Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Thursday Oct 09, 2025


Politieke voordeel
Die politieke voordeel uit Lt Gen Nhlanhla Mkhwanazi se getuienis voor die Ad Hoc-komitee van die parlement is kompleks en betrek verskeie partye, kartelle en belange. Mkhwanazi het onder meer bewerings gemaak van politieke inmenging, korrupsie en die betrokkenheid van kriminele elemente in die regstelsel en polisie. Dit geniet wye aandag in die media en sosiale media.
Sy getuienis het die werking en die dreiging van opskorting van die Politieke Moordtaakspan (PKTT) aan die lig gebring, wat volgens hom goeie werk verrig het en 'n noodsaaklike rol speel veral met die komende plaaslike regeringverkiesings. Tans is die ANC op sy agtervoet met steun wat verloor word.
Die Lesufi polisie is betrek en hy het genoem hulle is nie wettig nie. ‘n Stelling wat beantwoord is met ‘n mediaverklaring dat hul wel wettig is.
Geen politieke verbintenisse volgens Mkhwanazi
Nhlanhla Mkhwanazi ontken dat sy bewerings deel is van 'n politieke veldtog berig The Citizen.
Vrae is geopper oor luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi se politieke verbintenisse, en hy het dit nou verduidelik. Mkhwanazi gesê hy het geen politieke verbintenisse nie.
Hy het gesê hy was ontsteld toe sy gesig deur sommige politieke partye in plakkate gebruik is, spesifiek met melding van die uMkhonto weSizwe (MK) party.
Die 2021 onluste
Netwerk 24 berig Mkhwanazi: 2021-onluste kon verhoed word
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, sê die uitvoerende gesag moes gedurende die onluste ’n besluit geneem het om sosiale media te blok.
Hy sê die onluste het aanvanklik in Richardsbaai begin en dit is toe op sosiale media versprei waar mense toe gemobiliseer het.
“Daarna het mense elders dieselfde begin doen. Op WhatsApp het mense gesê dit is hoe ’n mens ’n petrolbom maak. Mense is aangesê om by winkels in te breek om kaas en polonie te steel,” sê hy.
Mkhwanazi se oproep dat staatsveiligheid die media ondersoek, is intimidasie, sê Sanef
Business Live berig  Sanef sê dreigemente teen joernaliste en hul bronne is daarop gemik om die korruptes te beskerm en joernalistiek in die openbare belang te voorkom.
 Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-genl. Nhlanhla Mkhwanazi, veroordeel omdat sy die parlement versoek het om 'n teenintelligensie-ondersoek na die SA media te loods.

Wednesday Oct 08, 2025


Wye belangstelling
Nhlanhla Mkhwanazi is besig om voor  parlement se Ad Hoc-komitee getuig oor sy ernstige bewerings van korrupsie, politieke inmenging en kriminele infiltrasie in die geregtelike stelsel en wetstoepassing.
Sy getuienis is van groot belang aangesien dit lig werp op moontlike misbruik van mag binne Suid-Afrika se veiligheidsdienste en die invloed van georganiseerde misdaad op politieke prosesse, wat 'n impak het op openbare veiligheid en vertroue in regeringsinstansies.  Daar is ‘n wye belangstelling in die media en sosiale media oor wat Mkhwanazi aanbied.
Maroela Media berig Dís hoekom Mkhwanazi besluit het om te praat
“Ek het nog nooit so ʼn opdrag van ʼn minister gesien nie,” lui ʼn verklaring van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KwaZulu-Natalse polisiehoof.
Misdadigheid in SAPD
Netwerk 24 berig Misdadigheid in polisie strek verder as KZN, Gauteng – Mkhwanazi
Die probleem van misdadigheid in die polisie wat hy in sy mediakonferensie in Julie geopper het, raak nie net Gauteng en KwaZulu-Natal nie, maar die hele land.
So getuig lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, wat laat Dinsdagmiddag met sy getuienis begin het voor die parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek.
Intussen hoop Mkhwanazi dat verskeie mense, onder wie polisielede, binnekort in hegtenis geneem sal word nadat etlike dossiere by die polisie se taakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek, weggeneem is. Dit is in reaksie op die strafregtelike klagte wat hy self by die polisie in KwaZulu-Natal ingedien het.
“Ek het Suid-Afrikaners op 6 Julie 2025 toegespreek. Ek het verwys na voorvalle wat KwaZulu-Natal en Gauteng direk raak, maar ook na die feit dat die misdadigheid nie net in hierdie twee provinsies bestaan nie. Dit raak die res van die land ook.
Bestaan van die kartel
eNCA @eNCA [LIVE NOW ] Mkhwanazi sê hy kan nie die ander drie van die "groot vyf" kartel by name noem nie, aangesien hulle nog nie in die hof verskyn het nie. Hy sê hulle is tender begunstigdes.
Dianne Kohler Barnard woon nie dag 2 by nie
Athi Mtongana @AthiMtongana video Dianne Kohler Barnard; DA-LP is nie vandag teenwoordig nie. Die party sê dat hulle regsmening sal inwin oor die saak rakende haar deelname aan die Ad Hoc-komitee wat gisteraand deur lede van die komitee bespreek is.

Tuesday Oct 07, 2025


“Politieke veldtog” teen hom gevoer volgens Mbalula
Maroela Media berig: ‘Politieke veldtog’: Mbalula kap terug oor AfriForum-klagte
“Dit is misleidend van AfriForum om nou ʼn sensasionele verhoor deur mediaverhale en -lekke te probeer voer,” sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC en ʼn voormalige minister van sport.
Netwerk 24 berig AfriForum kwaadwillig met saak oor korrupsie teen hom, sê Mbalula
AfriForum moet daaraan herinner word dat die misbruik van die reg vir propagandadoeleindes die integriteit van Suid-Afrika se demokratiese instellings ondermyn, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.
Mbalula het Maandag op X in ’n verklaring in Afrikaans gereageer op bewerings van korrupsie met ’n reis na Dubai in 2016 toe hy nog die minister van sport was.
Rapport het Sondag berig lede van sy familie het saamgereis en hul rekening het R684 620,39 beloop.
Vier skenkers het die rekening betaal.
Die polisie het klagte van korrupsie ondersoek, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het besluit om Mbalula nie te vervolg nie.
AfriForum se privatevervolgingseenheid het die dossier onder hande gekry en vertoë aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings, gerig om dié besluit te heroorweeg.
Mbalula sê in sy verklaring hy neem kennis van AfriForum se pogings om ’n saak te heropen wat “lankal deur die bevoegde owerhede van die republiek ondersoek, hersien en gesluit is”.
Die NVG se besluit is volgens Mbalula ná behoorlike oorweging geneem. Die parlement se etiekkomitee het dit ook ondersoek en die polisie het die dossier gesluit.
“Selfs die openbare beskermer het geen botsing van belange gevind nie – slegs die voorkoms van een – en het bloot aanbeveel dat die NVG ’n beperkte aspek ondersoek, wat behoorlik gedoen is.
“Ek herhaal dat daar geen onwettige optrede van my kant in dié verband was nie,” sê Mbalula.
“Dit is dus misleidend van AfriForum om nou ’n sensasionele verhoor deur mediaverhore en -lekke te probeer voer; hy tree doelbewus kwaadwillig op met ’n wraaksugtige agenda. 
Mbalula reaksie in Afrikaans
ANC SECRETARY GENERAL | Fikile Mbalula @MbalulaFikile VERKLARING DEUR KAMERAAD FIKILE MBALULA Oor AfriForum se Aansprake

Monday Oct 06, 2025


AGOA-verstryking gaan pynlike werklikheid word
Africa  Confidential berig: Die verstryking van die Afrika-groei- en geleentheidswet (AGOA) aan die einde van September is nog 'n hoofpyn vir Afrikastate wat reeds die koste van die Verenigde State se nuwe invoerbelasting op hul goedere bereken.
'n Handjievol Afrika-leiers, insluitend Kenia se president William Ruto, het onsuksesvol gelobby vir die verlenging van AGOA aan die kantlyn van die VN se Algemene Vergadering verlede maand. Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, het die gevolge afgeskaal en gewys op die lae vlakke van handel tussen in aanmerking komende Afrika-lande en die VSA. Fossielbrandstowwe en tekstiele was twee van die belangrikste Afrika-uitvoere onder AGOA.
Intussen, steeds in die hoop om toegewings van die Trump-administrasie te bekom om 'n basiese tarieflyn van 30% te vermy, het Suid-Afrika broodnodige belegging in sy voertuigbedryf bekom van die Chinese firma Beijing Auto Industrial Corporation, wat 'n monteerlyn in Gqeberha bedryf, en van Indië se Mahindra & Mahindra, wat bakkies by sy fasiliteit in Durban vervaardig.
Die Trump-tariewe het motoruitvoere na die VSA oor die algemeen geknou. Die Europese Kommissie het berig dat terwyl transatlantiese handel in die tweede kwartaal van 2025 standgehou het, motoruitvoere gedaal het. Die kommissie reken dat sodra tariewe bo 15% is, handelsvloei ly
Intussen berig die regering in Pretoria dat motoruitvoere na die VSA met 90% in die tweede kwartaal gedaal het in vergelyking met die vorige jaar. Dit het waarskuwings laat ontstaan ​​dat die tariewe tot 100 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika kan kos.
Ooreenkoms
Maroela Media berig: Samevatting | ANC al verder van ooreenkoms met VSA  
Terwyl dit wil voorkom of die ANC-regering alles in sy vermoë doen om die VSA te vervreem, het Solidariteit in September ʼn waardevolle grondslag gelê vir toekomstige handelsbande met die VSA.
Skuld voor die deur van die ANC geleide regering
Kallie Kriel skryf: Wie se skuld is VSA-strafmaatreëls teen SA… en wat nou?
ANC-leiers is die direkte oorsaak van die VSA se strafmaatreëls teen Suid-Afrika. Hierdie artikel gee ’n uiteensetting van hoe AfriForum, die Solidariteit Beweging en @solidariteit hard gepoog het om te verhoed dat die land gestraf word vir die ANC se sondes. Die ANC het egter gekies om hulle eie belange en ideologie bo dié van die land se mense te stel. Juis daarom behoort strafmaatreëls deur die VSA eerder direk teen korrupte ANC-leiers ingestel te word, en nie teen die land nie.
Afleggings
Gideon du Plessis skryf in Rapport: ‘ANC-geleide regering dryf Suid-Afrika na afleggingskrisis’
Tans is daar 13 aktiewe prosesse van personeelvermindering by prominente maatskappye soos Glencore-Merafe, ArcelorMittal, Assmang, Ford en Goodyear SA aan die gang. Dit raak 20 732 werknemers regstreeks. As die impak stroomaf en op afhanklikes (gemiddeld vier per broodwinner)

Friday Oct 03, 2025


Moontlikheid van tronkstraf
Netwerk 24 berig Malema-vuurwapensaak: Tronkstraf wel moontlik, sê kenners
Julius Malema, leier van die EFF, kan tronkstraf kry nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ’n vuurwapen op ’n openbare saamtrek van die party afgevuur het.
Die vonnis sal egter onderhewig wees aan die versagtende en verswarende omstandighede wat die staat en verdediging tydens die voorvonnisverrigtinge in die hof kan bewys, sê dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
Hy wys daarop dat dit ’n statutêre misdaad is, en die voorgeskrewe vonnis kan wissel van 15 tot 25 jaar tronkstraf, afhangende van die omstandighede.
“Hierdie misdade word as baie ernstig beskou en daarom sal die hof na verwagting ’n vonnis oplê wat afskrikwaarde het,” sê hy.
Malema is Woensdag in die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied, die oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens, dat hy nie redelike voorsorgmaatreëls getref het om te verseker dat mense of eiendom nie in gevaar is nie, en dat hy menselewens en eiendom in gevaar gestel het.
Die aanklagte spruit uit ’n voorval meer as sewe jaar gelede waartydens Malema op die EFF se vyfde bestaansjaarvieringe skote in ’n stadion in Mdantsane, net duskant Oos-Londen, afgevuur het.
Malema het erken hy het skote afgevuur, maar volgehou ’n speelgoedgeweer is gebruik en dat niemand se lewe in gevaar gestel is nie.
Twanet Olivier, die landdros in die saak, het egter nie dié weergawe aanvaar nie en bevind die staat se bewyse is betroubaar en eerlik.
Malema, wat kort ná die uitspraak gesê het hy is nie bang om tronk toe te gaan nie, sal op 23 Januarie vir voorvonnisverrigtinge na die streekhof terugkeer. Sy borgtog is ná sy skuldigbevinding verleng.
Volgens Curlewis sal Malema gedurende die verrigtinge versagtende omstandighede moet bewys vir die landdros om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk. Die staat sal die teenoorgestelde moet doen.
Ontleding
Nuuspod video Julius Malema gaan tronk toe, se senior advokaat
Ek gesels met adv. Francois Botes oor Julius Malema se toekoms na skuldigbevinding

Thursday Oct 02, 2025


Skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied
Netwerk 24 berig: Malema se ‘ontwykende’, ‘vermaaklike’ antwoorde kos hom in hof
Die skuldigbevinding van Julius Malema, EFF-leier, Woensdag bewys niemand is bo die reg verhewe nie.
Dit is kortweg die mening van enkele politieke partye wat die uitspraak teen hom verwelkom het.
Malema is in die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan ’n oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens nadat hy sowat sewe jaar gelede op ’n EFF-saamtrek in ’n stadion in Mdantsane naby Oos-Londen skote afgevuur het.
Dit was die tweede keer in net meer as ’n maand dat hy deur ’n hof skuldig bevind is. Einde Augustus is hy skuldig bevind aan haatspraak in ’n saak wat verband hou met kommentaar op ’n voorval in 2020 by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad toe EFF-lede en ’n groep inwoners slaags geraak het.
Malema het Woensdag aangedui dat hy sy skuldigbevinding tot in die hoogste hof in die land sal beveg en sy regspan vir die appèlproses sal opskerp.
AfriForum reaksie
ForumNuus video: Julius Malema, leier van die EFF, is vandag in die Landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied sonder genoegsame rede. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2018 strafregtelike klagtes teen Malema aanhangig gemaak het ná ’n video die lig gesien het waarin hy, tydens die EFF se vyfde verjaarsdagvieringe, met ’n vuurwapen verskeie skote in die lug in afvuur.
Malema gaan beslissing appelleer tot in hoogste hof van die land
Businees Live berig: Die Oos-Londense landdroshof het EFF-leier Julius Malema skuldig bevind aan die afvuur van 'n geweer tydens 'n 2018-saamtrek.
Malema het egter gesê dat hy tot in die hoogste hof in die land sal gaan om teen die beslissing te appelleer.
Hy het Woensdag 'n skare buite die hof toegespreek. “Ons vertrek hier hoogs vasberade. Ons gaan dit tot in die Konstitusionele Hof beveg,” het hy gesê.
Dit volg op landdros Twanet Olivier se uitspraak dat die verdediging nie daarin geslaag het om die staat se saak bo redelike twyfel te weerlê nie.
Vonnis
Maroela Media berig Uitspraak oor Malema welkom, maar lang wagtyd vir vonnis stel teleur
“Suid-Afrikaners is moeg vir misdaad en die staat se klaarblyklike huiwering om in sekere gevalle kragdadig op te tree. Vertragings in sake skep die persepsie van ongelyke geregtigheid.”

Wednesday Oct 01, 2025


Skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied
Kallie Kriel skryf: Nuusflits: Julius Malema is pas skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied en die vier ander aanklagte teen hom. AfriForum het reeds in Augustus 2018 die strafregtelike klag teen Malema by die polisie ingedien.
Die skuldigbevinding is ’n welkome wending in AfriForum se jarelange stryd om te verseker dat niemand in Suid-Afrika onaantasbaar of bo die reg verhewe is nie. Geregtigheid geskied uiteindelik, selfs al neem dit weens Suid-Afrika se gebrekkige strafregstelsel soms baie lank.
Tot dusver was die staat huiwerig om Malema oor onder meer die On Point- en VBS-korrupsiesake te vervolg. Vandag se uitspraak is daarom van kardinale belang om gelykheid voor die reg in Suid-Afrika te help verseker.
Maroela Media berig Vuurwapenklag | Malema skuldig bevind
“Geregtigheid geskied uiteindelik, selfs al neem dit weens Suid-Afrika se gebrekkige strafregstelsel soms baie lank,” het AfriForum in reaksie op die skuldigbevinding gesê.
AfriForum reaksie
Skuldigbevinding in Malema-vuurwapensaak ’n oorwinning vir aanspreeklikheid en oppergesag van die reg
 AfriForum verwelkom die uitspraak wat pas in die Landdroshof in Oos-Londen gelewer is waarin Julius Malema, leier van die EFF, skuldig bevind is op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied sonder genoegsame rede, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Dié skuldigbevinding volg op die strafregtelike klagtes wat AfriForum in Augustus 2018 teen Malema aanhangig gemaak het nadat hy verskeie skote met ’n vuurwapen afgevuur het tydens die viering van die EFF se vyfde verjaarsdag wat op 28 Julie 2018 buite Oos-Londen by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane gehou is.
 Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, het geregtigheid nou uiteindelik – ten spyte van jare se vertragings en onreëlmatighede in dié saak – geskied. “Die getuienis het oorweldigend bewys dat Malema verskeie ernstige oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens begaan het, en die uitspraak bevestig dat diegene wat dink dat hulle onaantasbaar is, uiteindelik verantwoording sal moet doen, al vat dit ook hoe lank,” verduidelik Broodryk.
 Die burgerregteorganisasie het ’n kritieke rol gespeel om toe te sien dat vervolging geskied en sonder die organisasie se betrokkenheid sou vervolging waarskynlik nooit plaasgevind het nie.

Tuesday Sep 30, 2025


Ramaphosa se rol van vernietiging
Dirk Hermann @SolidariDirk  President Ramaphosa het Suid-Afrika geen guns bewys met sy optrede by die VN in New York nie. By die forum waar 'n tariefooreenkoms onderhandel moes word, het hy eerder gekies om Amerika en spesifiek president Trump aan te val. Die vlakke van frustrasie met Suid-Afrika is hoog. Tienduisende mense sal met hul werk betaal vir Ramaphosa se dapper toespraak. Diplomatieke betrekkinge is nou erger as voor die Suid-Afrikaanse span selfs daar aangekom het.
Netwerk 24 berig Withuis ooglopend gefrustreerd met SA, sê Solidariteit
Pres. Donald Trump se administrasie is ooglopend gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse regering, meen die Solidariteit-beweging.
“Die sluiting van ’n handelsooreenkoms is binne bereik, maar die Suid-Afrikaanse regering se politieke wil ontbreek,” sê Jaco Kleynhans, Solidariteit se hoof van internasionale skakeling.
Kleynhans en Werner Human, bedryfshoof van Solidariteit, is tans in Amerika om oor ’n handelsraamwerk met die Trump-administrasie te vergader.
Solidariteit het Maandag bekend gemaak dat Kleynhans namens die beweging Sondag weer ’n opvolgbesoek aan die Withuis gebring het.
Gebrek aan politieke wil aan SA kant
Maroela Media berig Solidariteit besoek Withuis ná ministers se kritiek
“Die Withuis is duidelik gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse regering. Die sluit van ʼn handelsooreenkoms is binne bereik, maar die SA regering se politieke wil ontbreek.”
AGOA verval Dinsdag
Maroela Media berig ‘Niks verander’ wanneer Agoa Dinsdag verval
“Dit is egter nie die einde van die wêreld nie,” het nie net een nie, maar sommer twéé ekonome op die vooraand van die handelsooreenkoms se verstryking gesê.
Hou SA in Agoa vra Ramaphosa
Maroela Media berig Hou SA in Agoa, vra Ramaphosa
“Voorspelbare, voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark is nie net noodsaaklik vir Suid-Afrika se eie uitvoere nie, maar ook vir Amerikaanse maatskappye wat afhanklik is van betroubare invoere.”

Monday Sep 29, 2025


Hoogverraad-ondersoek is politieke intimidasie
Kallie Kriel @kalliekriel Die ANC kan nie regeer nie; nou probeer hulle eerder om te intimideer. Hulle misluk ook hierin, want ons het nie slapelose nagte nie. Hierdie ongegronde dreigemente motiveer @afriforum om met nog groter ywer vir geregtigheid en teen onreg te veg. Die meegaande artikel verskyn vandag in Die Burger.
Maroela Media berig Dirk Hermann | Hoogverraad-ondersoek is politieke intimidasie
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gereageer op die hoogverraad-aanklagte wat steeds ondersoek word nadat dié beweging saam met AfriForum vroeër vanjaar die VSA besoek het.
Netwerk 24 berig: ‘Hoogverraad’ deur AfriForum en kie: Ondersoek nog nie klaar, sê Cachalia
Die ondersoek na klagte van hoogverraad teen lede van AfriForum en Solidariteit is nog nie afgehandel nie.Volgens prof. Firoz Cachalia, waarnemende minister van polisie, sal ’n besluit oor vervolging eers met die voltooiing van die ondersoek geneem word.
Cachalia het gereageer op ’n parlementêre vraag van Carl Niehaus, EFF-LP, wat wou weet wanneer die aanklagte van hoogverraad teen die leiers van AfriForum en die Solidariteit-beweging gebring sal word en ’n bevel vir hul inhegtenisneming uitgereik sal word.
Niehaus wou ook weet of die Valke dié aanklagte as ’n prioriteit hanteer. Cachalia sê die ondersoek rakende aantygings van hoogverraad word as prioriteit beskou en die sake word ondersoek deur ’n gespesialiseerde afdeling van die Valke gemoeid met misdade teen die staat.
“Die spesifieke sake is aan twee ervare ondersoekbeamptes toegewys om die ondersoek te doen onder leiding van ’n toegewyde aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng.”
AGOA verval Dinsdag
News 24 berig: Hoop het bestaan dat die Afrika-groei- en geleentheidswet (AGOA), wat Dinsdag verval, vir nog twee jaar verleng sal word, met SA wat steeds in aanmerking kom vir voordele.
Terselfdertyd het president Cyril Ramaphosa verlede week bevestig dat SA en die VSA uiteindelik gedetailleerde onderhandelinge oor 'n handelsooreenkoms begin het deur die uitruil van 'n lang teks, wat amptenare van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (dtic) nou wyer binne die regering bespreek.
Handelsbande bly sterk volgens Ramaphosa
Netwerk 24 berig: Handelsbande tussen SA en VSA bly sterk en brei uit, skryf Cyril
Suid-Afrika se handelsbande met Amerika is steeds sterk, ondanks die politieke wrywing, debatte oor handelsbeleid en nuusopskrifte – én brei selfs verder uit, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Hy skryf Maandag so in sy weeklikse nuusbrief nadat hy en ’n afvaardiging van ministers Amerika verlede week besoek het om die sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York by te woon.

Friday Sep 26, 2025


Dinsdag is D-dag wanneer Gayton McKenzie wil bedank
EWN berig: Gayton McKenzie sê Patriotiese Alliansie sal onttrek aan die Regering van Nasionale Eenheid. McKenzie belowe om Dinsdag as minister te bedank
Dit volg op 'n ultimatum wat aan die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, uitgereik is om die party se adjunkpresident, Kenny Kunene, in sy voormalige burgemeesterskomiteerol te herstel.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê hy sal Dinsdag bedank wanneer sy party, die Patriotiese Alliansie (PA), formeel aan die Regering van Nasionale Eenheid (GNU) onttrek.
Dit volg op 'n ultimatum wat aan die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, uitgereik is om die party se adjunkpresident, Kenny Kunene, in sy voormalige burgemeesterskomiteerol te herstel.
'n Regsondersoek, gelas deur McKenzie, het Kunene van enige oortreding vrygespreek nadat hy op die toneel van die inhegtenisneming van die moordbeskuldigde Katiso Molefe gevind is.
In 'n plasing op sosiale media vanoggend het McKenzie gesê sy party sal ook volgende week aan alle ander koalisies op verskillende vlakke van regering onttrek.
-             PA sal Ramaphosa bly steun al onttrek hul uit die RNE
Business Day berig: PA-leier Gayton McKenzie het belowe om president Cyril Ramaphosa te bly steun indien hy 'n mosie van wantroue in die gesig staar, ten spyte van sy party se besluit om uit die regering van nasionale eenheid te onttrek.
Ontleding
Netwerk 24 berig: PA gaan aan regering onttrek, sê McKenzie; RNE sal wel oorleef – kenners
Al dreig Gayton McKenzie, PA-leier, om sy party aan die regering van nasionale eenheid (RNE) te onttrek, meen kenners die toekoms van die pakt is steeds veilig.
Prof. Ntsikelelo Breakfast, politieke kenner verbonde aan die Nelson Mandela-Universiteit, sê hy twyfel sterk of die PA hom werklik aan die RNE sal onttrek. “Sou dit wel gebeur, sal ander partye hom vervang.”
Prof. Theo Neethling, politieke kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, meen ook dit sal geen bedreiging vir die voortbestaan van die RNE inhou as die PA hom onttrek nie.
McKenzie sal waarskynlik dan sy pos as minister van sport, kuns en kultuur moet prysgee, sê Neethling.
Opmerking
Die skuif van Gayton McKenzie om die Patriotiese Alliansie uit die RNE te onttrek is polities slim en strategies voor die 2026 munisipale verkiesing. Die PA se steun groei en sy nismark ondersteun hom. Die PA gaan meer politieke steun buite die RNE kry wie se foute hy dan meer openlik kan begin kritiseer. Hy gaan dus ‘n groter rolspeler word as die van minister as Sport wat hy tans vertolk.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125