arbeidsmigrasiebeleid gepubliseer is, stel aggressiewe werwing onder die diaspora en buitelandse professionele persone in kritiek geaffekteerde sektore en beroepe voor, met aanvulling van standaard werkvisumaansoeke.
'n Tweeledige strategie
Die artikel wys verder uit: Die departement van indiensneming en arbeid het deur die voorgestelde beleid 'n tweeledige strategie voorgestel om proaktief geskoolde buitelandse burgers te werf en 'n sjarme-offensief te loods om geskoolde uitgewekenes terug huis toe te lok.
Solidariteit waarsku
In ‘n BizNewsTv video: en diepgaande onderhoud gesels Alec Hogg met Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, oor die ANC se nuutste werkgelykheidsregulasies.
Mulder verduidelik hoe die regering se rasse-teikens vir werkplekdemografie nie net onprakties is nie, maar ook moontlik skadelik vir Suid-Afrika se ekonomie is. Hy onthul die verborge koste van nakoming, insluitend gedwonge personeelvervangings en dreigende boetes, en bevraagteken die langtermyn-lewensvatbaarheid van sulke beleide.
Sien SNI se verslag oor rasseregulasies hier aangeheg en lees Sektorteikens: Regering kóm vir 70 000 wit mans en 111 000 vroue se werk
Hoe kan die ANC geleide regering op twee stoele sit?
Die linker en die regterhand in die ANC geleide regering weet nie wat doen die ander hand nie. Aan die eenkant moet vaardighede gelok word uit ‘n poel van gewese inwoners van die land wat benadeel is deur regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Aan die anderkant het die regering nog planne in plek om verder ontslae te raak van kundigheid soos wat die Solidariteit studie uitwys.
Een rasmal regime na 'n nuwe een
Ernst van Zyl skryf Die afgelope 25+ jaar van rasdiskriminerende wette in SA het niks naastenby "gelykheid" geskep nie. Hulle het net 'n nuwe bevoorregte groep en 'n nuwe vervolgde groep geskep. Ons het eenvoudig 'n verandering van bestuur aanskou van een rasmal regime na 'n nuwe een.
Tuesday Jun 03, 2025
Tuesday Jun 03, 2025
Geval van bek-en-klouseer by Karan Beef
Maroela Media berig: Bek-en-klou by Karan Beef bevestig Produsente is egter nie die enigste slagoffers nie; verbruikers gaan waarskynlik meer vir vleis betaal.
Grootste voerkraal ter wêreld
Landboucom berig: Bek-en-klouseer tref wêreld se grootste voerkraal
Karan Beef se Heidelberg-aanleg, die grootste voerkraal ter wêreld, is onder kwarantyn geplaas nadat ’n geval van bek-en-klouseer (BKS) amptelik bevestig is. Die uitbreking is vanjaar op Vrydag 30 Mei geïdentifiseer ten spyte van streng biosekerheidsmaatreëls wat in die aanleg toegepas word.
In ’n amptelike verklaring wat Maandag uitgereik is, het Karan Beef bevestig dat alle inname van beeste in die Heidelberg-voerkraal as voorsorgmaatreël tydelik opgeskort is. Die besluit is in noue samewerking met die staatsveearts geneem.
“Hierdie stap is in belang van inperking om enige risiko’s vir die breër veebedryf te verminder,” het Henk Groenewald, algemene bestuurder van Karan Beef, gesê. “Ons verstaan dat dit regstreekse gevolge vir beesboere se bedrywighede en veebeplannings inhou.”
SAAI waarskuwing van 2024 af
Via mediaverklaring: Saai is diep bekommerd oor uitbrake van veesiektes
Die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal, en die daaropvolgende verspreiding daarvan na sommige van die grootste voerkrale in Suid-Afrika, is ’n ramp van onmeetbare omvang vir beesboere. As boere nie hul vee op veilings, aan voerkrale of slagpale kan verkoop nie, het die boerdery – en daardie gesin – geen inkomste nie.
Die krisis het sy oorsprong by die staat. Die Departement van Landbou, wat deur plaaslike private veeartse ondersteun word, moet onmiddellik by die waarneming van simptome optree, die besmette gebied identifiseer en afsper. Versuim om tydig op te tree, verseker verdere verspreiding van die siekte en rig vernietigende skade aan die beesbedryf aan.
Ekonomiese implikasies
Die ekonomiese implikasies gaan beduidend wees op landbou. Uitvoer ontwrigtings met verbod van uitvoere na sleutel markte na byvoorbeeld China en die Midde-Ooste.
Die vee sektor, insluitend beesvleis produksie, is verantwoordelik vir byna die helfte van Suid-Afrika se landbou-ekonomie. Uitbrake van bek-en-klouseer bedreig die lewensvatbaarheid van die rooi vleisbedryf, wat lewensonderhoud en die breër landbou-ekonomie beïnvloed.
Suid-Afrika het ‘n goeie graan seisoen agter die blad en baie boere maak staat om graan via voerkrale in vleis te omskep. As daar tekort aan beesvleis gaan wees kan die vleispryse in SA opjaag. Daar gaan druk wees op graan en vee pryse en onsekerheid skep by boere wat besluite moet neem rondom uitgawes vir die 2026 seisoen.
Monday Jun 02, 2025
Monday Jun 02, 2025
Groei oorskat
Die Nasionale Tesourie het Suid-Afrika se ekonomiese groei oor die afgelope 15 jaar konsekwent oorskat, wat tot swakker fiskale uitkomste as verwag gelei het berig Dailyinvestor
Regering beplan om pensioenfondsgelde vir SA infrastruktuur projekte te gebruik
BusinessTech berig in artikel: Regering beplan om pensioenfondsgelde vir SA infrastruktuur projekte te gebruik die volgende: Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die regering se plan herbevestig om infrastruktuur projekte en te finansier deur langtermyn-binnelandse spaargeld, soos pensioenfondse, te gebruik. Werk is aan die gang om die eerste infrastruktuur-obligasie teen 2026 uit te reik.
Dit is onthul tydens die Minister van Finansies se derde en laaste aanbieding van die Nasionale Begroting op 21 Mei 2025.
Tydens sy toespraak het Godongwana infrastruktuur as 'n kritieke pilaar van Suid-Afrika se groeistrategieë beklemtoon.
Nie nuwe plan nie
Die idee om pensioenfondse te gebruik om in infrastruktuur te belê, is nie nuut nie. Die publiek kan egter verseker wees dat die Suid-Afrikaanse regering nie pensioenfondsgelde direk kan beslag lê of neem sonder om behoorlike regsprosesse te volg nie. Alhoewel daar voorstelle was vir pensioenfondse om in staat gesteunde bates of infrastruktuur te belê, beperk regulasies en regsraamwerk die regering se vermoë om hierdie fondse te gebruik berig IOL.
Die regering soek van jou pensioen vir hul infrastruktuur planne
Daar kan aanvaar word met begrotingstekorte en gebrek aan inkomste dat die regering groter druk op pensioenfondse sal sit met byvoorbeeld die ontwikkeling van infrastruktuur. Die vraag ontstaan of dit pensioen fondse se plig is om die swak ekonomiese beleid van die ANC geleide regering te befonds? Kyk mens na die toepassing van SEB, rasteikens en korrupsie en diefstal gaan die nie goeie beleggings wees vir pensioenfondse nie.
Onlangse gevallestudie van Daybreak
As onlangse gevalle studie word daar na Daybreak gekyk in die BizNews video: R33-billion in pension funds squandered on high-risk, politically-driven investments
Die gesprek is met Zirk Gous (die woordvoerder van die Vereniging vir Monitering en Belange behartiging van Staatspensioene (AMAGP)). Volgens Gous is veral die Openbare Beleggingskorporasie ( PIC ) wat geld verloor via die GEPF wat die pensioen van staatsdiens werkers bestuur
Thursday May 29, 2025
Thursday May 29, 2025
Ramaphosa weier om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel
Kallie Kriel video: Die feit dat president Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel, én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die Verenigde Nasies (VN) se Volksmoordkonvensie.
Hierdie stelling is gegrond op die getuienis wat advokaat Tembeka Ngcukaitobi, lid van Suid-Afrika se regspan, in Januarie 2024 in die Wêreldhof tydens die volksmoordsaak teen Israel gelewer het. Ngcukaitobi het namens Suid-Afrika aangevoer dat “die opsetlike versuim van die regering van Israel om sodanige aanhitsing tot volksmoord te veroordeel, te voorkom en te straf, op sigself ’n growwe skending van die Volksmoordkonvensie is”.
Ngcukaitobi het verder aangevoer dat “hierdie versuim om sulke uitlatings deur die regering te veroordeel, te voorkom en te straf, daartoe gelei het dat volksmoordretoriek genormaliseer is” en dat dit “uiterste gevaar vir Palestyne in die Israeliese samelewing [ingehou het]”.
President Ramaphosa en die ANC-geleide regering se verdediging van die “Kill the Boer”-slagspreuk, terwyl hulle soortgelyke oproepe elders in die wêreld uitwys as ’n aanduiding van ’n voorneme om volksmoord te pleeg, dui volgens AfriForum op dubbele standaarde in hul interpretasie van die Volksmoordkonvensie.
Oortreding
Netwerk 24 berig: ‘Kill the Boer’: Ramaphosa oortree VN-konvensie, sê AfriForum
AfriForum beskuldig pres. Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die Verenigde Nasies (VN) se konvensie oor Volksmoord oortree deur nie die kreet “Kill the Boer” te veroordeel nie.
In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is in reaksie op Ramaphosa se vraag-en-antwoordsessie Dinsdag in die parlement, skryf AfriForum: “Die feit dat pres. Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die ‘Kill the Boer, kill the farmer’-oproep tot volksmoord te veroordeel én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema (EFF-leier) gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die VN se Volksmoord-konvensie.”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê in die verklaring: “AfriForum het nog altyd op die ernstige aard van plaasmoorde gefokus eerder as om in semantiese debatte oor die term ‘volksmoord’ betrokke te raak, maar dink dit het nou noodsaaklik geword om die optrede van Ramaphosa se regering te toets aan die hand van hul eie maatstawwe rakende die betekenis van volksmoord.”
Wednesday May 28, 2025
Wednesday May 28, 2025
Vrae in die parlement. Ramaphosa soos ‘n mot om ‘n kers
President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die parlement geantwoord. Uit die antwoorde is Ramaphosa nog ideologies verknog aan ‘n uitgediende beleid en standpunte.
“Ramaphosa is soos ‘n mot om ‘n kers. Hy weet hy moet wegbly van die vlam voordat sy vlerke gaan verbrand maar die politieke wil ontbreek om die besluit te neem. Die uitkoms gaan rampspoedig vir hom en die ANC wees”
BEE en AA ‘n ramp.
Ramaphosa kan nie insien dat BEE en AA nie werk nie. Ekonomiese groei vir die jaar 1% wees volgens ABSA. Met die ekonomie wat nie groei neem werkloosheid toe en op sy beurt neem misdaad weer toe. Nog ‘n geval van ‘n mot om ‘n kers.
Withuis en parlement ervarings ontnugter Ramaphosa
Maroela Media berig: ‘Ek voel mishandel,’ sê Ramaphosa oor EFF-ontwrigting
“Maar jy het nie so gevoel toe Trump jou in die Withuis mishandel het nie,” het Sinawo Thambo, LP en nasionale woordvoerder van die EFF, teruggekap na Ramaphosa.
Netwerk 24 berig ‘Mishandelde’ Ramaphosa maak rug styf in parlement oor Trump, SEB
Enigiemand wat sê die ekonomiese bemagtiging van swart mense is verkeerd, moet sy kop laat ondersoek, het ’n “mishandelde” pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê in ’n parlementêre vraag-en-antwoordsessie wat erg deur die EFF ontwrig is.
Ramaphosa het hom op ’n besige dag nie net die gramskap van die EFF op die hals gehaal nie, maar ook sy rug styfgemaak teen pres. Donald Trump van Amerika én minstens een waarnemer ontstel met sy siening oor rasseklassifikasie.
Ramaphosa het teen die einde van die chaotiese sessie gesê hy voel “misbruik”, waarop EFF-LP’s hom toegesnou het hy is in die Withuis deur pres. Donald Trump met waninligting “misbruik”.
Ramaphosa het voor die parlementêre sessie op ’n konferensie oor infrastruktuur aan verslaggewers gesê niemand sal in hegtenis geneem word vir die sing van die strydkreet “Kill the Boer” nie. Hy het nie Malema op sy naam genoem nie.
Die inhegtenisneming van enigiemand vir die gebruik van enige slagspreuk is volgens Ramaphosa ’n kwessie van soewereiniteit.
“Dit is nie ’n kwessie waar ons deur iemand beveel kan word om iemand in hegtenis te gaan neem nie,” het Ramaphosa gesê met verwysing na Trump se vraag waarom Malema nie in hegtenis geneem word nie.
Dokumentêr het meer 42 miljoen kyke
In ‘n onderhoud met BizNewsTv video: wys Ernst van Zyl uit dat sy dokumentêr Is Trump right about South Africa? | Documentary reeds meer 42 miljoen kyke. Dit het viraal gegaan toe Elon Musk daaroor getweet het.
Tuesday May 27, 2025
Tuesday May 27, 2025
Malema veilig
IOL berig: Ramaphosa staan ferm teen Trump: 'Ons sal Malema nie arresteer oor sing van “Kill the Boer” nie!' - President Cyril Ramaphosa het gereageer op die Amerikaanse president Donald Trump wat hom konfronteer met snitte van EFF-leier Julius Malema wat "Maak die boer dood" skree, en gesê dat Suid-Afrika nie deur enige buitelandse leier opdrag sal kry oor wie dit moet arresteer nie.
“Uit die Suid-Afrikaanse staat se oogpunt beskou, was daar soveel belangrike punte wat gemaak moes word, wat doodeenvoudig verlore gegaan het. Kwessies soos buitelandse belegging en handel was krities vanuit Suid-Afrika se oogpunt om te opper en het totaal verlore gegaan.”
Malema gaan bly sing
Maroela Media Kill the Boer | ‘Of ons dit veroordeel of nie, Malema sal dit aanhou sing’
“Ongelukkig is die media geneig om mnr. Malema ’n oneweredige hoeveelheid aandag te gee as die werklike gevolg van sy uitsprake of gesange,” sê pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder.
G20 bywoning
Volgens president Cyril Ramaphosa gaan president Trump die G20 beraad bywoon in November in Suid-Afrika. Daar was egter nog geen bevestiging van die Trump kant af nie.
RNE moet “Kill the boer” veroordeel volgens John Steenhuisen,
Landboucom berig: RNE moet voortgaan om ‘Kill the boer’-lied sterk te veroordeel
“Ek dink regtig Julius Malema moet ernstig introspeksie doen oor wat hy doen wanneer hy die lied ‘Kill the Boer’ sing,” sê John Steenhuisen, minister van landbou.
Die regering van nasionale eenheid (RNE) met voortgaan om die sing van “Kill the Boer” ten sterkte te veroordeel. “Dié lied het geen plek in Suid-Afrika nie. Dis ’n anakronistiese lied wat deur ons almal veroordeel moet word.”
Só sê John Steenhuisen, minister van landbou en leier van die DA, in ’n onderhoud met Landbou.com. Hy het gesê hy dink Malema, leier van die EFF, moet herbesin oor dié lied.
Malema standpunt
Netwerk 24 berig Niemand sal hom arresteer as hy ‘Kill the Boer’ sing, sê Malema
Die woordestryd oor Julius Malema, leier van die EFF, wat die lied “Kill the Boer” Sondag in die Vrystaat gesing het nadat dit ’n opskudding in die Withuis veroorsaak het, is besig om uit te kring.
Die presidensie het Maandag gesê die lied “Kill the Boer” het vandag geen relevansie of plek meer in die Suid-Afrikaanse samelewing nie.
Of dit egter nou veroordeel word of nie, mense soos Malema sal aanhou om dit te sing vir die aandag wat dit op hom vestig maar waarvan die uitkoms onbeduidend bly, sê Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder.
Ian Cameron, DA-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het die video van Malema wat “Kill the Boer” in Koppies sing op X gedeel en gesê “dié ouens voel vere vir Suid-Afrika”.









