Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Aug 06, 2025


Mynbouplan kry kritiek van Gwede Mantashe
Bloomberg berig: 'n Voorstel deur Suid-Afrika se grootste mynmaatskappy en ander sakeleiers wat president Cyril Ramaphosa adviseer oor hoe om die VSA toegang tot Afrika se kritieke minerale te bied, het die land se minister van mynbou kwaad gemaak, wat dit gesien het as 'n poging deur die firma om sy eie belange te bevorder.
Die plan is deur die groep, wat Sibanye Stillwater Bpk. se uitvoerende hoof, Neal Froneman, en raadslid Rick Menell ingesluit het, voor Ramaphosa se vergadering op 21 Mei met president Donald Trump, voorgelê. Minister Gwede Mantashe het gesê hy maak beswaar omdat sy departement nie by die stigting daarvan betrokke was nie, en ook nie die Minerale Raad van Suid-Afrika nie, wat die meeste mynmaatskappye wat in die land bedrywig is, verteenwoordig.
Landsbelang ondergeskik aan die ANC belang
Die Maroela Media joernalis Monica Mynhardt het vandag tydens ‘n ontbytgesprek (video op skakel)  van Solidariteit die volgende uitgewys: "Niks wat ons regering doen is in ons land se belang nie. Wat die regering nou besig is om te doen, is nie in die land se belang nie, en ook nie in hul eie belang nie. Hulle tree heeltemal ideologies domastrant op. Gevolge maak nie saak vir ons regering nie omdat hulle nie die vermoë het om anders op te tree nie."
Tariefplan van Solidariteit
Solidariteit kondig vyfpunt-tariefplan aan ná regering VSA-verhouding aan skerwe laat
Solidariteit het vandag ʼn vyfpunt-tariefplan aangekondig om die gevolge van Suid-Afrika se handelstariefkrisis met die VSA aan te spreek.
Eerstens het Solidariteit reeds ʼn dringende gesprek met die regerings van presidente Cyril Ramaphosa én Donald Trump versoek om die skerwe van ʼn gebroke handelsverhouding tussen Suid-Afrika en die VSA namens Suid-Afrikaners te probeer optel. Solidariteit het reeds uitgebreide voorstelle aan beide regerings gemaak maar glo gesprekke met die Ramaphosa- en Trump-regerings is noodsaaklik.
Solidariteit se vyfpunt-tariefplan bestaan uit die volgende punte:1.    Skakel met die SA regering.2.    Skakel met die VSA-regering.3.    Ondersteun mense wat hulle werk verloor en help hulle om ander werk te kry.4.    Werk saam met ander organisasies om ʼn breë netwerk daar te stel wat kan help om die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings te help besleg, maar ook Suid-Afrikaanse bedrywe wat geraak word te ondersteun.5.    Stel 'n barometer op wat die impak van die tariefverhogings op bedrywe uitbeeld.

Tuesday Aug 05, 2025


Noodtoestand
EWN berig: Die African National Congress (ANC) het die land se ekonomie as in 'n noodtoestand gekategoriseer. Die ANC het gesê die voortdurende debakel oor die Verenigde State se (VSA) tariewe toon die noodsaaklikheid vir die land om 'n veerkragtige ekonomie te bou en na ander markte uit te brei.
Invloed van tariewe
'n Tarief van 30% op Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA, aangekondig deur president Donald Trump, sal die ekonomie aansienlik beïnvloed. Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, Parks Tau, het die Trump-administrasie daarvan beskuldig dat hulle te kwader trou onderhandel, terwyl president Cyril Ramaphosa druk uitoefen vir 'n handel krisis komitee om potensiële werksverliese aan te spreek en nuwe markte in Afrika en Asië te verken.
SA planne
Die Suid-Afrikaanse regering berei ’n steun pakket voor om besighede teen die impak van 30% Amerikaanse invoertariewe te beskerm. Hierdie tariewe bedreig sowat 30,000 werksgeleenthede. Die regering wil handel missies na nuwe markte verskerp, steun aan geraakte maatskappye bied, en beplan ‘n ooreenkoms oor industrialisasie met Sjina. Die proses neem egter tyd en bring groot risiko’s vir vervaardiging en landbou in, veral in die Oos-Kaap.
Werksverliese
Verskillende skattings van werksverliese in Suid-Afrika as gevolg van die VSA se 30% tariewe wissel tussen 30,000 en 100,000 poste:
Regeringsamptenare noem dat ongeveer 30,000 werksgeleenthede in gevaar is, veral in die landbou- en motorbedryf berig Times Live.
ArcelorMittal se uitvoerende hoof, Kobus Verster, waarsku dat 80 000 werksgeleenthede op die spel is sonder regeringsoptrede berig BizNews.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se hoof het gewaarsku dat tot 100,000 poste in gevaar kan wees, wat dui op 'n selfs groter impak as die amptelike syfer berig Maroela Media.
 
Regering planne
Business Day berig: Die Suid-Afrikaanse regering het ’n blok-uitsondering op mededinging wette ingestel om uitvoerders die kans te gee om saam te werk aan infrastruktuur en logistiek sonder vrees vir kartel vervolging, as deel van ’n breër pakket om die impak van die 30% VSA-tariewe te versag.
Saam met ’n uitvoersondersteuningskantoor en ’n R340 miljoen lokaliseringsfonds, probeer die regering werksverliese beperk en uitvoere behou, terwyl dit ook ondersoek instel na nuwe handelskanale sonder haas. Die tariewe het diplomatieke spanning met die VSA verskerp, en die regering bly in ’n moeilike, reaktiewe posisie in die onderhandelinge, maar bly hoopvol en aktief betrokke.

Monday Aug 04, 2025


Blaam hoort voor ANC se deur wys die Solidariteit Beweging uit
Trump-invoertariewe: Blaam hoort voor ANC se deur Die Solidariteit Beweging glo dat die skuld vir die 30%-invoertarief wat vanaf 7 Augustus vir Suid-Afrikaanse invoere sal geld, vierkantig voor die ANC se deur gelê moet word.Die Trump-administrasie het laat Donderdagaand aangekondig dat hy met sy voorgenome heffing op Suid-Afrikaanse invoere voortgaan terwyl buurlande se tariewe afwaarts tot 15% aangepas is.Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die ANC versuim al jare lank om betrekkinge met die VSA te bevorder en wesenlike hervormings in werking te stel wat nodig was om dié hoë tariewe te verhoed.“Suid-Afrika moet nou die prys betaal vir die ANC se gebrek aan optrede. Ons sal voortgaan om met ons netwerke in Amerika te skakel in ’n poging om hulle te oortuig om nie die land te straf as die ANC verkeerd optree nie,” het Buys gesê.
Groepe wat die VSA besoek moet die skuld kry
The Citizen berig: Ronald Lamola het  sommige groepe binne Suid-Afrika gekritiseer wat moontlik die land se verhouding met die VSA benadeel het.
“Dit is ongelukkig dat hierdie regering se pogings om die verhouding met die VSA te herstel, deur sommige akteurs binne die Suid-Afrikaanse samelewing ondermyn is.”
Verteenwoordigers van die Demokratiese Alliansie (DA), AfriForum, die Solidariteit Beweging en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het vanjaar na die VSA gereis om kommer uit te spreek oor Suid-Afrikaanse beleide soos SEB en die Onteieningswet.
Ontwikkel nuwe markte vra Cyril Ramaphosa
Bloomberg berig: Suid-Afrika beplan om nuwe markte vir sy goedere te soek om die impak op sy uitvoere te verreken van Washington se instelling van 30%-tariewe op die land se goedere wat die VSA binnekom.
AFP berig: Suid-Afrika sal nuwe markte in Afrika en Asië soek terwyl dit voortgaan om met die Verenigde State te onderhandel oor dreigende handelstariewe van 30 persent, het president Cyril Ramaphosa Maandag gesê.
Die Verenigde State is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot en Pretoria het gewaarsku dat die Amerikaanse heffing 100 000 werksgeleenthede kan kos, met werkloosheid reeds bo 30 persent.
Die tarief – onder dié wat vanaf 7 Augustus teen verskeie lande in werking sal tree – is die hoogste in Afrika suid van die Sahara en gaan gepaard met diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande wat aan flarde is oor 'n reeks binnelandse en internasionale beleide.

Tuesday Jul 29, 2025


Swart Vrydag. Tarief bom op 1 Augustus
Landboucom berig: Trump se 30%-invoertarief ‘nou ’n sekerheid, nie ’n moontlikheid’
Daar is so te sê geen kans dat Suid-Afrika voor 1 Augustus ’n handelsooreenkoms met Amerika sal bereik nie, sê Jaco Kleynhans, hoof van internasionale betrekkinge by Solidariteit. Enige hoop op verdere uitstel is ook amptelik daarmee heen.
Kleynhans sê Amerika het soveel ander, en soveel groter, handelsvennote met wie hy handelsooreenkomste wou sluit dat Suid-Afrika nooit een van die grootste prioriteite was nie. Terwyl Amerika een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is, verteenwoordig Suid-Afrikaanse produkte minder as 1% van Amerika se invoer.
“Amerika het eerder gekonsentreer op ooreenkomste met China, Brittanje en Japan. Indië is tans ook ’n groot prioriteit, asook Mexiko en Kanada.”
Volgens hom sal Amerika waarskynlik daarop toegespits wees om voor 1 Augustus ooreenkomste met dié lande te finaliseer.
Tarief kan laer as 30% wees volgens Reuters
Reuters berig: Donald Trump sê hy verwag dat die VSA tariewe in die reeks van 15%-20% sal stel vir lande wat nie 'n onderhandelde handelsooreenkoms met die VSA bereik nie.
SA kan nie volgens Dirco praat nie
Newzroom Afrika  video berig: Zane Dangor, direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, sê Suid-Afrika is onder 'n "geen-openbaarmakingsooreenkoms" met Amerika oor die besonderhede van handelsooreenkomste totdat die onderhandelinge afgehandel is.
Nuwe fokus van VSA op plaasmoorde
Maroela Media berig Plaasaanvalle | VSA-afvaardiging maak bevindings bekend ná besoek aan SA “Dit is nié gewone misdade nie.”
VSA-ondersoek bevestig plaasmoorde is nie “gewone misdaad” nie – AfriForum
 AfriForum het vanoggend weer ’n beroep op die prioritisering van plaasaanvalle gedoen ná ’n ondersoek oor plaasaanvalle van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid bevind het dat plaasaanvalle inderdaad nie “gewone misdade” is nie. Die buro het gisteraand hul bevindinge na aanleiding van hul sending na Suid-Afrika bekendgestel. Die burgerregteorganisasie eis ook in die lig van die buro se bevindinge, waarin plaaslike politici se versuim om die “Kill the Boer”-dreunsang te veroordeel, gekritiseer word, dat president Cyril Ramaphosa die dreunsang dringend in die publiek moet veroordeel.

Monday Jul 28, 2025


Tariewe skop 1 Augustus 2025 in
Suid-Afrika is 4 dae weg van 'n 30%-tarief op uitvoere na die Verenigde State, en president Cyril Ramaphosa sê gesprekke met die Trump-administrasie duur voort.
City Press berig: Die Suid-Afrikaanse regering hoop dat die VSA Donderdag se sperdatum vir nuwe handelstariewe sal verleng, aangesien geen formele onderhandelinge nog plaasgevind het nie.
SA staan sterk
Netwerk 24 berig: Beraad van bevrydingsbewegings: SA ‘sal nie swig voor druk van VSA’, veroordeel weer Gasa-volksmoord
Die Suid-Afrikaanse regering het dit duidelik gemaak dat hy nie onder Amerikaanse druk sal swig om sy buitelandse beleid te verander nie.
Dié beleid sal dieselfde bly ondanks die feit dat Amerikaanse wetgewers die bal aan die rol gesit het vir wetgewing om ANC-leiers met sanksies te straf vir hul betrekkinge met sekere lande en organisasies, het Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Suid-Afrika is ’n soewereine staat wat sy eie buitelandse beleid kan bepaal, het Lamola Sondag in Kempton Park by die beraad van Suider-Afrikaanse bevrydingsbewegings gesê. Hy weet in elk geval nie wat vermag kan word met sanksies teen sekere leiers nie.
Tariewe van 30% op 1 Augustus. SA onderteken voorwaardes vir handelsooreenkoms
Maroela Media berig: SA onderteken voorwaardes vir handelsooreenkoms met VSA
“Ons het onvermoeid gewerk aan besprekings met ons eweknieë in die VSA.”
Netwerk 24 berig: Voorwaardes vir handelsooreenkoms met VSA reeds onderteken, sê Tau
Suid-Afrika het ’n opskortende voorwaarde-dokument met die kantoor van die handelsverteenwoordiger van die VSA onderteken. Dit is ’n voorloper tot die afhandeling van  onderhandelinge met die VSA om die 30%-invoertarief wat op 1 Augustus intree, af te weer.
Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, het dié nuus Donderdag gedeel toe hy sy departement se begrotingsrede in die Nasionale Raad van Provinsies gelewer het.
Detail kort
Waar is detail oor handelsooreenkoms? Suid-Afrika kan nie ʼn geen-ooreenkoms-scenario bekostig nie. Die ekonomiese implikasies is veels te groot, sê die DA se Toby Chance.
EU ooreenkoms
Bloomberg berig: Die VSA en die Europese Unie het ooreengekom oor op  15%-tariewe op die meeste van sy uitvoere, insluitend motors, wat 'n handelsoorlog sal afweer wat die wêreldekonomie 'n hamerslag kon gee.

Thursday Jul 24, 2025

Amerikaanse wetsontwerp wat sanksies vir korrupte ANC-politici kan inhou, nóg ’n tree nader aan implementering – AfriForum verwelkom goedkeuring
AfriForum beskryf ’n Amerikaanse kongreskomitee se goedkeuring van ’n wetsontwerp – wat die implementering van geteikende sanksies teen korrupte en ekstremistiese Suid-Afrikaanse politici sal moontlik maak – as ’n positiewe ontwikkeling in die belang van die mense van Suid-Afrika. Ronny Jackson, ’n kongreslid van Texas, het die wetsontwerp, amptelik getiteld die U.S.-South African Bilateral Relations Review Act of 2025, in April vanjaar ter tafel gelê.
Die wetsontwerp sal nou in die Huis van Verteenwoordigers gedebatteer en gewysig word voordat ’n stemming daaroor gehou sal word. Indien die wetsontwerp hier goedgekeur word, sal dit aan die Senaat voorgelê word vir finale oorweging.
Volgens Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, werp die ANC se jare lange roekelose en ekstremistiese diplomatieke optrede en retoriek nou wrange vrugte af.
Solidariteit gaan weer die VSA besoek
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans wys uit: Ekonomiese sanksies deur die VSA teen Suid-Afrika sou katastrofies wees. Solidariteit werk hard om dit te voorkom. Politieke sanksies teen regeringsamptenare en politici wat oor die jare betrokke was by korrupsie en samewerking met anti-Westerse terroristegroepe, is heeltemal geregverdig. Ons ondersteun en moedig dit aan. Ons het die VSA hiervoor gevra tydens ons besoek in Februarie!
Maroela Media berig Solidariteit binnekort weer op pad na Washington
Solidariteit het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag versoek om dringend vyf politieke stappe te implementeer om die versuurde verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA te beredder.
Tariewe skop 1 Augustus 2025 in
Landboucom berig: Trump-valbyl: Nog net 8 dae voor dit dié bedrywe en duisende werksgeleenthede tref
Met ’n invoertarief van 30% sal Suid-Afrikaanse sitrus moeilik in die Amerikaanse mark kan meeding.
Nóg die Amerikaanse regering, aan wie sommige uitvoerders in onder meer die sitrusbedryf handelsvoorleggings gedoen het, nóg die Suid-Afrikaanse regering gee enige duidelike aanduiding of ’n gunstige handelsverdrag voor 1 Augustus onderteken sal word.
Ontwikkel nuwe markte vra Ramaphosa nadat BMW besoek by Rosslyn, Pretoria
SAUK video berig President Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat deur die Verenigde State ingestel is, het besighede gedwing om alternatiewe markte te ondersoek. Hy voeg by dat vervaardigers Afrika-markte moet oopmaak.

Wednesday Jul 23, 2025


Minister afgedank. Begroting kry groenlig
Cyril Ramaphosa het die polities maklike besluit geneem om Nobuhle Nkabane af te dank wat vir hom politieke klippe uit die pad te rol
Konteks
Die 2025-Begrotingswetsontwerp, wat regeringsbesteding en begrotingstoewysings rig, was onder bedreiging weens politieke spanning tussen koalisievennote.
Politieke Dooiepunt
Die Demokratiese Alliansie (DA), 'n belangrike koalisievennoot, het gedreig om die Wetsontwerp te blokkeer uit protes oor korrupsiebewerings wat verband hou met die destydse Minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane. Die DA gaan dit nou steun.
Mosie van wantroue
Die DA gaan ook nie die mosie van wantroue wat MK wil instel teen Cyril Ramaphosa ondersteun nie.
Maroela Media berig: MK-party bring mosie van wantroue teen Ramaphosa “Burgers het genoeg gehad van die verraad van hierdie president en die enorme mislukkings van die regering van nasionale eenheid.”
Keerpunt
President Cyril Ramaphosa het gereageer deur Nkabane vroeër hierdie week af te dank, en het aan eise van die DA en ander opposisiepartye voldoen. Politieke partye het die afdanking verwelkom en voel Ramaphosa moet ook teen ander korrupte ministers optree.
Uitkoms
 Met die DA se steun verseker, word verwag dat die Wetsontwerp vandag  in die Nasionale Vergadering sal slaag. Hierdie stap vermy 'n nasionale begrotingskrisis, verseker voortgesette regeringsbedrywighede en word deur ontleders gesien as 'n teken van verantwoordbaarheid en dat koalisiebestuur in Suid-Afrika werk.
Gebeure kan help om vertroue te herstel
Die oplossing van hierdie krisis versterk beleggersvertroue, demonstreer verhoogde verantwoordbaarheid in die regering en bevestig die stabiliteit van die nuwe koalisiestruktuur op 'n kritieke fiskale oomblik vir die land. Die bal is ook in die Parlement se baan om verdere stappe teen Nkabane omdat sy leuens vertel het aan die parlement.
Geen sukses teen korrupsie
Die SAUK berig (video): Afgetrede Hoofregter Raymond Zondo sê die land veg al meer as 30 jaar teen korrupsie sonder sukses. Hy sê in plaas daarvan dat korrupsie afneem, het dit sedert 1994 toegeneem.

Tuesday Jul 22, 2025


Minister spring president voor
Die Burger berig op sy voorblad: Nkabane blaker haar afdanking op Facebook uit voor CR dit aankondig
Dr. Nobuhle Nkabane het die presidensie vir oulaas omgekrap ná haar skielike afdanking Maandagaand as minister van hoër onderwys en opleiding deur ’n verklaring daaroor uit te reik voordat pres. Cyril Ramaphosa ’n amptelike aankondiging kon doen.
Haar optrede is as “uitdagend” bestempel. Die presidensie het in ’n tweede verklaring bevestig dat sy afgedank is.
Rede vir afdanking
Maroela Media berig: Nkabane afgedank ná sy vergadering misloop  Nkabane het onder skoot gekom nadat bewerings van korrupsie gemaak is.
Implikasies
Die afdanking van Nobuhle Nkabane het verskeie implikasies wat insluit
Verligting van koalisiespanning: Haar verwydering deur President Cyril Ramaphosa spreek beskuldigings van wangedrag aan wat wrywing tussen die ANC  en sy belangrikste koalisievennoot, die  DA wat die afdanking geëis het selfs sover gegaan het om klagtes van bedrog by die SAPD in te dien. Die DA moet nou besluit of hul Woensdag die ANC se Begrotingswetsontwerp gaan steun in die parlement.
Nkabane is, veral deur die DA, daarvan beskuldig dat sy die aanstellings van ANC-gekoppelde individue tot die rade van die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid (SETA) gefasiliteer het en die Parlement oor hierdie aanstellings mislei het. Haar ontslag word gesien as 'n poging om openbare vertroue en verantwoordbaarheid in die regering te herstel.
Politieke oorwinning vir opposisiepartye. Maroela Media berig: ActionSA verwerp ‘kosmetiese kabinetskommelings’ “Suid-Afrika se studente het dapper leierskap, vars idees en dringende optrede nodig – nie meer van dieselfde nie.”
Ontleding
Maroela Media berig: Nkabane gepos: ‘Slag vir ANC-kaderkorrupsie, of bloot sywaartse skuif?’  “In hierdie stadium is die tergende vraag egter of Nkabane in ʼn ander pos in die regering opgevang gaan word. Indien wel, maak dit ʼn bespotting van verantwoordbaarheid.”

Monday Jul 21, 2025


Die Malema vuurwapen saak is uitgestel na 29 September vir uitspraak. Malema noem voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma 'n "sell-out” vir sy onlangse besoek aan Marokko na afloop van die hofsaak.
Cyril Ramaphosa probeer die land oortuig dat dit goed gaan met die ekonomie. Maroela Media berig: Ekonomiese hervorming vorder wél – Ramaphosa Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê die jongste verslag oor Operasie Vulindlela – ʼn regeringswye hervormingsinisiatief wat tydens die sesde administrasie van stapel gestuur is – toon dat die program in volle swang is en reeds tasbare resultate begin oplewer.
Daar het 19 000 voorleggings ingekom oor SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging) vir nuwe voorskrifte veral oor alternatiewe met Starlink die groot gevalle studie.
Dag 1 van die #Flysafair staking word ‘n nagmerrie vir die maatskappy met 26 vlugte wat nie kon plaasvind nie. Boonop het die maatskappy ‘n eendag staking verander in een wat langer as ‘n week kan neem toe die vlieëniers uitgesluit is. Maroela Media berig: FlySafair | Eendagstaking word twee weke lange staking Solidariteit sê FlySafair het net hulself te blameer vir dié verlenging.
Lig in die tonnel is dat die KVBA begin het met mediasie tussen Flysafair en Solidariteit.
Nkosindiphile Xhakaza, burgemeester van Ekurhuleni, skort Thembisa se elektrisiteit verhoging op. Inwoners het vandag begin betoog oor R126-tariefverhoging.
Hofsaak teen Tshwane. Maroela Media berig: Tshwane in hof gedaag oor ‘afgedwingde’ stadsreinigingsheffing Die metro het vandeesweek ’n bykomende R223,53 op inwoners se munisipale rekeninge gehef. (Goeie advies is om jou rekening sorgvuldig deur te kyk vir ander heffings wat ook verkeerd gedoen kan wees)
Daar word ‘n ‘n 2 dae bek-en-klouseer Indaba buite Pretoria gehou met die minister van Landbou wat optree as een van die sprekers.
Die Sunday Times berig: 'n Hele klomp ANC-jeugligalede het raadsposte by Gauteng-hospitale verwerf wat ruim uitbetalings bied net vir die opdaag. Raadslede van die Gauteng-hospitaal word 'n geraamde bedrag van R10 000 betaal vir elke vergadering wat hulle bywoon.
Die 15-jarige Josua Gerber het 'n nuwe onder 16 diskus wêreldrekord van
van 64.48 m by die CAA Afrika O.18/O.20-kampioenskappe in Abeokuta, Nigerië, gegooi.
Dit kan die komende naweek wyd oor gedeelte van Suid-Afrika sneeu.

Thursday Jul 17, 2025


Skok
Die Burger voorblad: Skok, verbasing oor Ntshavheni se opmerking oor ‘staatsgreep’
Die lukrake bewering dat ’n staatsgreep Suid-Afrika moontlik in die gesig staar, was ’n bisarre stelling wat veral die land se reputasie internasionaal skade kan berokken.
Ook, terwyl dit seker nie ’n onmoontlike scenario is nie, is die kans dat ’n staatsgreep hier uitgevoer sal word, betreklik klein, meen ontleders.
Dit is in reaksie op ’n opmerking deur Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, wat Dinsdag op ’n mediakonferensie gesê het daar is ’n risiko dat ’n staatsgreep uitgevoer gaan word.
Prof. Theo Neethling, politieke en militêre kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê vir ’n minister om die moontlikheid te opper sonder om meer duidelikheid te gee, is “ ’n verrassing en selfs ’n skok”.
Potensiële risiko van 'n staatsgreep
News 24 berig: Die Nasionale Veiligheidstrategieverslag vir die tydperk tussen 2024 en 2028 beskryf Suid-Afrika as 'n stabiele en veilige land ten spyte van 'n staatsgreep, sluipmoorde, sabotasie, korrupsie en terrorisme wat onder die belangrikste bedreigings genoem word.
Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die dokument Dinsdag in Kaapstad vrygestel.
Ntshavheni het ook skokkende opmerkings gemaak oor 'n moontlike staatsgreep op die veiligheidsgroep se radar.
Sy het gesê: "Daar is 'n potensiële risiko van 'n staatsgreep. Ons het dit geïdentifiseer en maatreëls ingestel om dit te versag. Daarom sê ons vir Suid-Afrikaners dat daar niemand sal wees wat 'n staatsgreep in Suid-Afrika sal probeer pleeg nie. In die afgelope paar dae of in die afgelope paar weke was daar niemand wat probeer het om 'n staatsgreep in Suid-Afrika te pleeg nie."
Bewerings vergesog
Newzroom Afrika video:  "'n Staatsgreep is vergesog," sê voormalige SANDF-generaal, Maomela Motau, daar is geen aanduiding van 'n moontlike staatsgreep in Suid-Afrika nie. Hy sê 'n staatsgreep gebeur nie sommer net nie, daar is altyd voortekens.
Die Citizen voorblad wys uit:  Waarom 'n militêre staatsgreep in SA onwaarskynlik is.
Militêre kenners onderspeel praatjies van 'n staatsgreep, maar waarsku dat swak regering en werkloosheid onder die jeug tot onrus kan lei.
Daar is geen ernstige risiko van 'n militêre staatsgreep in Suid-Afrika nie, maar die land sit op 'n tydbom van woede – veroorsaak deur armoede, ongelykheid en werkloosheid – wat in 'n opstand kan ontplof, sê kenners.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125