Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Thursday Mar 19, 2026


ANC mobilisasie teen VSA rondom Menseregtedag.
Die ANC het sy mobilisering vir Menseregtedag verskerp met die aankondiging van ’n sogenaamde “People’s March” op 21 Maart. Die optog vorm deel van Human Rights Month 2026, met die tema “Defending Our Sovereignty and Democratic Gains”.
Soewereiniteit en die beskerming van Suid-Afrika se demokrasie
Leiers soos Fikile Mbalula en Gwede Mantashe het sterk klem gelê op soewereiniteit en die beskerming van Suid-Afrika se demokrasie. Hulle waarsku teen buitelandse inmenging en voer aan dat die land se onafhanklikheid nie gekompromitteer sal word nie. Mbalula het verder beweer dat Donald Trump se administrasie vyandig teenoor Suid-Afrika is, veral oor die land se standpunt oor die Midde-Ooste en sy optrede by die Internasionale Geregshof.
Netwerk 24 berig: Suid-Afrikaners sal sterf vir hul soewereiniteit, sê Mbalula
Die ANC se massaoptog om sy soewereiniteit te verdedig, is nie ’n optog teen pres. Donald Trump van Amerika nie, maar Suid-Afrikaners sal nogtans “sterf vir hul soewereiniteit”, wat die laaste paar maande bedreig word, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.
“Ons is ’n volk wat vir vrede en internasionalisme staan. Ons is ’n volk wat vir solidariteit staan. Ons is nie oorlogstokers nie. Ons bevorder vrede.”
VSA-verhouding vir ANC-verkiesingspunte opgeoffer
 Die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell III, én die ANC se komende teen-Amerikaanse optog, is goedkoop verkiesings taktieke waarvoor gewone Suid-Afrikaners die prys gaan moet betaal.
 Solidariteit waarsku dat die regering se histeriese reaksie op ambassadeur Bozell se onlangse uitlatings oor eise vir ʼn beter handelsverhouding, asook die daaropvolgende besluit om hom ʼn “koue skouer te gee”, nog ernstige diplomatieke en ekonomiese gevolge vir die land kan inhou.
Ekonomiese druk en brandstoftekorte
Intussen bly die ekonomiese druk op Suid-Afrikaanse huishoudings toeneem. Stygende brandstofpryse, wat moontlik met tot R7,80 per liter kan toeneem, dreig om vervoerkoste en voedselpryse verder op te stoot. Die olieprys het vandag gedraai by $116 per vat
Maroela Media berig. Brandstoftekorte | Beplan vooruit, maan AfriForum  Ontwrigtings in die voorsieningsketting kan moontlik lei tot sporadiese brandstoftekorte op tuisbodem, wat motoriste onkant kan vang indien hulle nie vooruit beplan nie.

Wednesday Mar 18, 2026


ANC mobilisasie teen VSA rondom Menseregtedag.
Die ANC druk  retoriek harder deur Menseregtedag te koppel aan ’n  “People’s March” teen dreigemente vir soewereiniteit. Dit is klassieke mobilisasie-retoriek in ’n jaar waarin die party onder druk is na die 2024-verkiesingsverliese en ’n Regering van Nasionale Eenheid waar hul die senior vennoot is maar politieke mag moes afstaan aan kleiner partye wat nou minister in die kabinet het.
Die ANC het Human Rights Month 2026 amptelik geloods met die tema “Defending Our Sovereignty and Democratic Gains”. Hulle roep mense op om die “demokratiese winste” te verdedig en beklemtoon dat “ons demokrasie nie te koop is nie” en “ons soewereiniteit nooit gekompromitteer sal word nie”.
Die organiseer spesifiek “The People’s March: In Defence of Our Sovereignty and Democratic Gains” op 21 Maart 2026 (Menseregtedag self).
Sterk anti-VSA-retoriek
ANC-leiers soos Fikile Mbalula en Gwede Mantashe  gebruik die dag om sterk anti-VSA-retoriek te voer, met verwysings na soewereiniteit, buitelandse inmenging en die beskerming van Suid-Afrika se onafhanklikheid. Mbalula het ook vandag ‘n mediakonferensie gehou om uit te brei op die planne.
 Kritici beskuldig die party daarvan dat hulle Menseregtedag “kaap” of misbruik vir politieke mobilisasie en anti-Amerikaanse sentiment, eerder as om suiwer op menseregte binne Suid-Afrika te fokus (bv. dienslewering, korrupsie, ongelykheid). Dan is die ekonomie onder druk met stygings van petrol en dieselpryse asook ander inset kostes wat  boere nodig het vir nuwe oeste.
Massa optog vir Saterdag
Netwerk 24 berig: Dié massa-optog is om SA se soewereiniteit te beskerm, sê Mbalula
Pres. Donald Trump van Amerika haat Suid-Afrika omdat die land die stryd om solidariteit namens die Palestynse volk verder as retoriek geneem én Israel by die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) aangekla het weens die voortslepende konflik in die Gasastrook. So het Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.
‘Menswaardigheid vir almal’
Maroela Media berig: ‘Menswaardigheid vir almal’ – Ramaphosa voor Menseregtedag   “Die beskerming van ʼn persoon se reg op waardigheid is nie beperk tot die manier waarop mense mekaar behandel nie. Dit gaan wel oor die verbetering van die omstandighede waarin mense leef,” skryf Ramaphosa in die aanloop tot Menseregtedag.
Verhoging van lewenskoste plaas druk op gesinne wys Solidariteit Helpende Hand uit
Maroela Media berig: Brandstofskok dreig: Druk op gesinne neem toe  “Moenie paniekerig en hooploos raak nie. As jy moet voorberei, berei voor. Maar moenie probeer om dinge te verander waaroor jy geen beheer het nie. Fokus eerder op dit wat jy wél kan doen.”

Tuesday Mar 17, 2026


Iran as keuse van SA
Maroela Media berig: ‘SA het geen rede om bande met Iran te verbreek’ – Dangor
Suid-Afrika het geen rede om sy bande met Iran te verbreek, sy volksmoordsaak teen Israel te laat vaar of swart bemagtigingswette te skrap nie, meen Zane Dangor, direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking.
BusineesTech berig: Suid-Afrika het geen rede om bande met Iran te verbreek nie, het sy direkteur-generaal van buitelandse sake gesê, nadat die nuwe Amerikaanse ambassadeur aangehaal is asof hy gesê het die land se verbintenis met die Islamitiese Republiek is 'n hindernis vir goeie betrekkinge met Washington.
In 'n onderhoud met Reuters oor die naweek het Zane Dangor, direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge, ook ander eise van die Trump-administrasie verwerp, soos om Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel te laat vaar, swart bemagtigingswette te skrap of 'n vlugtelingprogram vir blankes te aanvaar.
Onduidelik of nuwe opperleier ‘dood is of nie’ – Trump
Maroela Media berig:   Regstreeks: Onduidelik of nuwe opperleier ‘dood is of nie’ – Trump
Pres. Donald Trump van die VSA weet steeds nie of Iran se nuwe opperleier, Mojtaba Khamenei, nog leef nie.
Hofsaak
Maroela Media berig:  Volksmoordsaak | Israel reageer op SA-hofstukke
Die presidensie sê die situasie in Gaza word tans vererger deur die eskalerende krisis in die Golf en die voortdurende aanvalle deur Israel op Libanon.
Bevordering van regering se narratief
Ernst van Zyl skryf: Het jy geweet dat die Suid-Afrikaanse regering se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) in 2025 'n "Situasiekamer" geskep het met die taak om "narrative setting campaigns" uit te voer? Dit verduidelik baie van die ooglopend sentraal gekoördineerde "narratiewe veldtogte" wat ons verlede jaar en onlangs gesien het.
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans Daar skuil heelwat meer agter Dirco se poging om Bozell op sy plek te sit… Bozell, VSA sal SA-regering se strategie vinnig moet snap  Dit sou naïef, selfs dwaas, wees om die ANC se langtermyn- ideologiese doelwitte te misverstaan of onderskat.
SA besig om brandstofvoorraad te verseker
Maroela Media berig:   Midde-Ooste | SA besig om brandstofvoorraad te verseker
Gwede Mantashe sê die regering wil nie graag in dié stadium aan Suid-Afrika se oliereserwes raak nie.

Monday Mar 16, 2026


VSA ondersoek Suid-Afrika
My Broadband berig: Suid-Afrika is onder 60 lande wat tans deur die Kantoor van die Verenigde State se Handelsverteenwoordiger ondersoek word vir beweerde dwangarbeidpraktyke.
Ander lande wat ondersoek word, sluit in Viëtnam, China, Israel, Japan, Mexiko, Rusland, Saoedi-Arabië, Suid-Korea en selfs Kanada, onder andere.
Solidariteit gaan met regerings van SA en VSA praat oor ondersoek na arbeidspraktyke
Solidariteit gaan met regerings van SA en VSA praat oor ondersoek na arbeidspraktyke
 Solidariteit gaan dringend met die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings in gesprek tree oor diskriminerende arbeidspraktyke. Dit volg nadat die VSA se handelsverteenwoordiger aangekondig het dat verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, tans ondersoek word vir beweerde dwangarbeid en diskriminerende praktyke.
 Die ondersoek, ingevolge artikel 301 van die VSA se Handelswet kan daartoe lei dat alle handel met Suid-Afrika opgeskort word indien bewyse van die beweerde wandade gevind word. Nog ʼn moontlike uitkoms is die instel van hernude hoë invoertariewe op Suid-Afrikaanse goedere, wat ook baie nadelig vir Suid-Afrika sal wees.
Amerikaanse ambassadeur toespraak
Flip Buys skryf Die Amerikaanse Ambassadeur het in sy eerste toespraak in die land dit duidelik gestel dat sy regering groter ekonomiese bande met ‘n onverbonde SA sal wil hê. Hy het reguit oor die redes vir die swak verhoudinge gepraat, en eintlik net gesê wat Sakelui dink en reeds weet. Hy is daarna ernstig deur die ANC aangeval. Die ANC sal moet leer om landsbelang eerste te stel, en nie ANC-belange nie. Luister en besluit self. Hier’s die skakel na sy toespraak. BNC#8: New US envoy Brent Bozell’s first public address in SA: Trade, trust and tough truths
Jaco Kleynhans skryf: Daar skuil heelwat meer agter Dirco se poging om Bozell op sy plek te sit… Bozell, VSA sal SA-regering se strategie vinnig moet snap   Dit sou naïef, selfs dwaas, wees om die ANC se langtermyn- ideologiese doelwitte te misverstaan of onderskat.
Mbalula en Kriel pak mekaar oor Bozell
Netwerk 24 berig:  Mbalula en Kriel pak mekaar oor Bozell Die stof oor die uitlatings van Leo Brent Bozell III, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het nog lank nie gaan lê nie, met Suid-Afrikaners wat boonop skerp daaroor van mekaar verskil.
VSA se ambassadeur ‘jammer’ oor uitlatings
Netwerk 24 berig: VSA se ambassadeur ‘jammer’ oor uitlatings Leo Brent Bozell III, die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, het om verskoning gevra vir uitlatings wat die regering ontstig het nadat hy deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ingeroep is om sy “ondiplomatieke” gedrag te verduidelik.

Wednesday Mar 11, 2026


Diplomatieke spanning tussen die VSA en Suid-Afrika fokus op kritiek op politieke en binnelandse beleid
Die Amerikaanse ambassadeur Leo Brent Bozell III kritiseer Suid-Afrikaanse binnelandse beleid en spreek kommer uit oor die omstrede 'Kill the Boer'-gesang.
Washington noem sy geduld oor Suid-Afrika se regering raak op en beklemtoon die potensiële impak op Amerikaanse beleggings.
Suid-Afrikaanse politieke groepe, soos die ANC en EFF, veroordeel Amerikaanse diplomatieke kommentaar as inmenging in soewereiniteit van die land.
VSA se geduld met SA raak op, waarsku Amerikaanse ambassadeur
Maroela Media berig: ‘Ons geduld raak op’ – Brent Bozell  Volgens Bozell het pres. Donald Trump die bekommernisse wat hy oor Suid-Afrika het, aan hom uiteengesit nadat hy hom direk genader het om as die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika te dien.
SA bly top 10 land
Netwerk 24 berig: Trump beskou SA as ‘top-10-land – maar sy geduld raak op’  Hoewel daar diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en Amerika is, beskou pres. Donald Trump se administrasie Suid-Afrika as een van die 10 toplande ter wêreld. Die twee lande se betrekkinge het dalk ’n laagtepunt bereik, maar Suid-Afrika moenie dink hulle is vir Trump gering nie, sê Leo Brent Bozell III, Amerika se nuwe ambassadeur in Suid-Afrika.
Reaksie
Kallie Kriel skryf:  In sy toespraak het ambassadeur Bozell beklemtoon dat die “Kill the Boer”-dreunsang haatspraak en onaanvaarbaar is. Bozell het ook die VSA se kommer uitgespreek oor onder meer landelike geweld, onsekerheid oor eiendomsreg, die negatiewe gevolge van swart ekonomiese bemagtiging op ekonomiese groei en die feit dat Suid-Afrika nie ’n onverbonde buitelandse beleid volg nie.
AfriForum sal voortgaan om saam met ons kollegas in die Solidariteit Beweging hard te werk om hierdie punte van kommer te help oplos in belang van almal in die land. Ons kan dit nie bekostig dat die ANC met die land se mense en die ekonomie se toekoms dobbel deur roekelose beleidsrigtings en dwase uitsprake nie. Juis daarom veg ons volstoom om Agoa in stand te hou en te verseker dat die land se mense nie met tariewe gestraf word vir ANC-leiers se dwase optrede nie.
ANC en ander reaksie
Die ANC SEKRETARIS-GENERAAL Fikile Mbalula se reaksie was: Ons moet dit duidelik maak aan almal wie ons in ons pragtige land verwelkom, insluitend die nuwe Amerikaanse ambassadeur. Dat Suid-Afrika se internasionale betrekkinge beleid nie deur enigiemand anders as Suid-Afrikaners en hul regering voorgeskryf sal word nie. Dreigemente dat beleggers soos Amazon, Google, VISA en Microsoft sal uittrek, is ongegrond.
Die EFF het op hul beurt gevra dat die VSA ambassadeur uit Suid-Afrika gesit moet word.

Tuesday Mar 10, 2026


Situasie tans
Bloomberg berig: Donald Trump  voorspel dat die oorlog met Iran “baie gou” sou oplos, selfs al het hy belowe om nie te stop “totdat die vyand totaal en beslissend verslaan is nie”. Die president het gesê hy glo nie die konflik sal hierdie week verby wees nie. Hy oorweeg kwytskeldings van sommige oliesanksies. Knelpunte kan steeds by die Straat van Hormuz gesien word, waar skepegroepe op verhoogde elektroniese steuring dui.
Brent-olie tans op $89.60 Dis $30 laer as gister se hoogtepunt
AfriForum versoek
AfriForum vra besnoeiing van brandstofheffing te midde van wêreldwye energiekrisis
 Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n beroep op Enoch Godongwana, die minister van Finansies, om verligting te bring aan die Suid-Afrikaanse ekonomie en verbruikers namate die eskalerende konflik in Iran oliepryse drasties verhoog. Die onlangse uitbreking van konflik in die Midde-Ooste het ’n wêreldwye energiekrisis veroorsaak met die olieprys wat met meer as 40% gestyg het.
In ’n brief wat vandag aan die minister gestuur is, voer AfriForum aan dat die tipe aksie wat die organisasie aanbeveel nie ongekend is nie. In Maart 2022 het Godongwana, in samewerking met Gwede Mantashe, die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, gesamentlik ’n tydelike verlaging in die algemene brandstofheffing van R1,50 per liter aangekondig om aan huishoudings verligting te bring van stygende brandstofpryse na aanleiding van die konflik tussen Rusland en Oekraïne. “AfriForum en heelwat ekonome glo dat dit die gepaste benadering is om die impak van hierdie jongste krisis van ’n soortgelyke aard te versag,” skryf Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, in die brief.
Bokant $120 en val dan terug
Maroela Media berig: Olieprys skiet die hoogte in  Oliepryse was Maandag vir die eerste keer sedert Rusland se inval van Oekraïne in 2022 hoër as $100 per vat – en in ʼn stadium selfs meer as $120 per vat – terwyl Iran vergeldingsaanvalle teen olieproduserende Golf-lande voortgesit het.
Dieselprys kan tot met R7 styg
Landboucom berig: Dieselpyn wag in April Die onderverhaling impliseer ’n liter diesel sou ’n Suid-Afrikaanse verbruiker R7 meer as die heersende prys kos as die dag se markprys sou geld. Die prys is ’n kombinasie van die rand-dollar-wisselkoers en die heersende internasionale produkpryse.
Garage-eienaars waarsku oor petrol- en dieseltekort in Suid-Afrika
MyBrooadband berig:  Vulstasie-eienaars en 'n bron in die skeepvaartbedryf het gewaarsku dat Suid-Afrika brandstoftekorte kan ervaar indien die konflik in die Midde-Ooste nie gou de-eskaleer nie.
MyBroadband het met drie eienaars van plaaslike brandstofkleinhandelaars van verskillende handel netwerke  gepraat te midde van die VSA-Israel-oorlog teen Iran.

Monday Mar 09, 2026


Olieprys styg
Die ru-olie het met 30% gestyg en $117 bereik vanoggend. Daling vind plaas toe berigte van G7-lande wat die vrystelling van noodreserwes oorweeg het, met die prys wat tot $98 daal. Daarna styg dit weer en verhandel teen $102.
Reuters  berig: Regerings het geskarrel om die impak op ekonomieë en verbruikers te beperk van die toenemende Iran-oorlog, wat Maandag 'n rekordstyging in oliepryse aangevuur het nadat sleutelprodusente produksie verminder het en Teheran aangedui het dat hardliners in beheer sou bly.
In 'n teken van toenemende regeringsbekommernis oor voorsieningsonderbrekings, sal die Groep van Sewe ministers van finansies Maandag die moontlikheid van 'n gesamentlike vrystelling van noodoliereserwes in 'n vergadering bespreek, het 'n Franse regeringsbron gesê.
In Suid-Korea, wat 70% van sy olie uit die Midde-Ooste koop, het president Lee Jae Myung gesê Seoel sal brandstofpryse vir die eerste keer in byna 30 jaar beperk en hy het gewaarsku teen paniekaankope.
Tydens 'n noodvergadering het Lee die krisis "'n beduidende las op ons ekonomie genoem, wat hoogs afhanklik is van wêreldhandel en energie-invoer uit die Midde-Ooste."
SA ekonomie
Konflik in Midde-Ooste skep nuwe risiko’s vir SA se ekonomie
“Wanneer spanning in die Golfstreek opgejaag word, beweeg oliepryse, risiko-aptyt en die dollar gewoonlik eerste – en markte soos dié van Suid-Afrika volg gewoonlik.”
Wêreldekonomie
‘Operasie Epic Fury’: Hoe word die wêreldekonomie geraak?
Groot onsekerheid heers tans in die wêreldekonomie nadat die Amerikaanse en Israelse weermagte verlede naweek gesamentlike lugaanvalle op Iran geloods het.
Impak op SA
Suid-Afrika uiters kwesbaarheid vir die voortdurende wêreldwye olievoorraadskok en stygende pryse, gedryf deur die eskalerende Midde-Oosterse konflik (veral die VSA-Israel-oorlog teen Iran, wat voorrade deur die Straat van Hormuz ontwrig het).
Impak sluit in massiewe risiko's vir inflasie, brandstofpryse, vervoerkoste, voedselpryse en algehele ekonomiese groei in SA as 'n netto olie-invoerder skep.
Minister van Finansies, Enoch Godongwana, en Minister van Vervoer, Barbara Creecy het in die openbaar gewaarsku  oor moontlike groot petrol/diesel-verhogings (moontlik binnekort R2–R5+ per liter, met sommige projeksies wat petrol bo R23/liter stoot)

Thursday Mar 05, 2026


Trump tevrede met Amerikaanse oorlogspoging en tydlyne
Maroela Media berig: Iran | Drie scenario’s vir pad vorentoe
Daar kan regimeverandering in Iran kom, of nie. Dan is daar ook ʼn derde scenario. Hoe lyk die moontlike pad vorentoe en hoe kan dit Suid-Afrika raak?
Bloomberg berig: Die VSA-Israeliese oorlog teen Iran het 'n sesde dag betree sonder enige teken van verligting, aangesien die Islamitiese Republiek gesê het dat sy vergelding teen Amerikaanse aanvalle sou eskaleer.
Arabiese state regoor die Persiese Golf het oornag en tot Donderdag onderskeppings van Iranse missiele en hommeltuie gerapporteer. Israel voer golwe van lugaanvalle op Teheran uit, wat militêre en intelligensiebates tref, na aanvalle op Hezbollah-milisie in Libanon.
President Donald Trump het Woensdag gesê dat die VSA "baie goed vaar op die oorlogsfront." Die Withuis het gesê Amerikaanse magte het meer as 2 000 teikens aangeval en beweeg na "volledige en totale beheer van die Iranse lugruim", terwyl die Islamitiese Republiek se regime "absoluut verpletter" is.
Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps het gesê dat vergeldingsaanvalle in die komende dae sal toeneem, volgens die Nour-nuusagentskap. Teheran sal Israel se Dimona-kernfasiliteit teiken as die VSA regimeverandering soek, het Iran se semi-amptelike ISNA gesê.
Iran het nie SA se volksmoordsaak teen Israel befonds nie, sê Iranse ambassadeur
 Times Live berig: Iran het nie SA se volksmoordsaak teen Israel befonds nie, sê Iranse ambassadeur
Iran het ontken dat hulle befondsing verskaf het vir Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Hof van Justisie (ICJ), maar die bewerings bly 'n toenemende handelsgeskil tussen Pretoria en Washington vorm.
Suid-Afrikaanse Minister van Finansies oor oliepryse wat styg
Bloomberg berig: Volgehoue ​​hoër oliepryse as gevolg van konflik in die Midde-Ooste kan inflasie in Suid-Afrika aanwakker, hoewel die buffers wat deur die regering gebou is, behoort te help om sy skuldkonsolidasieplanne op koers te hou, het die minister van finansies gesê.
Die prys van Brent-ruolie het hierdie week met byna 16% gestyg namate skeepsvloei tot stilstand gekom het in die Straat van Hormuz, waardeur 'n vyfde van die wêreld se olie deurgaan.
Terug na SA
Maroela Media berig: Regstreeks: SA’ners in Midde-Ooste gemaan om te vertrek
Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Suid-Afrikaners wat hulle in die Midde-Ooste bevind, gemaan om wanneer hulle die kans kry die streek te verlaat aangesien nog ernstige aanvalle in die komende dae voorsien word.

Wednesday Mar 04, 2026


SA bereid om te bemiddel in Midde-Oosterse konflik indien gevra, sê Ramaphosa
Reuters berig:  Suid-Afrika is bereid om 'n bemiddelende rol in die Midde-Oosterse konflik te speel indien gevra, het president Cyril Ramaphosa aan plaaslike media gesê tydens 'n energiekonferensie in Kaapstad.
“Suid-Afrika is altyd gereed om 'n bydraende rol te speel, hetsy in bemiddeling of wat ook al. As 'n gaping ontstaan ​​of as ons gevra word, kom ons altyd ons verpligtinge na,” het Ramaphosa gesê, volgens kommentaar wat op Newzroom Afrika uitgesaai is.
“As die geleentheid sou ontstaan, sou ons praat en sê daar moet 'n wapenstilstand wees. Dialoog is altyd die beste manier om konflik te beëindig en dan die oorlog te beëindig. Ons wil hê hierdie oorlog moet onmiddellik tot 'n einde kom,” het hy gesê.
Ramaphosa het gesê die Suid-Afrikaanse regering doen alles in sy vermoë om sy burgers wat in die streek gestrand is, huis toe te bring.
Midde-Oosterse konflik verhoog dringendheid vir Afrika-selfstandigheid, sê Ramaphosa
BusinessDay berig: President Cyril Ramaphosa het gesê vars geopolitieke spanning en die gevolglike voorsieningsketting- en prysskokke verskerp die saak vir streeks- en kontinentale energiesekerheid, diversifikasie en selfstandigheid.
Die president het Woensdagoggend by die African Energy Indaba in Kaapstad gepraat, 'n geleentheid wat deur regeringsamptenare van regoor die vasteland en leiers in die energiesektor bygewoon is.
Hy het gesê die wêreld is in 'n tydperk van verhoogde wisselvalligheid in die globale energiemarkte, wat bygedra het tot die dringendheid vir die Afrika-kontinent om retoriek in aksie te omskep wanneer dit kom by energiesekerheid en multilaterale handelsdinamika.
“Afrika ervaar reeds die impak van eskalerende konflik in die Midde-Ooste, met druk op voorsieningskettings en hoër energiepryse. Nou gaan ons 'n slagoffer wees van konflikte wat ver van waar ons is plaasvind.
Terug na SA
Maroela Media berig Midde-Ooste | Beperkte vlugte hervat te midde van konflik
Ontruimingsvlugte word gereël om tienduisende reisigers wat in die Midde-Ooste gestrand is, te red, terwyl sommige lugrederye Dinsdag reeds ’n beperkte aantal geskeduleerde vlugte hervat het.
Iran se plan om sy bure aan te val kan boemerang
Netwerk 24 berig: Iran se plan om sy bure aan te val kan boemerang
Iran se besluit om lughawens, hawens en hotelle in reaksie op die Amerikaanse lugaanvalle te teiken het Golfstate na die frontlinie van ’n oorlog gedwing waaraan hulle geen aandeel wil hê nie, skryf Kristian Coates Ulrichsen.

Tuesday Mar 03, 2026


Energiekrisis dreig
Maroela Media berig: Iran-konflik: Dis hoekom Straat van Hormuz saak maak
Die gevolg is ʼn wêreldwye kettingreaksie, met duurder produkte en moontlik leë rakke wat verbruikers reg oor die wêreld gaan raak.
Beperkte olieprysstygings dui daarop dat handelaars op 'n kortstondige konflik wed. 'n Langdurige ontwrigting dreig om chaos oor markte te veroorsaak.
Bloomberg berig: Die afgelope drie dae het olie- en gashandelaars toegekyk hoe 'n ergste scenario vir wêreldwye energievoorrade ontvou. Tenkerverkeer deur die Straat van Hormuz, waardeur 'n vyfde van olieproduksie vloei, het feitlik tot stilstand gekom. Iranse missiel- en hommeltuigaanvalle het die sluiting van beide die wêreld se grootste vloeibare aardgasfasiliteit en Saoedi-Arabië se grootste olieraffinadery afgedwing.
En tog, terwyl pryse hoër gestyg het, was die omvang van die bewegings baie kleiner as in vorige krisisse. Brent-ru-olie is slegs op sy hoogste punt sedert Junie, terwyl die 39%-styging in Europese aardgas skaars as 'n blip registreer in vergelyking met die dramatiese bewegings van die 2021-22-energiekrisis.
Petrol en gas pryse styg
Maroela Media berig: Prys van petrol, diesel styg reeds
Die prys van petrol en diesel styg Dinsdag om middernag, met vrese dat die konflik in die Midde-Ooste brandstofpryse op tuisbodem verder kan opjaag.
Maroela Media berigL Regstreeks | Iran-oorlog: Wat beteken dit vir SA?
Iran se Rewolusionêre Wagte het intussen gesê hy het Maandag nog missielaanvalle op Israel uitgevoer.
Hoe lank kan oorlog duur?
Netwerk 24 berig: ‘Iranse regime gebou om te hou; oorlog kan lank duur’
Dit is onwaarskynlik dat die dood van ajatolla Ali Chamenei, opperleier van Iran, op kort termyn die einde van die Islamitiese regime sal beteken, skryf Amin Saikal.
Die gesamentlike Amerikaanse en Israeliese aanvalle op Iran, waarin die Iranse opperleier, ajatolla Ali Chamenei dood is, en Teheran se wraakaanvalle op Israel en sy naburige Arabiese lande het die Midde-Ooste weer in ’n oorlog gedompel.
Amerika se president, Donald Trump, en Benjamin Netanyahu, premier van Israel, sê hul oogmerk is om ’n gunstige regime-verandering in Iran teweeg te bring. Die implikasies daarvan vir Iran, die streek en verder moenie onderskat word nie.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125