Episodes
Wednesday May 07, 2025
Wednesday May 07, 2025
Spanning in RNE
Die ANC en DA is gedurig in mekaar se hare in die RNE. Met ‘n hofsaak teen diens gelykheid, ‘n begroting wat nie goedgekeur word nie, beleidsverskille en kritiek oor en weer sit die partye nie langs dieselfde vuur nie. Die spanning spoel oor in die ANC waar ‘n gevoel is dat daar ontslae geraak moet word van die DA.
ANC vergeet hy het vennote in die regering
Die ANC bly optree asof hy die enigste party is wat regeer. Die party bly vasklou aan ‘n uitgediende ideologie en beleid. Dit noodsaak partye soos die DA om die hof roete te neem. Die Solidariteit Beweging moes ook leer dat die ANC se oggend en aand praatjies verskil en dat die ANC hom nie verbind aan ooreenkomste nie.
Ekonomie
Finansiële markte hou egter van die RNE ten spyte van die gedurige spanning berig BusinessLive. Dit is veral aandele en effekte wat goed doen. Dieselfde kan nie gesê word van die ekonomie waar Moody’s groei afwaarts aangepas het na 1.5%
Ander gesprekke
Maroela Media berig: Afrikaner-leiers, ANC voer ‘robuuste’ vergadering Die partye het hulle daartoe verbind om “Suid-Afrikaanse oplossings” vir bepaalde kwessies te vind.
Dubbel burgerskap
Maroela Media berig: Hof sê oor dubbele burgerskap Duisende Suid-Afrikaners wat hul burgerskap verloor het omdat hulle nie vooraf toestemming gevra het om dit te behou voordat hulle ’n tweede nasionaliteit aanvaar het nie, mag nou hul burgerskap outomaties terugkry.
Individue met groot welvaart moet behou en nie belas word volgens minister
Business Live berig dat minister van finansies Enoch Godongwana sê ander maatreëls is meer effektief as welvaartbelasting, wat daartoe kan lei dat individue met 'n hoë netto waarde verhuis.
Aanvanklike data van die SA Inkomstediens (Sars) dui daarop dat daar 2 850 individue in SA is met netto bates van meer as R50 miljoen, wat 'n totaal van R245 miljard in plaaslike bates en R150 miljard in buitelandse bates het, het minister van finansies, Enoch Godongwana, onthul in 'n antwoord op 'n parlementêre vraag oor die moontlike instelling van 'n welvaartbelasting.
Hierdie groep het R7 miljard in persoonlike inkomstebelasting betaal (wat ook op opbrengste van buitelandse bates is) en Godongwana het gesê hierdie inkomste sal in gevaar gestel word as hierdie individue besluit om van belasting verblyfplek te verander as gevolg van die instelling van 'n welvaartbelasting.
Tuesday May 06, 2025
Tuesday May 06, 2025
Met bo normale reën wat die afgelope seisoen geval het en munisipaliteite wat minder spandeer aan die onderhoud en regmaak van paaie sit Suid-Afrika met ‘n reuse slaggat probleem.
Daar is 25 miljoen slaggate oor SA volgens die Automobiel-Assosiasie (AA). Daar is egter geen noemenswaardige politieke wil om die probleem aan te spreek en met ‘n veldtog te begin om slaggate reg te maak nie.
AfriForum herstel weekliks honderde slaggate binne elke tak se vermoë in die gebied waar die tak aktief is.
Motoriste wat Goudstraat in die Goedeburg woonbuurt in Benoni, gebruik, het nou 35 minder slaggate om oor bekommerd te wees danksy die span van die AfriForum Benoni-tak om op ‘n enkele voorbeeld te fokus.
Johannesburg die "kraterstad"
Johannesburg word wyd beskou as die Suid-Afrikaanse stad met die grootste slaggat probleem. Verskeie onlangse verslae beskryf Johannesburg se paaie as "kraterstad", met slaggate wat daaglikse pendelritte in hindernisbane verander en aansienlike skade aan voertuie veroorsaak en selfs tot noodlottige ongelukke bydra. Versekeringsdata toon dat Johannesburg, saam met Pretoria, verantwoordelik is vir meer as 'n derde van die land se slaggat verwante eise, wat die omvang van die probleem in hierdie stede beklemtoon.
Slaggat voor die VSA ambassadeur se huis in Tshwane reg gemaak deur AfriForum
AfriForum het 'n slaggat voor die Amerikaanse ambassadeur se woning, geleë op die hoek van Premier- en Victoriastraat in Waterkloof in Pretoria verlede week herstel.
Tshwane steur hom nie veel aan slaggate nie
The Citizen berig: Tshwane-burgemeester onder skoot en dink nie daar is ‘n slaggat probleem nie.
Plaaslike inwoners sê die burgemeester se slaggat syfers weerspieël nie die werklikheid van verkrummelde strate regoor die hoofstad nie.
Sommige Tshwane-inwoners glo dat burgemeester Nasiphi Moya in ‘n fantasie leef nadat sy in haar stadsrede beweer het dat daar slegs vyf slaggate in die stad is wat nie herstel is nie.
Daar is 25 miljoen slaggate oor SA volgens die AA.
Slaggate bly 'n groot probleem vir die land, ten spyte van voortdurende pogings van die regering om die probleem aan te spreek deur middel van verskeie instandhoudings programme en geteikende herstel inisiatiewe.
Die Automobiel-Assosiasie (AA) glo dat die aantal slaggate op SA paaie meer as 25 miljoen kan wees. In die verlede het die toestand van paaie protes van gemeenskappe ontlok, veral waar beskadigde paaie toegang tot noodsaaklike dienste en openbare vervoer belemmer het berig IOL
Wednesday Apr 30, 2025
Wednesday Apr 30, 2025
In vandag se episode delf ons in die dringende ekonomiese en politieke uitdagings waarmee Suid-Afrika te kampe het. Die ANC se stryd met nasionale ekonomiese strategieë en die implikasies van regstellende aksiebeleid word ontleed, tesame met 'n kritiese ontleding van semi-staatlike finansiële bestuur.
Die episode bespreek ook die rol van BRICS in die vorming van globale ekonomiese dinamika en die potensiële gevolge vir Suid-Afrika se finansiële landskap. Ons ondersoek onlangse verklarings van politieke figure en die impak van tegnologiese vooruitgang op regeringsdienste, sowel as die voortdurende inhoudkrisis by die SABC.
Tuesday Apr 29, 2025
Tuesday Apr 29, 2025
Regering verloor BTW rondte
Maroela Media berig: Hof bekragtig skikking: BTW-verhoging opgeskort
Die skikking bevestig dat enige toekomstige pogings om die BTW-koers te verhoog, aan wetlike prosedures en parlementêre goedkeuring onderhewig sal wees.
Geen ‘nasionale sluiting’
Netwerk 24 berig: Wees gerus, ‘geen nasionale sluiting’ oor gesloer met begroting
Suid-Afrikaners wat reeds juig oor die afskaffing van ’n verhoging in die BTW-koers, hoef ook nie naels te kou oor of die voorlegging van ’n derde begroting tot ’n staking in staatsdienste sal lei nie.
Sondag se uitspraak deur die hooggeregshof dat die tesourie sy plan laat vaar om BTW met ’n halwe persentasiepunt te verhoog, beteken Enoch Godongwana, minister van finansies, moet die fiskale raamwerk en die wetsontwerpe wat met vanjaar se begroting verband hou, onttrek en wysig sodat dit weer in die parlement ter tafel gelê kan word.
Met die parlement wat nog ’n sperdatum vir “Begroting 3.0” moet bevestig, word daar reeds gekriewel oor die staat wat steeds sonder ’n begroting sit terwyl reeds ’n maand in die nuwe boekjaar verloop het.
Dr. Roy Havemann, senior ekonoom aan die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER), sê egter daar is geen risiko verbonde aan nóg ’n gewysigde begroting nie.
“Die enigste risiko is hoe die gesloer met ’n nuwe begroting die geloofwaardigheid van die tesourie en, in ’n mindere mate, die regering van nasionale eenheid (RNE), moontlik benadeel,” sê hy.
- Verlof van amptenaar
BusinessLive berig: Top Tesourie-amptenaar op sabbatsverlof voor moeilike derde begroting
Vrae geopper oor of die hoof van die begrotingskantoor, Edgar Sishi, verlof geneem het omdat hy ongemaklik was oor die rigting van fiskale beleid van die minister.
Terwyl SA voorberei vir 'n moeilike derde begroting, het dit aan die lig gekom dat die hoof van die Tesourie se begrotingskantoor, Edgar Sishi, op 'n ses maande lange sabbatsverlof is, wat vrae laat ontstaan oor wie die kompleksiteite sal bestuur om die syfers nog een keer te laat werk.
Vrae is ook gevra of Sishi, wat die stuur van die begrotingskantoor tydens die Covid-19-krisis oorgeneem het, bedank het omdat hy ongemaklik was oor die rigting van fiskale beleid.
Die beleid het in Februarie van koers verander toe die minister van finansies, Enoch Godongwana, 'n groot bestedingsverhoging – befonds deur hoër BTW – voorspel het na jare van regeringsafhanklikheid hoofsaaklik van bestedingsbesnoeiings om stygende openbare skuld te stabiliseer.
Wednesday Apr 23, 2025
Wednesday Apr 23, 2025
Spanning verhoog
Die toename in volume op sosiale media is te wyte aan verhoogde spanning rondom regeringsbeleide in Suid-Afrika, veral oor die ANC-geleide regering se optrede rakende die Afrikaanse gemeenskap en regstellendeaksie-regulasies. Die herhaalde kritiek van Kallie Kriel en die AfriForum beklemtoon vermeende verraad van ooreenkomste wat bedoel is om Afrikaanse skole te beskerm en aansprake van rassisme in regstellende aksie. Dit het 'n sterk gesprek op sosiale media ontketen, met verskeie belanghebbendes wat hul menings uitgespreek het, wat gelei het tot 'n aansienlike toename in besprekings en gedeelde inhoud oor die onderwerp.
Minagting van die hof. Tyd tot 30 April voor regsaksie
Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof
Solidariteit gaan die hof vra om president Ramaphosa, as staatshoof, skuldig te bevind aan minagting van die hof. Dit volg nadat die regering ’n skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering van Suid-Afrika, oor rassewetgewing, verbreek het.
Solidariteit het vandag as eerste stap vir die president geskryf dat hy die ooreenkoms moet implementeer om regstappe te vermy.
Die ooreenkoms is op 28 Junie 2023, onder toesig van die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), gesluit en deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Suid-Afrika gefasiliteer. Die ooreenkoms is ook ’n bevel van die hof gemaak.
Ingevolge die hofbevel moet die ooreenkoms saam met die regulasies van die Wet op Billike Indiensneming, wat reeds in 2023 ontwikkel is, gepubliseer word. Die finale regulasies is op 15 April 2025 gepubliseer, maar net enkele bepalings van die ooreenkoms is gepubliseer.
Die regering het eensydig bepalings verwyder, soos dat rassewette tydelik moet wees, dat niemand op grond van rassewette afgedank mag word nie en dat werkgewers verplig is om die inherente vereistes van ʼn pos en die poel van beskikbare vaardighede in ag te neem.
Reaksie
Kallie Kriel skryf: Die ANC-geleide regering is eerloos. Eers het hulle die ooreenkoms, wat gemik was daarop om te verhoed dat die anti-Afrikaanse Bela-wet Afrikaanse skole vernietig, gewetenloos verbreek. Nou verbreek hulle ook die ooreenkoms met Solidariteit dat r(a)stellende aksie-regulasies nie op ongebreidelde rassisme mag neerkom nie.
Tog vra president Ramaphosa ewe vroom dat “Suid-Afrikaanse oplossings vir Suid-Afrikaanse probleme gevind moet word”, terwyl hy en sy regering, sonder om ’n oog te knip, plaaslike oplossings wat met hulle beding is, minag.
Dit is om hierdie rede dat AfriForum en ons kollegas in die Solidariteit Beweging geen ander keuse het as om internasionale steun te soek vir die beskerming van menseregte wat deur ANC-leiers in die regering geskend word nie.
Tuesday Apr 22, 2025
Tuesday Apr 22, 2025
Kyk na keuses
The Sunday Times berig: President Cyril Ramaphosa het gesê hy gooi net wyd op soek na ambassadeur in die VSA, met verrassende name wat voorgehou word as moontlike plaasvervanger vir Ebrahim Rasool.
Dit sluit in: Roelf Meyer, Marthinus van Schalkwyk, Andries Nel en Gerhard Koornhof.
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: President Ramaphosa oorweeg glo vier Afrikaners vir die Amerikaanse ambassadeurspos. Roelf Meyer, Marthinus van Schalkwyk, Andries Nel, Gerhard Koornhof. Wie beledig hy die meeste: president Trump of Afrikaners?
Die probleem is diep beleidsprobleme. Die ambassadeur moet bloot die regering gaan verteenwoordig. President Ramaphosa moet beleidsverandering lei en nie probeer om president Trump met ‘n slap Afrikanerriem uit te vang nie.
Pasop vir die slapriem waarsku Dirk Hermann
Dirk Hermann skryf: ‘n Afrikaner as ambassadeur – moenie president Trump met ‘n Afrikaner-slapriem probeer vang nie
President Ramaphosa het nou almal deurmekaar. Eers het hy Mcebisi Jonas as spesiale gesant na Amerika aangewys, en kort daarna word daar gespekuleer dat vier Afrikaners oorweeg word as ambassadeur.
‘n Spesiale gesant word vir ‘n spesifieke taak of doel aangestel. Dis ‘n tydelike pos, gewoonlik om hoëvlak-onderhandelinge te voer. In hierdie geval moet die spesiale gesant eers die dispuut tussen Suid-Afrika en Amerika probeer ontlont, en daarna onmiddellik begin met onderhandelinge vir ‘n nuwe bilaterale ooreenkoms met die VSA.
‘n Ambassadeur is die amptelike verteenwoordiger van een land by ‘n ander. Hy verteenwoordig die staatshoof of regering in die gasheerland. Hy het ‘n breë politieke mandaat en bestuur wye bilaterale verhoudinge.
Eenheid belangrik
Maroela Media berig ‘Bevordering van eenheid’ lei Ramaphosa oor aanwys van ambassadeur . Daar word onder meer bespiegel dat pres. Cyril Ramaphosa vier wit Afrikaners vir die pos as ambassadeur na die VSA oorweeg.
Sluit van ambassades in Afrika
Trump wil ambassades in Afrika sluit Pres. Donald Trump van die VSA se administrasie oorweeg om talle Amerikaanse ambassades en konsulate reg oor Afrika te sluit as deel van ’n drastiese herstrukturering van die Amerikaanse departement van buitelandse sake.
Monday Apr 14, 2025
Monday Apr 14, 2025
Trump opmerking oor Malema
Die gesprek punt die naweek is te danke aan Donald Trump se aankondiging oor 'n potensiële Amerikaanse boikot van die komende G20-beraad in Suid-Afrika, met verwysing na kommer oor plaasmoorde en grondonteiening. Hierdie stelling het beduidende reaksies ontlok, insluitend kritiek van die Suid-Afrikaanse politikus Julius Malema, wat besprekings en debatte aanlyn verder aangewakker het. Die kombinasie van Trump se hoëprofielstatus en die omstrede aard van die betrokke kwessies het gelei tot verhoogde media- en sosiale media-betrokkenheid.
Maroela Media berig: EFF-uitsprake laat Trump twee keer dink oor G20
“Is dit waar ons wil wees vir die G20? Ek dink nie so nie!” het hy geskryf, met video’s van die EFF se leier, Julius Malema, wat opruiende uitsprake maak oor grondbesetting en revolusionêre geweld.
Ontleding van Mcebisi Jonas as nuwe gesant na die VSA
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans Die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se nuwe gesant in die VSA kan net met gemengde gevoelens begroet word. Jonas is bekwaam, het 'n goeie rekord as adjunkminister van finansies in die verlede, asook meer onlangse sake-ervaring by MTN en word nie soos baie ander senior ANC-lede as 'n tipiese anti-Amerikaanse kruisvaarder gesien nie. Tog was hierdie aanstelling 'n gulde geleentheid vir president Ramaphosa om iemand van buite die ANC aan te stel en te wys dat hy ernstig is oor die RNE. Tog het hy besluit om iemand uit sy eie party aan te stel. Die Amerikaners sal waarskynlik ook die aanstelling met ’n skoot skeptisisme begroet.
Plaaslik kan ANC die BTW verhoging laat vaar
Times Live berig: ANC is gereed om 0,5% BTW-verhoging te laat vaar. ANC staan voor 'n moeilike taak om minister van finansies, Enoch Godongwana te oorreed om alternatiewe te vind nadat partye verhoging verwerp het
Die ANC sal waarskynlik sy aandrang op 'n BTW-verhoging in vanjaar se begroting laat vaar, te midde van aanduidings dat nie een van die partye met wie hy vandeesweek samesprekings gevoer het, dit sal ondersteun nie.
Die U-draai kom nadat die DA, die ANC se hoofvennoot in die regering van nasionale eenheid (RNE), die eerste keer sy besware geopper het toe minister van finansies, Enoch Godongwana, in Februarie 'n BTW-verhoging van twee persentasiepunte voorgestel het.
ANC steun daal volgens peiling
Rapport berig: Eksklusief: DA steek ANC verby in nuwe peiling
Die DA se steun het midde-in die breekspul oor die begroting só toegeneem dat hy nou meer steun as die ANC het, wys ’n nuwe peiling.
Die DA het nou 30,3% van die steun in die land teenoor die ANC se 29,7%, wys die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se jongste peiling.
Thursday Apr 10, 2025
Thursday Apr 10, 2025
Die episode kyk na die stormagtige gebeure wat globale en Suid-Afrikaanse finansiële markte raak. Oor die afgelope 48 uur het handelstariewe aansienlike ontwrigtings veroorsaak in Suid-Afrika , China en die res van die wêreld.
90 Dae pouse behalwe China
Netwerk 24 berig: Trump stel pouse van 90 dae in op nuwe tariewe, behalwe vir China
Pres. Donald Trump het Woensdag onverwags ’n pouse van 90 dae as deel van sy tariefplan gemagtig, maar hy verhoog terselfdertyd die tariefkoers vir China van 104% tot 125%, wat onmiddellik van krag is.
Markte herstel
Bloomberg berig: Die reaksie regoor Wall Street was vinnig en eufories. Aandele het $3 triljoen bygevoeg in 'n kwessie van minute nadat president Donald Trump die implementering van sommige van sy strengste tariewe onderbreek het.
SA vir eers vrygestel
Maroela Media berig: Trump skort tariewe tydelik op; straf China selfs swaarder
Pres. Donald Trump van die VSA sê hy het hierdie besluit geneem nadat meer as 75 lande na die VSA uitgereik het om oor die tariewe te onderhandel. Markte het intussen geweldig gunstig op die aankondiging gereageer.
News 24 berig: Suid-Afrika is ingesluit by die lys van die lande wat 'n 90-dae pouse in die Amerikaanse president Donald Trump se hoër wederkerige tariewe sal sien, het Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, bevestig.
Tariewe van 31% het Woensdag teen Suid-Afrika ingeskop, maar Trump het later die dag van koers omgedraai en 'n pouse aangekondig vir lande wat met sy administrasie in gesprek gegaan het om te onderhandel, en geen vergeldingstariewe ingestel het nie.
"Ons het 'n nota ontvang oor die besluite wat gister geneem is, en ons span het gister koppelvlak met die Amerikaanse ambassade gehad met betrekking tot die algehele verbintenisse met die VSA," het Tau Donderdagoggend in 'n onderhoud met Bongani Bingwa van 702 gesê.
Trump se algemene invoertarief van 10% geld egter steeds vir Suid-Afrika.
SA verhouding met die VSA
Netwerk 24 berig: ‘Trump martel ons elke dag en nag’ – Mbalula
Die ANC wil ’n afvaardiging saamstel om met die Amerikaanse regering te vergader om betrekkinge te herstel.
So het Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê en bygevoeg hulle is bewus van ’n voorgestelde wetsontwerp wat in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers ingedien is om sanksies teen ANC-leiers in te stel.
Wednesday Apr 09, 2025
Wednesday Apr 09, 2025
In vandag se episode kyk ons na die huidige politieke toneel in Suid-Afrika, waar spanning tussen die ANC en DA eskaleer. Die stryd om mag binne die ANC word uitgelig, met interne faksies wat meeding om invloed voor die volgende presidentsverkiesing.
Terselfdertyd bevind Suid-Afrika hom in die middel van internasionale handel turbulensie, met die Trump-administrasie se tariewe wat 'n potensiële handelsoorlog met China ontketen het. Hierdie situasie word verder gekompliseer deur debatte oor die land se standpunt teenoor Israel.
Laastens waarsku erge weerberigte oor hewige storms in verskeie provinsies, wat infrastruktuur skade dreig en die land se veelsydige uitdagings verskerp.
Faksie gevegte in ANC
Netwerk 24 berig: Uitval tussen ANC en DA eerder ’n magspel binne ANC – Steenhuisen
“Die huidige uitval tussen die ANC en die DA in die regering van nasionale eenheid (RNE) is deel van ’n groter magspel in die ANC om uiteindelike beheer van dié party.”
DA
Maroela Media berig ‘Laat hulle loop,’ sê Mbalula oor DA
Fikile Mbalula het Dinsdag gesê die ANC is “diep bekommerd” oor die DA se optrede.
Magsdeling
Maroela Media berig DA bereid om ‘magsdeling met ANC te bespreek’
Steenhuisen het Dinsdag gesê die DA het ’n omvattende stel voorstelle aan pres. Cyril Ramaphosa voorgelê wat groei en werkgeleenthede sal ontsluit.
VF Plus bly in RNE
Eyewitness News @ewnupdates berig dat die VF Plus nie die RNE sal verlaat nie al het die party nie die onlangse begroting gesteun nie.
Tariewe, wisselkoerse en JSE
China stel ‘n 84% tarief in teenoor die VSA. Die rand het vandag teenoor die dollar verswak en gedaal tot R19.82 teenoor die dollar. Die JSE was ook in die rooi weens die verswakking van die rand.
Tuesday Apr 08, 2025
Tuesday Apr 08, 2025
Verdere gesprekke
Netwerk 24 berig ANC het nog nie oor RNE besluit nie, wil verder praat
Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê ondanks die woelinge binne die regering van nasionale eenheid (RNE), bly die party verbind tot die koalisie.
Mbalula sê die ANC het nie ’n besluit geneem oor enige party in die RNE nie, nie eens die DA nie. Mbalula het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die ANC sal die "hersetknoppie druk" wat die RNE betref.
"Die RNE is kompleks en vereis volwassenheid. Politieke partye met verskillende ideologieë is byeen so ons verstaan dat almal nie altyd saamstem nie. Ons het geweet dit sal nie 'n maklike reis wees nie."
Mbalula sê hy is nie bewus van enige kabinetskommelling nie. “Dit is die president se prerogatief. Hy het dit nie met ons gedeel nie.”
Hy het ook regeringsreëls voorgestel. Mbalula sê daar is mense binne die ANC wat nie met die DA se deelname in die RNE saamstem nie. “Maar ons is lojaal teenoor die RNE, want dit gaan oor die belange van Suid-Afrika. Ons werk vir Suid-Afrika. Ons is volwasse en sal nie dat enige party ons dreig nie.”
Misinformasie rol
Kallie Kriel skryf: Dit is ’n groot teleurstelling dat John Steenhuisen hom skaar by die ANC se standpunt dat die VSA se optrede rakende Suid-Afrika bloot die gevolg van misinformasie is. Dié standpunt het tot gevolg dat:
Die ANC gehelp word om verantwoordelikheid te ontduik vir hul roekelose beleidsrigtings en uittartende optrede teenoor die VSA, wat tot die huidige krisis gelei het. John help die ANC om valslik AfriForum en Solidariteit as sondebokke te kan uitbeeld wat glo “misinformasie” versprei.
Wisselkoers
Die rand het teenoor die dollar en Britse pond verswak nadat die begroting nie goedgekeur is nie en daar spanning is in die RNE daaroor.
Dit is ook beïnvloed deur tariewe ingestel deur die VSA. Maroela Media berig: Markte reageer op Trump-tariewe: ‘Wêreld van nou af ander plek’ “Ons is omtrent in vir ’n ding. Ek weet nie hoe lank hierdie ding gaan aanhou nie, maar ek kan nou vir jou sê: Die kanse vir ’n resessie in Suid-Afrika is baie goed,” meen Dawie Roodt.
Sakesektor
Maroela Media berig: Ramaphosa: ‘Sakesektor kan nie regering voorskryf’ Die regering word nie deur die sakesektor voorgeskryf nie. “Finish en klaar.”









