Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Thursday Feb 19, 2026


NGV gaan nog “spook” as beleid
Ernst van Zyl skryf: Gister het AfriForum aangekondig dat ons pres. Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering dagvaar oor hul poging om gesondheidsorg deur middel van NGV te kaap. Ons het 'n perskonferensie by die verlate Kempton Park "spookhospitaal" gehou, want hoekom bloot die potensiële toekoms onder NGV beskryf as ons dit vir mense kan wys?
AfriForum dagvaar president en kie oor grondwetlikheid van NGV-wet
AfriForum video AfriForum ontbloot die ware agenda agter NGV.
AfriForum se Ernst van Zyl verskaf die politieke konteks agter Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), en ontbloot die bose ideologie wat dit dryf.  
Staan saam met AfriForum teen NGV. Besoek www.jougesondheid.co.za.
Maroela Media berig: Ramaphosa en kie gedagvaar oor NGV
Die stap is tydens ’n mediakonferensie by die vervalle Kempton Park-hospitaal aangekondig as ’n waarskuwing van dit wat op die land se gesondheidsektor kan wag sou NGV in werking gestel word.
Die Burger berig op hul voorblad AfriForum dagvaar Ramaphosa en ander oor NGV
Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag ’n dagvaarding op onder andere pres. Cyril Ramaphosa laat beteken as deel van die organisasie se regstappe om die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te betwis.
Ander regeringslui wat by die dagvaarding ingesluit word, is dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Enoch Godongwana, minister van finansies, Thoko Didiza, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), en Refilwe Mtsweni-Tsipane, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).
AfriForum het dié stap Woensdag op ’n mediakonferensie by die vervalle Kempton Park-hospitaal aangekondig.
Die party meen dié hospitaal dien as ’n waarskuwing van dit wat op die land se gesondheidsektor kan wag sou NGV in werking gestel word.
Wian Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger in die saak, sê AfriForum se regstappe berus daarop dat die NGV-wet in stryd met die Grondwet is en daarom ongeldig verklaar en na die parlement terugverwys moet word.
“Enkele punte van ongrondwetlikheid waarteen AfriForum beswaar maak, sluit in die verwatering van provinsiale regerings se grondwetlike magte, die inperking van pasiënte se vryheid van keuse, die inperking van die kliniese onafhanklikheid van gesondheidspraktisyns en die gebrek aan rasionaliteit van die NGV-raamwerk weens die ekonomiese onwerkbaarheid daarvan,” sê Spies.

Wednesday Feb 18, 2026


Rampbestuursentrum draai land en regering ’n rat voor die oë
Verklaar BKS, waterkrisis, vloede amptelik as nasionale rampe, eis AfriForum ná rampklassifikasie
AfriForum doen ’n dringende beroep op Velenkosini Hlabisa, die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, om bek-en-klouseer (BKS), die land se waterkrisis en die onlangse verwoestende vloede in die noorde van die land amptelik as nasionale rampe te verklaar. Die burgerregteorganisasie eis verder dat die nodige regulasies in die Staatskoerant gepubliseer word om die volle wetlike meganismes in werking te stel om hierdie krisisse daadwerklik te bekamp.
Dié skriftelike versoek, wat AfriForum Woensdag aan die minister gerig het, volg nadat die Nasionale Rampbestuursentrum BKS en die vloede nog net geklassifiseer het as rampe, maar dit nog nie as sodanig verklaar het nie. Volgens AfriForum misbruik die Rampbestuursentrum die klassifikasie van ’n ramp om gemeenskappe en politici se monde te snoer in gevalle waar ’n ramp formeel verklaar moet word.
Kragtens artikel 23 van die Rampbestuurswet 57 van 2002 word daar met die klassifikasie van ’n ramp bloot erken dat ’n ernstige situasie bestaan en word daar daardeur bepaal watter sfeer van regering die aangeleentheid moet hanteer. Daarenteen verseker die verklaring van ’n ramp, soos deur artikel 27 van die wet omskryf, die beskikbaarstelling van onder meer hulpbronne, noodaankope en fondse.
Statistiek
Landboucom berig: Statistiek oor BKS-uitbrekings bevraagteken
Die Vrystaatse departement van landbou het op 13 Februarie in ’n verklaring bekend gemaak dat 344 gevalle van BKS tot dusver in dié provinsie bevestig is.
KwaZulu-Natal se veeartsenydienste het gesê 17 833 gevalle was reeds aan die begin van die maand in dié provinsie bevestig.
Die nasionale departement van landbou het in ’n tegniese verslag op 16 Februarie aangedui dat die totale aantal gevalle in Suid-Afrika, wat by die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (WOAH) aangemeld is, in daardie stadium 865 was.
Entstof ingevoer
Maroela Media berig: Bek-en-klou | Miljoen entstowwe op pad na SA
Private veeartse sal ook nou toegelaat word om te help met die nasionale inentingsprogram.
Landboucom berig: BKS: Private veeartse mag inent; miljoen dosisse Saterdag in SA
’n Miljoen dosisse Argentynse entstof sal eerskomende Saterdag in Suid-Afrika aankom, het John Steenhuisen, minister van landbou, op Dinsdag 17 Februarie aangekondig. Hy het ook bekend gemaak dat private veeartse nou mag registreer om die staat in sy massa-inentingsprogram te help.

Tuesday Feb 17, 2026


Verklaring van ramp
Landboucom berig: BKS: Verklaring van ramp maak veranderinge aan wetgewing moontlik
Die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) kom uit ’n tyd toe boerdery aansienlik anders as vandag gelyk het. Dit is egter steeds die wet wat geld vir die bestuur van dieresiektes, aangesien die Wet op Dieregesondheid (Wet 7 van 2002) steeds nie toegepas word nie.
Dr. Gideon Brückner, voormalige direkteur van dieregesondheid in die departement van landbou, het aan Landbouweekblad gesê hoewel oudpres. Thabo Mbeki dié wet al in 2002 onderteken het, is dit steeds nie gepromulgeer nie. Hy het egter in die afgelope tyd terugvoering ontvang dat daaraan gewerk word om dié wet ingestel te kry. Dis nie duidelik hoekom dié wet nog nie ingestel is nie.
Intussen moet die departement egter die 1984-wet toepas. Die verklaring van die nasionale ramp gee die departement egter nou die geleentheid om die wetgewing aan te pas om die krisis te bestuur terwyl die verklaring van die ramp geldig is, het Jurgens Dyssel, hoofdirekteur van beleid, institusionele ontwikkeling en nakomingsbestuur van die nasionale rampbestuursentrum, verduidelik. Hy het gesê die minister van landbou het nie self die mag om bestaande wetgewing te verander wanneer dit problematies is nie. Hy het verduidelik dat soos in die inperkingstydperk gedurende die covid-pandemie stel die rampverklaring die departement nou in staat stel om wetgewing makliker aan te pas om die krisis beter te bestuur.
Saai toets boere en publiek se gevoel oor BKS
Saai Boere het hul stem laat hoor in ’n landwye BEK-krisispeiling. Die finale resultate bevestig wat reeds op plase ervaar word:  Oorweldigende frustrasie oor die stadige reaksie,  Groot kommer oor entstof-uitrol en voorsiening,  Die gevoel dat kundigheid opsy geskuif word,  ’n Ernstige gebrek aan aanspreeklikheid.
Alhoewel BEK as ’n nasionale ramp verklaar is, bly die kernvraag: gaan daar vinnig en prakties opgetree word? Met sowat 14 miljoen beeste wat beskerming benodig, kan beperkte vrystellings en sentralisering nie die krisis oplos nie. Volle benutting van bestaande kapasiteit is nou krities.  Sien die volledige resultate
Danie Odendaal
kykNET Argief In Gesprek: Dr. Danie Odendaal | 16 Februarie 2026 | kykNET
Lourensa gesels met dr. Danie Odendaal wat deur die minister van landbou, John Steenhuisen uit die ministeriële taakspan vir staatsbeheerde siektes geskop is.
Probleme in die Vrystaat
Netwerk 24 berig: Vrystaat sonder enkele BKS-entstof terwyl Wes-Kaap reeds inent
Terwyl die Wes-Kaap – wat eers onlangs sy eerste gevalle van bek-en-klouseer (BKS) aangemeld het – reeds met inentings van vee begin het, is daar tans nie ’n enkele dosis entstof in die Vrystaat beskikbaar nie.

Monday Feb 16, 2026


Waarskuwings
AfriForum waarsku al meer as 'n dekade lank teen die risiko van 'n watervoorsienings krisis wat Johannesburg en Gauteng tref. Nou is dit hier  
AfriForum Documentary: Running dry – A nation on the brink
AfriForum veg teen die waterkrisis in Suid-Afrika
AfriForum video  Waterkrisis! @AfriForum se @ConCaracal gesels met @LambertdeKlerk, hoof van Omgewingsake, oor die waterkrisis wat tans afspeel in Suid-Afrika, en oor hoe @AfriForum help om gemeenskappe weerbaar te maak teen die krisis, asook meer staatsbestand maak. 
Taakspan
Nog ʼn taakspan vir waterkrisis: ‘Ramaphosa bou lugkastele’
Die skeptisisme spruit uit ʼn geskiedenis van taakspanne wat oënskynlik min tot stand gebring het.
Ministers aangesê om staatsrede te mis weens waterkrisis
Twee ministers is opdrag gegee om eerder aandag te gee aan Johannesburg se waterkrisis as om Donderdagaand se staatsrede in Kaapstad by te woon.
-             Gauteng
Waterkrisis | ‘Dringende ingryping nodig’ – VF Plus
“Die tyd vir verskonings is verby. Inwoners verdien betroubare basiese dienste.”
Jhb-wateronderbrekings
Jhb-wateronderbrekings | ‘Ruik my! Ek het geen water vir meer as 24 dae’
Ongeveer 150 inwoners van Johannesburg het vandeesweek met plakkate en leë plastiekbottels in die strate van Melville teen die voortdurende wateronderbrekings betoog.
Waterkrisis: Jhb Water mik hoog, maar ‘skiet heeltemal te kort’
Johannesburg Water het in Mei 2025 groot beloftes gemaak, maar ses maande later nie naastenby sy teikens behaal nie. Die wiele het teen vroeg Februarie vanjaar behoorlik begin afkom met sommige inwoners wat nou al meer as drie weke sonder water sit.
Johannesburg Water het in sy sakeplan in Mei verlede jaar beloof om 85% van gebarste waterpype en lekkasies binne 48 uur te herstel, en alle fakture binne 30 dae te betaal.
Luidens die rekords van die Parlementêre Moniteringsgroep (PMG) het die ouditeur-generaal (OG) die parlement se komitee oor water en sanitasie in November 2025 meegedeel dat net 67% van gebarste pype binne 48 uur herstel is. Dit is teenoor die teiken van 85%.

Thursday Feb 12, 2026


Lesufi vra verskoning oor opmerking
Maroela media berig Lesufi ‘jammer’ oor opmerkings oor water
 Lesufi het Woensdag tydens ʼn konferensie oor Gauteng se wateruitdagings aan inwoners van Johannesburg gesê dat hy ook wateronderbrekings ervaar en soms by hotelle moet bad.
Video Hotel bad kommentaar veroorsaak herrie op sosiale media
-             Lesufi moet in hotel gaan bad
Netwerk 24 berig: Waterkrisis in Goudstad: ‘Ek moet by hotel stort’ – Lesufi
Die waterkrisis in die Johannesburg-metro is nie net weens instandhoudingswerk wat nie gedoen is nie, maar ook weens ’n ontploffing wat die waternetwerk gepootjie het, het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Woensdag in Marks Park, Emmarentia, aan Netwerk24 gesê.
Lesufi het saam met Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, en David Mahlobo, adjunkminister van water en sanitasie, ’n toesigbesoek aan onder meer Emmarentia afgelê.
Inwoners van woonbuurte oor die metro heen en ook ander gebiede wat van Rand Water afhanklik is, gaan gebuk onder ’n voortslepende waterkrisis wat al weke lank duur.
“Die raadslid wat die gemeenskap moet inlig oor wat die metro doen, woon glad nie vergaderings by nie en sy moet die gemeenskap inlig,” het Lesufi gesê.
Volgens hom probeer politieke partye munt slaan uit die waterkrisis.
Helen Zille, DA-burgemeesterskandidaat vir die Johannesburg-metro, het Woensdag in Bruma aan Netwerk24 gesê politiek is die enigste oplossing vir die krisis. Doeltreffende politieke leierskap is die antwoord om die waterkrisis behoorlik te pak.
Lesufi het gesê mense moet nie onder die wanindruk verkeer dat politici nié deur die waterkrisis geraak word nie.
“Ons wil nie ook die skuld vir die krisis op ander mense pak nie.”
Hy sê dat dit belangrik is om aan die gemeenskap te verduidelik hoekom die waterkrisis voortduur.
Mahlobo het gesê ’n ontploffing by die Zuikerbosch-waterpompstasie het erge druk op die waternetwerk geplaas.
Daarby het die warm weer daartoe bygedra dat inwoners meer water gebruik en die vervalle infrastruktuur, wat lekkasies insluit, plaas ook druk op die netwerk.
SONA 2026
Maroela Media berig: Ministers aangesê om staatsrede te mis weens waterkrisis
Twee ministers is opdrag gegee om eerder aandag te gee aan Johannesburg se waterkrisis as om Donderdagaand se staatsrede in Kaapstad by te woon.

Wednesday Feb 11, 2026


Dr Danie Odendaal afgedank
Maroela Media berig: Kundige onverwags uit landboutaakspan verwyder
“Sy kundigheid staan bo alle twyfel, soos sigbaar daarin dat hy op elke ministeriële taakspan oor bek-en-klouseer sedert 2016 gedien het. Die beëindiging van sy diens is ‘n slag vir doeltreffende optrede teen die siekte.”
Landboucom berig Taakspanlid uitgeskop ná polemiek oor LNR se BKS-entstof
In ’n brief, onderteken deur John Steenhuisen, minister van landbou, word Odendaal ingelig dat sy lidmaatskap beëindig word omdat hy volgens die departement van landbou nie ’n vereiste onpartydigheids-en-vertroulikheidsverklaring onderteken het nie. Die brief stel dat alle lede van die taakspan verplig is om dié verklaring te onderteken om belangebotsing en optrede wat die geloofwaardigheid van die taakspan kan ondermyn, te voorkom.
Onthullings
Nuuspod video Skokkende onthullings oor BKS (Kyk hele video op skakel vir konteks)
Danie Odendaal skryf:  Die bekendstelling van die sogenaamde "nuwe" entstof by ARC-OVR deur die Minister van Landbou is nie 'n deurbraak nie.  Dit is 'n nasionale skande. Hierdie entstof is nie nuut nie. 
As hierdie entstof gelisensieer en op skaal vervaardig was, deur 'n kontrak vervaardiger, toe dit geregistreer was, kon Suid-Afrika die uitbreking in 2022 beheer het met genoegsame entstof, terwyl beheer en voorkoming steeds moontlik was.
*Dit bly vir my ongelooflik hoe die regering 'n totale mislukking kan omdraai en dit voordoen vir die publiek as 'n deurbraak.*
Reaksie
Francois Rossouw @FrancoisRosso15 skryf: Daardie temperamentvolle kleuter het sopas die mees ervare veearts in sy taakspan afgedank omdat hy die enigste lid was wat bereid was om te praat oor die bestuur van hierdie bek-en-klouseer-krisis.
KZN gevalle
News 24 berig: Die voorkoms van bek-en-klouseer (BKS) in KwaZulu-Natal het skerp gestyg en raak na raming 70 tot 90% van kuddes, en desperate boere sê hulle sien hoe hul kuddes vergaan, hul inkomste opdroog en hul lewenswyse voor hul oë verbrokkel.
In die afgelope week het provinsiale veeartsenykundige toesig positiewe gevalle op 17 833 plase bevestig.
Agter daardie syfers is boere wat gesê het hulle is magteloos en kyk hoe hul diere vrek terwyl hul besighede tot stilstand kom.

Tuesday Feb 10, 2026


Onthullings
Nuuspod video Skokkende onthullings oor BKS Dinsdag 10 Februarie 2026
Danie Odendaal skryf:  Die bekendstelling van die sogenaamde "nuwe" entstof by ARC-OVR deur die Minister van Landbou is nie 'n deurbraak nie.  Dit is 'n nasionale skande. Hierdie entstof is nie nuut nie.  Dit is vanaf 2010 deur 'n span navorsers, wat ook twee Nederlandse spesialis navorsers ingesluit het, nagevors en ontwikkel by die Landbou Navorsingsraad (Onderstepoort) teen hoë koste (gefinansier deur die belastingbetaler) en toe vier jaar gelede in 2022 volledig geregistreer as 'n entstof in Suid-Afrika, en ook soos gister, in 2023 bekend gestel is as 'n deurbraak.
Die doelwit was om 'n doeltreffende entstof beskikbaar te hê, vir wanneer die bek-en-klouseer siekte weer versprei vanaf die Kruger Nasionale Park.  Die "ARC-OVR" het toe willens en wetens op die entstof gesit terwyl boere, diere en die hele landbousektor blootgestel is aan die siekte oor die afgelope 4 jaar, met 'n hoogtepunt in die uitbreke tans.
As hierdie entstof gelisensieer en op skaal vervaardig was, deur 'n kontrak vervaardiger, toe dit geregistreer was, kon Suid-Afrika die uitbreking in 2022 beheer het met genoegsame entstof, terwyl beheer en voorkoming steeds moontlik was.
Die staat sal die entstof nooit weer koste-voordelig kan produseer nie. Daarvoor is privaat maatskappye net te doeltreffend en tegnologies gevorderd.
In plaas daarvan om die entstof te laat vervaardig in 2022, het onaktiwiteit, onbevoegdheid en vertraging die krisis buite beheer laat raak.
Die gevolg was die ergste dieregesondheid- en welsynsramp in ons leeftyd, wat boere miljarde rande kos, lewensonderhoud vernietig en onmeetbare lyding aan diere veroorsaak.
*Dit bly vir my ongelooflik hoe die regering 'n totale mislukking kan omdraai en dit voordoen vir die publiek as 'n deurbraak.*
Minister hou voet by stuk dat alles onder beheer is
AMT video 🚨 Verniet BKS-entstowwe bevestig🎙️ Opvolg met Minister Steenhuisen | 9 Feb 2026
Soos belowe volg ons op met Minister Steenhuisen oor die jongste stand van bek-en-klouseerbestryding. In hierdie gesprek bevestig hy dat BKS-entstowwe vir alle boere gratis beskikbaar gaan wees. ’n Kritiese opdatering wat elke produsent móét sien.
Verspreiding in die Wes-Kaap
Maroela Media berig: Bek-en-klou | Dié gebiede in Wes-Kaap geraak
Rojeanne de Wet, skakelbeampte van Agri Wes-Kaap, sê die situasie word met groot dringendheid hanteer en dat geen kanse met moontlike besmetting gewaag word nie.

Monday Feb 09, 2026


John Steenhuisen bly minister
Netwerk 24 berig:  Steenhuisen hoop DA hou hom as minister
Hy wil graag ná April aanbly as minister van landbou, maar sal hom daarby berus as die nuwe leiers van die DA anders besluit, sê John Steenhuisen.
Dit is hul goeie reg om te besluit wat hulle ook al wil, nes hy verlede jaar besluit het watter DA-lede in die uitvoerende gesag gaan dien, het Steenhuisen Saterdag buite Potchefstroom aan Netwerk24 gesê.
Steenhuisen het verlede week bekend gemaak dat hy hom nie vir nog ’n termyn as die DA se leier beskikbaar gaan stel nie. Hy wil wel as minister van landbou aanbly om die bek-en-klouseer-epidemie in die land uit te roei.
Die gesprek met Steenhuisen vind plaas in ’n stil hoekie waar die gewoel van die DA se Noordwes-kongres buite Potchefstroom nie hoorbaar is nie. Hy is geklee in ’n oopnekhemp sonder baadjie en is so vriendelik soos altyd. Dit lyk of hy ’n veel ligter las dra as toe hy sy aankondiging verlede week in Durban gemaak het.
Fokus en dringendheid nodig.
Landboucom berig: BKS: ‘Goed, John, konsentreer nou hiérop’
Die heel grootste kwessie waaroor daar kommer is, is die tyd wat dit gaan neem om die land se inentingstrategie in te stel.
“Ons hét nie meer tyd vir wag nie,” sê Jane Holliday, Intelact se suiwelkonsultant in KwaZulu-Natal en Gauteng. “Kan ons net nie eenvoudig ’n plan maak om in te ent nie?”
Privaatsektor mag help
Landboucom berig: Bek-en-klou: Private sektor mág help met inentings, sê kenner
Terwyl die staat móét toesig hou oor Suid-Afrika se entstofprogram vir bek-en-klouseer, kan die verspreiding en toedien van die entstof na die private sektor afgewentel word.
Dít is die mening van dr. Gideon Brückner, voormalige direkteur van dieregesondheid in die nasionale departement van landbou, wat in 2006 as hoof van die wetenskaplike en tegniese departement van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) aangestel is.
Brückner, wat beskou word as die land se voorste kenner oor bek-en-klouseer, is die afgelope week deur verskeie rolspelers in die bek-en-klouseer-krisis gebruik om hul standpunte oor die staat én private sektor se rol in dié krisis te staaf.

Friday Feb 06, 2026


Geen Cilliers Brink op voorblad van Nuusweek nie?
Brink antwoord: “Ek kies Pretoria” “Ek en my span het onafgehandelde werk in Pretoria.”
Pretoria FM In die jongste uitgawe van Nuusweek vra ons wie die kandidate is om die leisels by John Steenhuisen as DA-leier oor te neem, boere sien steeds rooi oor die hantering van bek-en-klouseer en drie gelukkige lesers kan elk Charl du Plessis se nuutste CD wen.
Lees die jongste uitgawe van Nuusweek hier - https://www.pretoriafm.co.za/nuusweek/
Hill-Lewis gereed vir DA-leierskap
DA-leier? Geordin Hill-Lewis sal dán sy voorneme aankondig
Die burgemeester van Kaapstad sê verskeie lede van die DA het hom al genader om vir die posisie van federale leier van die DA te staan.
Wes-Kaap
DA se burgemeesterskandidate vir Wes-Kaap bekend
Die aankondiging van agt DA-burgemeesterskandidate in die Wes-Kaap, sonder ʼn benoeming vir die Stad Kaapstad op die lys, het bespiegelings aangevuur oor die party se interne leierskapsdinamika en die politieke toekoms van die huidige burgemeester, Geordin Hill-Lewis.
Kan Geordin Hill-Lewis Kaapstad en die DA gelyktydig hanteer?
The Citizen berig: Hill-Lewis is onder verskeie gunstelinge in die DA wat die party na sy verkiesingskonferensie kan lei.
Vrae word geopper oor Geordin Hill-Lewis se vermoë om die Stad Kaapstad en die DA gelyktydig te lei, indien hy na sy verkiesingskonferensie as die nuwe leier van die party na vore tree.
Die party sal oor 'n paar weke na hul federale verkiesingskonferensie gaan, en Hill-Lewis is aangewys as een van die moontlike aanspraakmakers vir die rol van partyleier.
Duime omhoog vir Patrice Motsepe om ANC te red. MG voorblad
MG berig: Terwyl die ANC voorberei vir sy eerste leierskapsopvolging sedert die verlies van sy parlementêre meerderheid, neem spekulasie toe oor die miljardêr-mynboubestuurder Patrice Motsepe as 'n potensiële opvolger van president Cyril Ramaphosa.
Ingeligtes beskryf hierdie gesprekke as 'n strategiese, voorsorgmaatreël wat daarop gemik is om beide die party en Suid-Afrika se ekonomie te stabiliseer voor die nasionale konferensie van 2027 en die algemene verkiesing van 2029.
Vier ANC-bronne, sakebestuurders en politieke partyamptenare het aan die Mail & Guardian gesê dat Motsepe se naam verder as informele spekulasie na gestruktureerde besprekings beweeg het, gedryf deur kommer oor dalende beleggersvertroue in die land se politieke leierskap.

Thursday Feb 05, 2026


John Steenhuisen nie meer beskikbaar vir ’n derde termyn as DA-leier nie
Maroela Media berig: ‘Ek het ál my beloftes nagekom’ – Steenhuisen
John Steenhuisen het Woensdag gesê die DA se toetrede tot die nasionale regering was die grootste enkele prestasie in die geskiedenis van die party.
Geordin Hill-Lewis gesien as opvolger
Netwerk 24 berig: Steenhuisen tree uit: Hill-Lewis wil glo sy naam in hoed gooi
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, oorweeg dit sterk om sy naam in die hoed te gooi vir die pos van DA-leier.
Ure nadat John Steenhuisen, die huidige DA-leier, Woensdag in Durban bevestig het dat hy hom in April op die party se kieskonferensie nie weer verkiesbaar sal stel nie, het Hill-Lewis sy leiersambisies bekend gemaak.
Netwerk24 is in besit van ’n WhatsApp-boodskap wat Hill-Lewis aan raadslede in die DA-koukus in die Kaapstad-metro gestuur het waarin hy verklaar dat hy die pos ernstig oorweeg.
“Teen hierdie tyd sou julle die nuus gesien of gehoor het dat John (Steenhuisen) aangekondig het dat hy hom nie weer beskikbaar stel vir herkiesing as partyleier nie. Al is die aankondiging maar minute gelede gemaak, stroom die oproepe en WhatsApp-boodskappe reeds in om na my voornemens te vra,” het hy gesê.
Hill-Lewis het dit ook duidelik gemaak dat hy as burgemeester van die Moederstad sal aanbly indien hy tot DA-leier verkies word.
BKS- krisis impak sluit in verbod op verkoop van vee
Lanboucom berig BKS: ‘Jaarlange kwarantyn sal die einde van my boerdery wees’
Boere naby Vryburg in Noordwes sê dis klaarpraat met hulle boerdery indien hulle weens kwarantyn-protokolle vir bek-en-klouseer (BKS) ‘n jaar lank nie beeste kanverkoop nie. Boere word daarvan beskuldig dat hulle nie die siekte aanmeld nie om kwarantyn vry te spring. Naudé Pienaar, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes sê dit is onaanvaarbaar om staatsveeartse toegang tot jou plaas te weier en ook om weg te steek dat jy diere het wat met BKS besmet is.
Entstof bly onder staatsbeheer
Business Live berig:  Staat behou beheer oor verkryging, verspreiding en toesig van entstowwe
Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die staat sal beheer behou oor die verkryging, verspreiding en toesig van bek-en-klouseer-entstowwe.
Dit is ten spyte van toenemende druk van dele van die landboubedryf wat teenstrydig is met hierdie beleid en aanvoer dat dit ondoeltreffend en duur is.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125